Junior Landbouvereniging

Junior Landbouvereniging

Die Junior Landbouvereniging verteenwoordig die landboubelange van leerders by die skool. Verskeie bedrywe word besoek wat sitrus-, melkery-, volstruise- en besproeiingsbedrywe insluit.

Landbou-belangegroepe is gevestig en leerders kan by die belangegroepe van hul keuse inskakel. Die groepe sluit die volgende in: suiwel, beeste, skape, wingerd, wynkunde, graan, jeugskou en tegnologie.

'n Praktiese landbouweek word gedurende die vierde kwartaal aangebied.