Redenaars

Redenaars

Ons is geaffilieer by die ATKV.  Ons skryf junior en senior sprekers in.  Redenaars is ʼn individuele, formele toespraak wat elkeen voorberei volgens die temas wat verskaf word.  Daar word ʼn toespraak rondom die tema uitgewerk.  Seuns word gehelp om hul formele toesprake voor te berei.  By elke rondte word ʼn aantal leerders gekies om ʼn onvoorbereide toespraak te maak.  Alle deelnemers kry dieselfde onderwerp en elkeen berei in afsondering sonder enige  hulp voor.  Dan gaan die wenners deur na die tweede rondte en die wat suksesvol is, neem aan die Streek-finaal deel.  Twee wenners word aangekondig om Nasionaal aan die finaal deel te neem.

Redenaars help jou om selfvertroue te kry deur voor mense te praat.  Dit help baie vir jou mondelinge werk in jou tale.

Ons oefen vanaf die eerste kwartaal tot en met Augustus.