Wynskool

Wynskool

 

“Kennis bring Plesier”, die leuse van die Wijnskool, dui op ons mikpunte:

  • om die plesier wat kennis van ‘n onderwerp bring, die wondere van die wêreld van wyn, ‘n liefde vir die terroir waarvandaan dit kom en ‘n heilige respek vir die produk aan die volgende geslag wynmakers en / of -liefhebbers oor te dra.

Die projek is tans in sy derde jaar en bied aan 30 seuns van Boland Landbouskool die geleentheid om vir 3 jaar lank ‘n parsjaar mee te maak saam met Bartho Eksteen en dan elke jaar ‘n verskillende wynstyl te leer maak. Hierdie kursus sluit in praktiese wynmaak, bottelering, etikettering, bemarking, uitstappies, lesings, ‘n eksamen en prysuitdeling.

Die Wijnskool bied hierbenewens ook vanaf 2014 die volgende:

  • ‘n praktiese parsdag vir Gr 8’s wie belangstel om die volle wynmaak program van Gr 9 af te volg
  • WSET Level 1 en 2 kursusse by die International Wine Education Centre, Kaapstad, vir enigiemand wie in die internasionale wêreld van wyn belangstel.

Kontakbesonderhede vir verdere navrae:

Bartho Eksteen:

Cell 082 920 7108, epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Suné Eksteen:

Cell 072 323 5060, epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., Fax: 086 554 0896, Facebook: Diners Club Bartho Eksteen Wine Academy, url: www.barthoeksteensavvycelebration.co.za, Twitter: @SuneEksteen