Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 24 VAN 2017

PRYSUITDELING - BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief na die uitnaweek terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak 'n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit Maandag gedurende registerperiode by ontvangs ingee.                                                                                                                               Ronél Bernardo

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolbaadjie

48

38 (sonder knope)

R150

R100

Langbroek

15-16, 32, 34, 36, 38, 40, 42, 44

 

R45

Kortbroek

30, 32, 34, 38, 42, 44

 

R40

Skoolhemp

34, 36, 40

R10

Wit sporthemp

M

R15

Wit krieketbroek (O/15A)

M

R50

Rugbytrui

XS

R50

“Pullover”

46, 48

R30

Skooltrui

40 (?), 46, 50, 52, 54

R30

Stel klere, alles XS/S (10 paar sokkies, 10 wit skoolhemde, das, wit sprothemp, swart sporthemp, rugbytrui, skooltrui, sweetpakbroek, skoolbaadjie, atletiekhemp) vir R2 000.00.

Ouers is welkom om my te kontak indien hulle klere het wat hulle wil skenk/verkoop.

Reinet Naudé (072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

STREEK-OUERBESOEKE

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Weskus

Velddrif

Wo

6 Sept

19:00

Riviera Hotel

Christel Smit 082 556 6370

Olifantsrivier

Vredendal

Wo

20 Sept

19:00

Idma Kapel

Altus Baard 082 804 5714

Oranjerivier

Vioolsdrif

Do

21 Sept

19:00

Thys en Handri Meyer se chalets

Handri Meyer 072 521 2767

Hantam

Calvinia

Vr

22 Sept

19:00

Deon en Adene Vlok se plaas

Adene Vlok 082 440 2164

 

Die besoeke is vir die ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle ook baie welkom.  Ons moet net die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê.  Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 19:00.

Die besoek aan Breërivierstreek, Witzenberg en Overberg het reeds plaasgevind.  Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en ook diegene betrokke by die reëlings.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede asook lede van die beheerliggaam en BLOB bygewoon.                                                                                                                                                                                                      Ben Greyling

INTERSKOLE

Volgende week is daar elke aand ‘n geleentheid waar ons gees opbou vir die naweek se aktiwiteite.  Kontak asseblief vir Ben Greyling as u enige navrae het.

INTERSKOLEWEEK SE PROGRAM

DAG

TYD

 

FUNKSIE

PLEK

MAANDAG

21/8

17:30

SPANBRAAIE (nie A-spanne nie)

Spelers en Afrigter

SENTRUM, RESERVAAT, WONINGS, PLAAS

DINSDAG

22/8

19:00

MNR BOLAND

SKOOLSAAL

WOENSDAG

23/8

19:00

MANNEDINEE

DAMESAAND

CSV-AAND

BOLAND SENTRUM

DOMAINE BRAHMS

SKOOLSAAL

DONDERDAG

24/8

07:30

SKOOLFOTO’S

Sport, Akademie en Kultuur

SKOOLSAAL

DONDERDAG

24/8

14:15

 

17:30

GHOLFERS VERTREK na ete

 

A-SPANNE BRAAI

Spelers en Afrigters (formeel)

 

 

BOLAND SENTRUM

VRYDAG

25/8

10:00

TOT

12:00

12:15

 

14:00

GROOT BRAG

Ouers en belangstellendes is welkom

 

BUSSE VERTREK NA RIVERSDAL

 

GHOLF INTERSKOLE

SKOOLSAAL

 

 

 

 

RIVERSDAL GHOLFBAAN

SATERDAG 26/8

08:30

WEDSTRYDE BEGIN

 

OAKDALE LANDBOUSKOOL SPORTGRONDE

Die ouers wat self Riversdal toe gaan, kan hul seun saamneem na afloop van die Groot Brag.  Die seuns moet egter eers by die Groot Brag wees.  Die seuns kan by ouers of vriende slaap.  Daar is wel slaapplek in Oakdale se koshuise vir die seuns wat nie saam met hul ouers of vriende kan gaan nie.   Daar is ook skoolvervoer na Riversdal vir die wat nie met eie vervoer gaan nie.  Ons doen ‘n beroep op al ons seuns om teenwoordig te wees.  Geen seun sal in ons koshuis Vrydag agterbly nie.  Etes in ons koshuis sal eers vanaf Saterdagaand bedien word.

Indien u van u seun se vriende, wat nie vervoer het nie, wil saamneem, is dit reg.  Dié seun se ouers moet net vir my laat weet.  Dieselfde met die terugry.                                                                                                                                                   Ben Greyling

MNR BOLAND : DINSDAG 22 AUGUSTUS

Tyd

19:00

Plek

Loubsersaal

Kaartjies

R80.00

Boland leerders

Gratis

Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar en dit kan net by Lucia gekoop word.  Geen besprekings word gemaak nie en geen kaartjies is by die deure beskikbaar nie.  Gaskunstenaar:  Desmond Wells.

MANNEDINEE : WOENSDAG 23 AUGUSTUS

Op Woensdagaand voor Interskole vind ons jaarlikse mannedinee in die Boland Sentrum plaas.  Drag is netjies informeel en die tyd is 18:30 vir 19:00.  Die gassprekers is Springbok 7’s afrigter Neil Powell, Springbok 7’s kaptein, Philip Snyman en spanlid, Werner Kok.

Die koste beloop R350 per persoon en besprekings kan by Sandra by 021 869 8143 gedoen word.  Dit sluit ‘n 3-gang maaltyd en gratis wyn op die tafel in.  Daar is ook ‘n wynveiling waar bottels wyn met rugbyspanfoto’s van die spanne wat interskole speel, opgeveil word.  Enige belangstellendes is welkom.  Elektroniese betaling in skoolrekening.  Verwysing : Van en Mannedinee.

DAMESAAND : WOENSDAG 23 AUGUSTUS

‘n Heerlike maaltyd word by Domaine Brahms aangebied deur die OOV.  Daar is nog kaartjies.  “Live Band:  Newton & Co”.  Koste beloop R250.00 per persoon.  Slegs kontant sal aanvaar word.  Kaartjies kan gekoop word by Mineke Fourie                 082 528 4055.  Geen kaartjies kan ongelukkig uitgehou word nie.

RUGBY  :  UITSLAE

BOLAND LANDBOU vs PAUL ROOS

SATERDAG 12 AUGUSTUS 2017

SPAN

TELLING

SPELER VD WEDSTRYD

O.14D

14 - 27

Daniel Holtzhausen

O.14C

0 - 20

Le Roux Roos

O.14B

7 -14

Henro Snyman

O.14A

3 - 10

Ethan Parsons

O.15C

5 - 10

Jasper Visser

O.15B

22 - 15

Jacques Theron

O.15A

10 - 34

Zandré Vorster

O.16C

0 - 50

Jannie de Clerk

O.16B

6 - 26

Ashwill Anthony

O.16A

16 - 21

Henko Smuts & Jacques Mostert

O.19F

7 - 43

Koos Bothma

O.19E

7 - 34

Daniel Naudé

O.19D

14 - 22

Stephan Viljoen

O.19C

23 - 17

Tehan du Plessis

O.19B

14 - 21

George-Louis Beukes

O.19A

24 - 33

Luther McKay

RUGBYPROGRAM SATERDAG 26 AUGUSTUS 2017

OAKDALE LANDBOU vs BOLAND LANDBOU

TYD

DE EIKE-VELD

08:30

OAKDALE

0/15A

BOLAND

09:45

OAKDALE

0/19C

BOLAND

11:00

OAKDALE

0/16A

BOLAND

12:15

OAKDALE

0/19B

BOLAND

13:40

VOORSTELLING

 

VOORSTELLING

14:00

OAKDALE

0/19A

BOLAND

TYD

DE TUINE

08:30

OAKDALE

0/16B

BOLAND

10:50

OAKDALE

0/14A

BOLAND

11:50

OAKDALE

0/16C

BOLAND

TYD

DONKERBOS

08:30

OAKDALE

0/14B

BOLAND

10:30

OAKDALE

0/14D

BOLAND

11:30

OAKDALE

0/14C

BOLAND

TYD

TEN DAMME

08:30

OAKDALE

0/15D

BOLAND

09:30

OAKDALE

0/15C

BOLAND

10:30

OAKDALE

0/15B

BOLAND

TYD

DE BOORD

08:30

OAKDALE

0/19D

BOLAND

09:40

OAKDALE

0/19F

BOLAND

10:50

OAKDALE

0/19E

BOLAND

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2017-08-18