Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 25 VAN 2017

INTERSKOLE 2017

Baie dankie aan al ons ouers wat ons ondersteun het tydens Interskole 2017.  Dankie vir die moeite en onkoste wat aangegaan is om ons seuns te ondersteun.  Ek glo dat dit baie waardeer word, al word dit nie noodwendig deur hulle gesê nie.  Ons het wel wedstryde verloor, maar ek glo ons kan met reg trots wees op ons seuns se voorkoms, gedrag en optrede.

“For when the great Scorer comes to mark against your name, He writes – not that you won or lost – but how you played the game”.

Ons het reeds begin met ons voorbereiding en beplanning vir volgende jaar en ons sien daarna uit om die bordjies te verhang.

MNR BOLAND

Een van die hoogtepunte tydens die Interskole-week, is die kies van Mnr Boland.  Baie geluk aan Danté Parsons (Mnr Boland 2017), Luhan van Wyk (2de) en Marko van Niekerk (3de).  Adam Liebenberg is aangewys as Mnr Persoonlikheid.

Ons wil net vir Ester Serdyn en haar span bedank vir die pragtige décor wat hulle verskaf het.  Wees verseker dat die seuns dit baie waardeer het.                                                                                                   Rene Bester Felder

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2017.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.

                                                                                                                                   Johan van der Merwe

PRYSUITDELING - BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief na die uitnaweek terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak 'n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit Maandag gedurende registerperiode by ontvangs ingee.                     Ronél Bernardo

STREEK-OUERBESOEKE

 INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Weskus

Velddrif

Wo

6 Sept

19:00

Riviera Hotel

Christel Smit 082 556 6370

Olifantsrivier

Vredendal

Wo

20 Sept

19:00

Idma Kapel

Altus Baard 082 804 5714

Oranjerivier

Vioolsdrif

Do

21 Sept

19:00

Thys en Handri Meyer se chalets

Handri Meyer 072 521 2767

Hantam

Calvinia

Vr

22 Sept

19:00

Deon en Adene Vlok se plaas

Adene Vlok 082 440 2164

Die besoeke is vir die ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle ook baie welkom.  Ons moet net die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê.  Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 19:00.

Die besoek aan Breërivierstreek, Witzenberg en Overberg het reeds plaasgevind.  Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en ook diegene betrokke by die reëlings.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede asook lede van die beheerliggaam en BLOB bygewoon.                                                                                                                                Ben Greyling

GHOLFDAG

Boland Landbou Ondersteunersbond (BLOB) bied op Vrydag, 15 September hul jaalikse gholfdag aan by Wellington Gholfbaan.

BLOB bied die volgende aan:

  • 4-bal teen R2 400
  • R2 000 vir die borg van 'n putjie (bof en setperk).  Advertensiemateriaal kan opgerig word en uitgedeel word by die geborgde putjie.
  • R5 000 vir die borg van die 18de putjie.  Dit is dieselfde soos hierbo, maar sluit ook die uitstalling van voertuie of implemente langs die 18de putjie in.
  • Ons is ook op soek na pryse vir die dag.

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel of enige vrae het.

RUGBY  :  UITSLAE

BOLAND LANDBOU vs OAKDALE

26 AUGUSTUS 2017

SPAN

TELLING

SPELER VD WEDSTRYD

O.14D

0 – 45

Wilhelm van Noordwyk

O.14C

3 - 64

CJ Bester

O.14B

0 -12

Matt Minnaar

O.14A

0 - 31

Evart Swanepoel

O.15D

0 - 26

Tiaan Mollentze

O.15C

7 – 35

JP Hickey

O.15B

8 – 3

Wian Smit

O.15A

10 - 13

Boeta Moolman

O.16C

14 – 29

Wilhelm de Kock

O.16B

3 - 21

Jannie de Clerck

O.16A

27 - 12

Eugene Snyders

O.19F

43 - 10

Pierre Ettienne Brand

O.19E

36 - 5

Tian Otto

O.19D

15 – 0

Emile Kruger

O.19C

13 - 19

JW Snyman

O.19B

30 – 17

Duren Hoffman

O.19A

12 - 14

Tiaan Drotskie &

Erik Lambrecht

 C J FOURIE

SKOOLHOOF

2017-09-01