Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 26 VAN 2017

ENKELFOTO’S

Leerders het bestelkoeverte ontvang.  Sit die geld in ‘n koevert en plaas dit in die houer in die finanskantoor.  Moet asseblief nie die geld in die skool-rekening inbetaal nie.

                                                                                                                                     MarilizeJordaan

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2017.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                        Johan van der Merwe

STREEK-OUERBESOEKE

 INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Olifantsrivier

Vredendal

Wo

20 Sept

19:00

Idma Kapel

Altus Baard 082 804 5714

Oranjerivier

Vioolsdrif

Do

21 Sept

19:00

Thys en Handri Meyer se chalets

Handri Meyer 072 521 2767

Hantam

Calvinia

Vr

22 Sept

19:00

Deon en Adene Vlok se plaas

Adene Vlok 082 440 2164

Die besoeke is vir die ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle ook baie welkom.  Ons moet net die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê.  Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 19:00.

Die besoek aan Breërivierstreek, Witzenberg, Overberg en Weskus het reeds plaasgevind.  Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en ook diegene betrokke by die reëlings.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede asook lede van die beheerliggaam en BLOB bygewoon.                                                                           Ben Greyling

UITNODIGINGS – GR 12 OUERS

Ons nooi julle graag om ‘n heerlike kuier-aand by Boland te kom geniet terwyl die seuns Matriekafskeid hou.  As ouers het julle mekaar vyf jaar gelede in die eetsaal vir die eerste keer ontmoet toe jul seun gr 8 by Boland Landbouskool begin het.  Kom sluit die wonderlike vyf jaar af as vriende met heerlike musiek en 'n ete.  Familie en vriende is ook baie welkom.

Datum

Vrydag, 13 Oktober

Plek

Skoolsaal

Koste

R140 pp

Bring asb julle eie drinkgoed en glase.

Indien geld in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word, gebruik u van en gr 12 ouer-ete as die verwysing.  Kontak Reinet Naudé by 072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.  Kom geniet die aand!

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2017-09-08