Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 32 VAN 2017

VERLIES

Ons hele skoolgemeenskap is die afgelope week diep geraak deur die manier waarop een van ons pa's die lewe gelaat het.  Ons is emosioneel hieroor omdat dit so naby aan ons is - 'n pa van een van ons seuns, 'n vriend van baie van ons ouers, 'n buurman van van ons ouers en oudleerlinge, 'n landbouer en verder geografies baie naby aan ons.

Ons is en bly egter 'n skool wat ons nie mag laat insleep by veldtogte nie - indien ons een steun moet ons almal steun.  Ons wil en mag nie ons skoolgemeenskap polariseer en verdeel nie.  Elkeen van ons verwerk verlies op 'n unieke manier, en ons respekteer dit.  Die oomblik wat 'n groep gemobiliseer word om aan 'n aksie deel te neem, is daar gewoonlik verskillende motiewe vir deelname.  Probeer egter asb verstaan dat ons as skool nie in die posisie is om sekere veldtogte te steun en ander nie - ook nie anders optree in geval van dood van 'n sekere oorsaak as van 'n ander nie.

Die reëls van die skool rakende afwesigheid geld ook nou - indien 'n ouer sy kind in skooltyd wil onttrek om 'n geleentheid by te woon, doen hy dit met die nodige kennisgewing.

Ons probeer te alle tye om in die beste belang van ons skool op te tree, en almal gaan beslis nie eenstemmig wees oor wat die beste belang is nie!  Ek vra egter dat ons dit nie in hierdie tyd moeiliker sal maak as wat dit reeds is nie.

Sterkte en vrede word almal toegebid.                                                                                           Chris Fourie

NOVEMBER 2017 EKSAMENROOSTER

Aangeheg is die eksamenrooster vir die finale eksamen van die jaar.  Ons wil alle leerders aanmoedig om erns te maak met hul voorbereiding vir hierdie eksamen aangesien dit ‘n beduidende effek op hul jaarpunt sal hê.                                                                                                                                                    Cobus van Coller

BELANGRIKE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN VAKVERANDERINGS

Neem asseblief kennis van die volgende veranderinge ten opsigte van vakveranderings vir gr 10 – gr 12.

Vakverandering in graad 10

  • ‘n Leerder mag hoogstens twee vakke in graad 10 verander.
  • Die sluitingsdatum vir versoeke van ouers aan skole vir vakveranderings is 30 Junie.

Vakverandering in graad 11

  • ‘n Leerder mag hoogstens twee vakke in graad 11 verander.
  • Die sluitingsdatum vir versoeke van ouers aan skole vir vakveranderings is 31 Maart.
  • In buitengewone gevalle kan ‘n leerder een addisionele vak in graad 11 verander nadat sy eindeksamenpunt vir graad 11 bekend gemaak is. Hierdie vakverandering moet voor 15 Desember van die graad 11 jaar gedoen word. 
  • Geen vakverandering word vanaf 2017 in die graad 12-jaar toegelaat word nie.

        Cobus van Coller

DIRIGENTE 2018

Die volgende leerders is gekies as dirigente vir 2018.  Sterkte vir julle!

Peter Cherry                                                             John-Henry Rossouw

Paul Herselman                                                        Marais Schutte

Louis Hofmeyr                                                          Danie Zeeman                                         Johan Moolman

OLD MUTUAL INSURE AGRI FEES

Ons is besig met die beplanning van 2018 se fees wat op 16 Maart volgende jaar plaasvind.  ‘n Groot deel van ons fondsinsameling se sukses word bepaal deur die lootjie-kaartjies wat die seuns verkoop.  Ons is op soek na pryse en vra vriendelik dat u bv ‘n naweek se verblyf of ‘n jagpakket sal skenk indien dit vir u moontlik is.  Sal u asseblief voor/op 30 Oktober vir ons laat weet by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Ons maak staat op u vriendelike samewerking.                                                                                                                         Irma Greyling

LEERDERS WAT SKOOL AAN EINDE VAN 2017 VERLAAT

Indien u seun die skool aan die einde van die jaar verlaat, moet u ons asseblief per e-pos laat weet sodat ons die getalle vir volgende jaar kan finaliseer.  Indien u seun weggaan, maak hy weer plek vir ‘n ander seun wat bitter graag in Boland Landbou wil wees.  Ons wil graag seker maak dat ons beplanning vir 2018 reg is.  E-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. voor/op 8 November 2017.                                                                      Ben Greyling

FINANSIES

Op ʼn ouervergadering gehou op Vrydag 27 Oktober, is die volgende bedrae vir 2018 goedgekeur.

 

Skoolfonds

Losiesgelde

10 maandelikse paaiemente (Feb - Nov)  

R25 050÷10

R2 505 per maand

R29 640 ÷ 10

R2 964 per maand

3 kwartaallikse paaiemente (Feb, Mei, Aug)

R25 050 ÷ 3

R8 350

R29 640 ÷ 3

R9 880

Jaarliks

(voor/op 2 Feb)

R25 050 – R1 000

R24 050

R27 150 – R1 000

R28 640

Uitstaande rekeninge vir 2017 sal weer binne die volgende week aan u ge-epos word.  Ons versoek u om dit asseblief te vereffen voor of op 24 November wanneer dit die kinders se laaste skooldag is.  Ons maak staat op u vriendelike samewerking.  U is welkom om die skool te kontak indien u volgens wet vir kwytskelding in 2018 kwalifiseer.

SPORT

ATLETIEK

HOËRSKOOL BREDASDORP TOP 10 BYEENKOMS

Op Saterdag 21 Oktober het Boland Landbou se top atlete deelgeneem aan die HS Bredasdorp top 10 atletiekbyeenkoms.

Ons atlete het goed presteer.  Hier is van die pragtige uitslae:

Aldo Rautenbach het in die 800 m S/O15 ‘n nuwe byeenkomsrekord opgestel met ‘n tyd van 2:04.23.

Aldo het ook in die 400 m ‘n vierde plek verower met ‘n tyd van 53.32 sek.

Jaunu Olivier het in die Hamergooi S O/17 ‘n derde plek verower met ‘n persoonlike beste van 59,74 m wat ‘n nuwe skoolrekord is.

Marco de Witt het in die Hoogspring S O/15 tweede gekom met ‘n hoogte van 1,80 m wat ook ‘n nuwe skoolrekord is.

Boeta Moolman het in die 100 m hekkies S O/15 ‘n derde plek verower met ‘n tyd van 14.02 sek.

Ander atlete wat ook goed presteer het was Brandon Banthubathi en Rudi Willemse.

DRIEHOEKIGE ATLETIEKBYEENKOMS

Op Dinsdag 24 Oktober het ons deelgeneem teen HJS Paarl en Brackenfell.  Boland Landbou het vir Brackenfell geklop en tweede geëindig.

Ons atlete het 5 eerste-, 7 tweede- en 9 derde plekke behaal.  Die volgende atlete het almal eerste plekke behaal:

Marco de Witt in Gewigstoot S O/15 met 14,30 m.

Aldo Rautenbach in die 800 S O/15 met ‘n tyd van 2:02.50 wat ‘n nuwe byeenkoms rekord is.

Aldo Rautenbach in die 1 500 m S O/15 met ‘n tyd van 4:30.00.

Luhan Steyn in die Diskusgooi S O/15 met ‘n afstand van 40.64 m.

Rudi Willemse in die Hoogspring S O/14 met ‘n hoogte van 1,65m (het skoolrekord ge-ewenaar).

S O/14 4 X 100 m aflos het die skoolrekord verbeter met ‘n tyd van 46,30 sek.

S O/15 4 X 100 m aflos het die skoolrekord verbeter met ‘n tyd van 46,20 sek.

Ander atlete wat baie goed presteer het, was Brandon Bantubathi, Jacques Mostert, Schalk van Schalkwyk, Boeta Moolman, Sebastian de Klerk en Lewellyn Pieterse.                                                                   Marnitz Jacobs

RUGBY

Eerskomende naweek vind die Assupol Sewestoernooi op Stellenbosch plaas.  Nasionale spanne soos die Blitzbokke, Skotland en Kenia neem aan hierdie toernooi deel, sowel as provinsiale skole-spanne soos WP, Boland, ‘n span van Argentinië en die twee SA O/17-sewesspanne.

Boland Landbou is baie trots op 3 van ons seuns wat aan hierdie toernooi deelneem.  Eugene Snyders is lid van die SA O/17-sewesspan en Erik Lambrecht en Sebastian de Klerk is ingesluit in die WP O/17-sewesspan. Baie sterkte aan hulle!                                                                                                                            Oloff Bergh

TENNIS

Die O/19B-span het Maandag teen Hugenote gespeel en 6 – 0 gewen.  Baie geluk aan die manne.

 Irma Greyling

KRIEKET

KRIEKETUITSLAE:  16 – 21 OKT 2017

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE

OPPONENT

INDIVIDUELE

PRESTASIE

FINALE

UITSLAG

O/19A

Noord-Kaap

30 Beurte

 

20 Okt 2017

124/10

178/6

Johan du Toit 3/31

André Malherbe

29

Boland verloor met 54 lopies

O/19B

Noord-Kaap

20 Beurte

20 Okt 2017

143/3

145/4

Danté Casius 50

Bertus Baard 2/22

Boland verloor met 6 paaltjies

O/15A

Noord-Kaap

30 Beurte

20 Okt 2017

105/6

104/10

Jacques Theron 26

Boland wen met 4 paaltjies

O/14A

Noord-Kaap

20 Beurte

20 Okt 2017

78/4

77/10

Gustav Laubscher 4/16

Nicholas Swart 17

Boland wen met 6 paaltjies

O/19 A

HJS

50 Beurte

21 Okt 2017

150/10

151/6

Marchin Jeftha 28 & 2/42

Boland wen met 4 paaltjies

O/15A

HJS

50 Beurte

 

21 Okt 2017

286/10

290/2

Jurian van Santen 111

Rudnicht Moses 56

Niel Brink/2/48

Boland verloor met 8 paaltjies

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2017-10-27