Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 5 VAN 2018

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Almal het seker reeds kennis geneem dat ons in Maartmaand ‘n verkiesing moet hou om ‘n Skoolbeheerliggaam te kies vir die volgende termyn van drie jaar.  Behalwe vir ander lede van die Beheerliggaam moet sewe ouers deur die ouers/voogde van die skool verkies word.  By hierdie verkiesing is ‘n kworum van 15% van alle ouers nodig, wat beteken dat daar ongeveer 100 ouers teenwoordig moet wees om met die verkiesing voort te gaan.  Gelukkig bepaal die wet dat ‘n tweede geleentheid dan gehou moet word, waartydens daar voortgegaan kan word met die verkiesing sonder die bepaling van ‘n kworum.

Om dit moontlik te maak vir die maksimum aantal ouers om die verkiesing by te woon, sonder dat ons noodwendig ‘n kworum moet kry en ‘n volgende vergadering moet belê, gee ek hiermee kennis van die volgende datums:

Vrydag 16 Maart om 12:00                :           Beheerliggaamverkiesing waarvoor kworum benodig word.

Vrydag 23 Maart om 12:00                :           Beheerliggaamverkiesing indien kworum nie op 16 Maart

bereik is nie en waarvoor ‘n kworum nie benodig word nie.

Almal kry vandag amptelik kennis van die verkiesing.  Vir duidelikheid wil ek net noem dat die totale huidige beheerliggaam ontbind en alle lede van die nuwe beheerliggaam nuut verkies moet word.  ‘n Beheerliggaamlid wie se kind dus steeds in die skool is, gaan nie outomaties voort as lid van die beheerliggaam nie.

Die verkiesing van ‘n beheerliggaam is ‘n baie belangrike geleentheid en ook ‘n groot verantwoordelikheid wat op ons ouers se skouers rus.  Maak asb erns hiermee en nomineer kandidate wat hierdie verantwoordelikheid kan dra.  Neem asb in aanmerking dat kandidate verkieslik ouers van gr 8-, 9- en 10-leerlinge moet wees, aangesien hulle vir ‘n drie jaar tydperk moet dien terwyl hul kinders in die skool is.

BEMARKING

Dit is lekker om by ouers te hoor dat dit goed gaan met hul kinders en dat hul kinders gelukkig is in ons skool.  Baie dankie daarvoor!  Dit beteken mos dat daar ‘n baie goeie kans is dat hierdie ouers se vriende se kinders ook gelukkig gaan wees by ons – ganse van dieselfde dam!  Ons ouers en ons kinders is ons grootste bemarkers en ons skool se sukses hang in ‘n groot mate af van die kaliber kinders in ons skool.  Praat asseblief met mense wie se kinders ook gelukkig in ons skool sal wees. 

Aan die ander kant, as daar enigiets is wat ouers en kinders ongelukkig stem, praat asseblief eerste met ons.

BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND (BLOB)

  1. BLOB se Algemene Jaarvergadering vind plaas op 1 Maart 2018 om 18:30 in die BLOB Klubhuis. Ons nooi alle oudstudente, nuwe ouers en ondersteuners om hierdie vergadering by te woon.  Na afloop van die vergadering sal daar iets te ete wees.
  1. Tydens die skool se kermis in Maart sal daar Boland Landbou Ondersteunersklere in BLOB se Klubhuis te koop wees.
  1. Indien daar ouers is wat belangstel om aan te sluit by BLOB, kan hul vir Lizette Molnar kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.                                          Lizette Molnar

OUERSKAPSGESPREKKE

Wie wil ek as ouer vir my kind wees?  Wat is die belangrikste bydrae wat ek as ouer tot my kind se lewe kan maak?  Hierdie is onder andere van die vrae wat ons wil bespreek.  Dit is ‘n geleentheid vir ouers om in ‘n oop gesprek saam te gesels oor verskillende aspekte van ouerskap.  Ons sal gesels oor byvoorbeeld: My tiener en sy selfoon; Verandering; Tienerliefde; Groepsdruk; Liggaamskwessies.  Tydens die gesprek sal daar iets te drinke wees en teen die tyd wat die skool uitkom, sal die gesprek klaar wees.  Jy is welkom!

Datums:       •           2 Maart 12:30-13:30 (Tennis Klubhuis)

  • 9 Maart 12:30-13:30 (Tennis Klubhuis)

Kontak my gerus vir enige navrae

Toit Wessels (084 240 2916) of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.                                                               Toit Wessels

OLD MUTUAL INSURE AGRIFEES 2018

Ons OMI Agrifees vind vanjaar op 16 en 17 Maart plaas.  Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.  Ons slaan vanjaar ‘n nuwe blaadjie om en doen weg met die lapa’s.  Dit word vervang deur ‘n gesellige braai deur al ons ouers en belangstellendes.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 40 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 3 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 27 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 08:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:00 vs Garsfontein speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!                                                                                                     Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 16 MAART

Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir René by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word vanaf 5 Maart.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie. Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                                                       René Bester Felder

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 15 Maart om 18:00 tot 18 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Ronél Bernardo - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

   Ronél Bernardo

LEWENDE HAWE

Ons is op soek na lewende hawe vir die vleistafel.  Ons benodig heelwat skape asook ʼn wors-vark.  Indien u diere na afloop van die uitnaweek na die skool sou bring, kontak my by 084 624 7393, of Johan van der Merwe by 083 321 9568 sodat ons ʼn reëling kan tref waar u dit moet aflaai. Ons het regtig u hulp nodig in die verband.

                                                                                                                                             Cobus van Coller

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART

Dinsdag 6 Maart 2018           -           Gewone tyd 17:00 – 17:30

Dinsdag 13 Maart 2018         -           Gewone tyd

Vrydag 16 Maart 2018           -           14:00 – 15:30 Oesfees

Saterdag 17 Maart 2018        -           09:00 – 10:30 Oesfees

Dinsdag 20 Maart 2018         -           Gesluit

Maandag 26 Maart 2018       -           16:30 – 17:30

Tweede kwartaal

Dinsdag 10 April 2018           -           16:30 -17:30

Res van kwartaal elke Dinsdag          17:00 – 17:30 tensy anders gereel.

Ook met elke tuis wedstryd Saterdae 08:30 – 11:00.

                                                                                                                                           Pierre Schoeman

SPORT

KRIEKET

Die volledige uitslae is aangeheg.

KRIEKETUITSLAE  :  17  -  20  FEBRUARIE

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.19A

Framesby

50 beurte

17 Feb 2018

110/10

111/3

Gavin Mills 26

Boland verloor met 7 paaltjies

o.15A

Framesby

50 beurte

17 Feb 2018

102/4

101/10

Jacobus van Niekerk 31

James Barnard 5/29

Boland wen met  6 paaltjies

o.15A

Bellville

20 beurte

20 Feb 2018

69/2

67/6

Hannes de Villiers 31*

Boland wen met  8 paaltjies

CAPE GOLD CUP

Ons atlete het Vrydag 16 Februarie aan die Cape Gold Cup deelgeneem.  Dit is ‘n nuwe atletiek-byeenkoms waar die Top 8 atletiekskole in die Wes-Kaap uitgenooi word om teen mekaar deel te neem by Dal Josaphat.  Die byeenkoms is die idee van Varsity Cup se Duitser Bosman om op die einde van die dag die beste atletiekskole in die land te identifiseer.  Die Top 2 spanne van elke provinsie gaan in Pretoria teen die wenners van die ander provinsies in die Nasionale Kompetisie deelneem wat in September sal plaasvind en direk op SuperSport uitgesaai sal word.  Skole wat aan die Cape Gold Cup deelgeneem het, is Hoër Jongenskool Paarl, Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Tegniese Skool Drostdy, Paarl Gim, Boland Landbou, La Rochelle, Hoërskool DF Malan, Belville Hoër, Paul Roos, Hoër Meisieskool Bloemhof en Stellenberg Hoër.

Boland Landbou en La Rochelle het gesamentlik ‘n 2de plek behaal.  Van ons uitsonderlike prestasies was:

Franco Nolan o.14 Gewigstoot, wen met ‘n afstand van 13,34 m,

Reuben Joubert o.14 Spiesgooi, wen met ‘n afstand van 40,23 m,

Stefan du Preez o.14 Hoogspring, met ’n hoogte van 1,65 m (2de plek),

Yorique Agulhas o.17 110mH, wen met ‘n tyd van 14,43 sek en

Aldo Rautenbach o.17 800m in ‘n tyd van 2:00;29 (2de plek)

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om deel te kon wees van hierdie gehalte byeenkoms en ons weet dit is ‘n platform wat vir ons seuns nog baie voordele gaan inhou.

Ons wens die atlete wat nog aan Boland Sentraal en Boland Kampioenskappe gaan deelneem, alle sterkte toe.  Die datums is 23/24 Februarie en 2/3 Maart.                                                                                         Marnitz Jacobs

TENNIS

Tenniswedstryde teen Hugenote

o.15A wen 6 - 0.

o.15B wen 5 - 1.

o.15C wen met 36 potte vs 31 potte                                                                                           Marlette van Wyk

UK RUGBYTOER 2019

Die skoolbestuur het die afgelope week vergader en besluit dat die UK Rugbytoer van 2019 nie meer sal plaasvind nie. Daar is ‘n gebrek aan belangstelling wat genoodsaak het dat ons nie ‘n risiko kan loop met groot finansiële kostes nie.

Ek weet dat dit vir baie van u ‘n teleurstelling sal wees, maar ons glo ons het die regte besluit geneem. Die o.19A-rugbyspan neem in 2019 deel aan verskeie ander toernooie waar daar ook finansiële kostes aan verbonde is.

                                                                                                                                                         Oloff Bergh

Ons vertrou dat u hierdie besluit sal respekteer en verstaan.

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-02-23