Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 6 VAN 2018

Artikel - Bladsye

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Almal het seker reeds kennis geneem dat ons in Maartmaand ‘n verkiesing moet hou om ‘n Skoolbeheerliggaam te kies vir die volgende termyn van drie jaar.  Behalwe vir ander lede van die Beheerliggaam moet sewe ouers deur die ouers/voogde van die skool verkies word.  By hierdie verkiesing is ‘n kworum van 15% van alle ouers nodig, wat beteken dat daar ongeveer 100 ouers teenwoordig moet wees om met die verkiesing voort te gaan.  Gelukkig bepaal die wet dat ‘n tweede geleentheid dan gehou moet word, waartydens daar voortgegaan kan word met die verkiesing sonder die bepaling van ‘n kworum.

Om dit moontlik te maak vir die maksimum aantal ouers om die verkiesing by te woon, sonder dat ons noodwendig ‘n kworum moet kry en ‘n volgende vergadering moet belê, gee ek hiermee kennis van die volgende datums:

Vrydag 16 Maart om 12:00                :           Beheerliggaamverkiesing waarvoor kworum benodig word.

Vrydag 23 Maart om 12:00                :           Beheerliggaamverkiesing indien kworum nie op 16 Maart

bereik is nie en waarvoor ‘n kworum nie benodig word nie.

Almal kry vandag amptelik kennis van die verkiesing.  Vir duidelikheid wil ek net noem dat die totale huidige beheerliggaam ontbind en alle lede van die nuwe beheerliggaam nuut verkies moet word.  ‘n Beheerliggaamlid wie se kind dus steeds in die skool is, gaan nie outomaties voort as lid van die beheerliggaam nie.

Die verkiesing van ‘n beheerliggaam is ‘n baie belangrike geleentheid en ook ‘n groot verantwoordelikheid wat op ons ouers se skouers rus.  Maak asb erns hiermee en nomineer kandidate wat hierdie verantwoordelikheid kan dra.  Neem asb in aanmerking dat kandidate verkieslik ouers van gr 8-, 9- en 10-leerlinge moet wees, aangesien hulle vir ‘n drie jaar tydperk moet dien terwyl hul kinders in die skool is.

OUERSKAPSGESPREKKE

Wie wil ek as ouer vir my kind wees?  Wat is die belangrikste bydrae wat ek as ouer tot my kind se lewe kan maak?  Hierdie is onder andere van die vrae wat ons wil bespreek.  Dit is ‘n geleentheid vir ouers om in ‘n oop gesprek saam te gesels oor verskillende aspekte van ouerskap.  Ons sal gesels oor byvoorbeeld: My tiener en sy selfoon; Verandering; Tienerliefde; Groepsdruk; Liggaamskwessies.  Tydens die gesprek sal daar iets te drinke wees en teen die tyd wat die skool uitkom, sal die gesprek klaar wees.  Jy is welkom!

Datum:         •           9 Maart 12:30-13:30 (Tennisklubhuis)

Kontak my gerus vir enige navrae

Toit Wessels (084 240 2916) of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.                                                               Toit Wessels

OLD MUTUAL INSURE AGRIFEES 2018

Ons OMI Agrifees vind vanjaar op 16 en 17 Maart plaas.  Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.  Ons slaan vanjaar ‘n nuwe blaadjie om en doen weg met die lapa’s.  Dit word vervang deur ‘n gesellige braai deur al ons ouers en belangstellendes.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 40 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 3 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 27 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 08:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:00 vs Garsfontein speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!                                                                                                    Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 16 MAART

Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir René by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word vanaf 5 Maart.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie. Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                                                       René Bester Felder

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 15 Maart om 18:00 tot 18 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Ronél Bernardo - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.                                                                                              Ronél Bernardo

LEWENDE HAWE EN VLEIS

Ons is op soek na lewende hawe en/of verwerkte pakke vleis, verkieslik 1 kg-pakke, vir die vleistafel.  Ons benodig heelwat skape asook ʼn wors-vark.  Indien u diere na afloop van die uitnaweek na die skool sou bring, kontak my by 084 624 7393, of Johan van der Merwe by 083 321 9568 sodat ons ʼn reëling kan tref waar u dit moet aflaai. Ons het regtig u hulp nodig in die verband.                                                                                      Cobus van Coller

GROENTETAFEL

Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig.  U kan gerus met hom in verbinding tree (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).  Renier Grobbelaar help met die vrugte en die vervoer daarvan (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) en Carl Görgens met die groente (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 10-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak.                                        Johan Palm

BRUNCH:  SATERDAG - 17 MAART 2018

TYD   

09:00 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R60.00

By voorbaat baie dankie vir alle skenkings ten bate van die OM Insure Agri-fees.  Ons het egter ook helpers nodig om met die voorbereiding en organisering van die ontbyt te help.  Ons versoek dus dat alle graad 12-ouers die meegaande vorm aanlyn voltooi voor Maandag 12 Maart 2018.

U kan via u selfoon of rekenaar ingaan op die meegaande skakel om die vorm in te vul.  https://goo.gl/forms/FZAJWRe0xldrgzbY2 / kontank my gerus by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kaartjies is beskikbaar by Lucia.  Ons wil u aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop om die beplanning te vergemaklik. 

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                                                Prieur du Plessis

BOOT SALE / TWEEDEHANDSE GOEDERE VERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te bring.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                     M Jordaan en J Crous

ALLERLEI TAFEL

Tydens die OM Isure Agri-fees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Dankie by voorbaat.                                                                                                            René Bester Felde

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART

Dinsdag 6 Maart 2018           -           Gewone tyd 17:00 – 17:30

Dinsdag 13 Maart 2018         -           Gewone tyd

Vrydag 16 Maart 2018           -           14:00 – 15:30 Oesfees

Saterdag 17 Maart 2018        -           09:00 – 10:30 Oesfees

Dinsdag 20 Maart 2018         -           Gesluit

Maandag 26 Maart 2018       -           16:30 – 17:30

Tweede kwartaal

Dinsdag 10 April 2018           -           16:30 -17:30

Res van kwartaal elke Dinsdag          17:00 – 17:30 tensy anders gereël.

Ook met elke tuis wedstryd Saterdae 08:30 – 11:00.

                                                                                                                                           Pierre Schoeman

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Reënbaadjie

M

R150

Skoolbaadjie

46

R250

Adidas rugbytoks

Nr 10 (2x gedra)

R500

2 paar Puma Evospeed rugbytoks

Nr 10 (splinternuut)

R700 en R900

Skoolskoene

Nr 12

R60

Rugbysokkies

Groot

R30

Sweetpakbaadjie

M, L

R50

Sweetpakbroek

2XL

R50

Swart sport/oefenhemp

S, M

R30

Swart sport/oefenbroekie

S, XL, 2XL

R30

Blou overall baadjie (kort moue)

36

R25

Skoolhemp

Verskeie groottes

Gratis

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Grys Skoolsokkies

Klein

Gratis

Skooltrui

36, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R50

“Pullover”

122

R45

 

 

 

Ons benodig rugbyklere en –tokse (spesifiek nr 8) asb.  Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104

   Reinet Naudé

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-03-02