Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 7 VAN 2018

Artikel - Bladsye

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Almal het seker reeds kennis geneem dat ons in Maartmaand ‘n verkiesing moet hou om ‘n Skoolbeheerliggaam te kies vir die volgende termyn van drie jaar.  Behalwe vir ander lede van die Beheerliggaam moet sewe ouers deur die ouers/voogde van die skool verkies word.  By hierdie verkiesing is ‘n kworum van 15% van alle ouers nodig, wat beteken dat daar ongeveer 100 ouers teenwoordig moet wees om met die verkiesing voort te gaan.  Gelukkig bepaal die wet dat ‘n tweede geleentheid dan gehou moet word, waartydens daar voortgegaan kan word met die verkiesing sonder die bepaling van ‘n kworum.

Om dit moontlik te maak vir die maksimum aantal ouers om die verkiesing by te woon, sonder dat ons noodwendig ‘n kworum moet kry en ‘n volgende vergadering moet belê, gee ek hiermee kennis van die volgende datums:

Vrydag 16 Maart om 12:00                :           Beheerliggaamverkiesing waarvoor kworum benodig word.

Vrydag 23 Maart om 12:00                :           Beheerliggaamverkiesing indien kworum nie op 16 Maart

bereik is nie en waarvoor ‘n kworum nie benodig word nie.

Almal het reeds amptelik kennisgewing van die verkiesing ontvang.  Vir duidelikheid wil ek net noem dat die totale huidige beheerliggaam ontbind en alle lede van die nuwe beheerliggaam nuut verkies moet word.  ‘n Beheerliggaamlid wie se kind dus steeds in die skool is, gaan nie outomaties voort as lid van die beheerliggaam nie.

Die verkiesing van ‘n beheerliggaam is ‘n baie belangrike geleentheid en ook ‘n groot verantwoordelikheid wat op ons ouers se skouers rus.  Maak asb erns hiermee en nomineer kandidate wat hierdie verantwoordelikheid kan dra.  Neem asb in aanmerking dat kandidate verkieslik ouers van gr 8-, 9- en 10-leerlinge moet wees, aangesien hulle vir ‘n drie jaar tydperk moet dien terwyl hul kinders in die skool is.

OLD MUTUAL INSURE AGRIFEES 2018

Ons is nou in die pylvak op pad na ons OMI Agrifees van volgende naweek. Dit is vir ons lekker om te sien dat daar reeds baie ouers is wat saam met ons opgewonde is en ons wil help om van die naweek ‘n groot sukses te maak. Ons waardeer u ingesteldheid en bydraes.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 40 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees. Volledige inligting was reeds in Omsendbrief 5 en 6. Vra u seun of kontak die betrokke onderwysers wat vir spesifieke aktiwiteite verantwoordelik is indien u nog oor iets onseker is.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Daar sal ook ekstra hout te koop wees.

BELANGRIKE INLIGTING WAT U MOET WEET OOR DIE BRAAI

  • Ons gee stoele, tafels, hout vir die braai en braaidromme met roosters
  • U moet asseblief u vleis en drank hier kom koop, aangesien dit deel is van ons fondsinsameling. Verskillende opsies van braaipakke kon vooraf bestel word. Daar sal egter ook ekstra braaipakke te koop aangebied word.
  • Voorafbestelde braaipakke kan tussen 18.00 en 19.00 by die kiosk afgehaal word. U seun sou hiervoor ‘n kaartjie ontvang wat u by hom moet kry. Die kaartjie moet u inhandig as u u braaipak kom afhaal
  • U moet asseblief self u eie bykosse, borde, messegoed, braaigereedskap, speserye en glase bring.
  • Bring maar ‘n warm kledingstuk of ‘n kombers saam, aangesien dit nou reeds saans koud word.

Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 3 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Nooi ook u vriende en kennisse. Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 27 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 08:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:00 vs Garsfontein speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!                                                                                                    Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 16 MAART

TYD

19:00

PLEK

LOUBSERSAAL

KAARTJIES

R70.00

BOLANDLEERDERS

Gratis

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word vanaf 5 Maart.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie. Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                                                       René Bester Felder

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 15 Maart om 18:00 tot 18 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie. Ons versoek u vriendelik om GLAD NIE VRYDAGAAND by u kampeerplek te braai nie, maar ons te ondersteun by die braai by die pawiljoen. U kan wel Saterdagaand by u kampeerplek braai indien u sou wou.  Indien u belangstel, moet u asb vir Ronél Bernardo kontak sodat sy vir julle die inligting- en besprekingsvorm kan aanstuur. Sy moet ‘n voltooide besprekingsvorm en bewys van betaling ontvang alvorens u kan kom kamp. Vir verdere inligting, kontak Ronél Bernardo - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.                    Ronél Bernardo

GROENTETAFEL

Net ‘n regstelling:  Pieter Theron se e-posadres is This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Sy selfoonnommer is 082 255 6327.  U kan vir Renier Grobbelaar kontak vir die vervoer en vrugte by 082 801 4010 en Carl Görgens vir groente by 082 579 7036.

Dit sal baie help indien die vrugte en groente reeds in pakkies is en pryse daarop aangebring is. Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by 082 829 5524.                         Johan Palm

BRUNCH:  SATERDAG - 17 MAART 2018

TYD   

09:00 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R60.00

By voorbaat baie dankie vir alle skenkings vir die brunch. Ons het egter ook helpers nodig om met die voorbereiding en organisering van die ontbyt te help.  Ons versoek dus dat alle graad 12-ouers die meegaande vorm aanlyn voltooi voor Maandag 12 Maart 2018. U kan via u selfoon of rekenaar ingaan op die meegaande skakel om die vorm in te vul.  https://goo.gl/forms/FZAJWRe0xldrgzbY2 / kontank my gerus by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Persone wat nie vooraf kaartjies gekoop het nie, kan dit nog Saterdagoggend by die deur koop.

Kaartjies is beskikbaar by Lucia.  Ons wil u aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop om die beplanning te vergemaklik. Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                               Prieur du Plessis

BOOT SALE / TWEEDEHANDSE GOEDERE VERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te bring.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                     M Jordaan en J Crous

ALLERLEI TAFEL

Tydens die OM Isure Agri-fees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dankie by voorbaat.                                                         René Bester Felder

MAARTEKSAMEN: 2018

Aangeheg is ‘n eksamenrooster vir die komende Maarteksamen. U seun het reeds ‘n harde kopie van die rooster ontvang. Let asseblief daarop dat die eksamen van Maandag 19 Maart tot Woensdag 28 Maart strek.

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART

Dinsdag 13 Maart 2018         -           Gewone tyd

Vrydag 16 Maart 2018           -           14:00 – 15:30 Oesfees

Saterdag 17 Maart 2018        -           09:00 – 10:30 Oesfees

Dinsdag 20 Maart 2018         -           Gesluit

Maandag 26 Maart 2018       -           16:30 – 17:30

Tweede kwartaal

Dinsdag 10 April 2018           -           16:30 -17:30

Res van kwartaal elke Dinsdag          17:00 – 17:30 tensy anders gereël.

Ook met elke tuis wedstryd Saterdae 08:30 – 11:00.                                                               Pierre Schoeman

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Reënbaadjie

M

R150

Skoolbaadjie

46

R250

Puma Evospeed rugbytoks

Nr 10 (splinternuut)

R900

Gilbrt rugbytoks

Nr 9 (splinternuut)

R700

Skoolskoene

Nr 12

R60

Rugbysokkies

Groot

R30

Sweetpakbaadjie

M, L

R50

Sweetpakbroek

2XL

R50

Swart sport/oefenhemp

S, M

R30

Swart sport/oefenbroekie

S, XL, 2XL

R30

Skoolhemp

Groter nommers

Gratis

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Grys Skoolsokkies

Klein

Gratis

Skooltrui

36, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R50

“Pullover”

122

R45

 Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                                            Reinet Naudé

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-03-09