Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 9 VAN 2018

Artikel - Bladsye

OUERBESOEKE

Die belangrikheid van kommunikasie tussen die vennote in die opvoedingsproses mag nooit onderskat word nie.  Daarom is ouers altyd welkom om met onderwysers te skakel om die vordering van hul kind te bespreek.  Dit is ook in die meerderheid van gevalle meer effektief wanneer al drie vennote, die kind, onderwyser en ouer saam gesels.  Om ’n geleentheid hiervoor te skep, reël ons in die tweede en derde kwartaal ’n ouerbesoekmiddag.  Vanjaar is dit egter onmoontlik om hierdie geleentheid voor Vrydagmiddag 4 Mei te reël, wanneer die nuwe kwartaal reeds ver gevorder het.

Indien ouers voor hierdie geleentheid met spesifieke onderwysers wil gesels, is hulle meer as welkom om ’n e-pos te stuur of die skool te skakel om so ’n geleentheid te reël.  Die betrokke onderwyser sal dan met julle skakel om ’n afspraak te maak.                                    Chris Fourie

UITNAWEEK

Let asb daarop dat 26 April 2018 uitnaweek is.  Die koshuis sluit Donderdagmiddag (26 April) om 17:00 en sal weer oopgesluit word Dinsdag (1 Mei) om 15:00.  Die eerste ete sal dan eers Woensdagoggend se ontbyt wees.                                                                          Johan Moolman

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam as verwysing.                                                        René Bester Felder

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Reënbaadjie

M

R150

Skoolbaadjie

46

R250

Puma Evospeed rugbytoks

Nr 10 (splinternuut)

R900

Gilbert rugbytoks

Nr 9 (splinternuut)

R700

Skoolskoene

Nr 12

R60

Rugbysokkies

Groot

R30

Sweetpakbroek

2XL

R50

Swart sport/oefenhemp

XS, 3XL

R30

Swart sport/oefenbroekie

S, 2XL

R30

Swart Varsity Cup broekie

36

R60

Skoolhemp

Groter nommers

Gratis

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Grys Skoolsokkies

Klein

Gratis

Skooltrui

36, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R50

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                      Reinet Naudé

SPORT

RUGBY

Die afgelope vakansie het ons rugbyspanne aan verskeie rugbytoernooie regoor Suid-Afrika deelgeneem en uitstekend gevaar.  Die o.14A- en o.15A-rugbyspanne het aan die Outeniqua Rugbyweek deelgeneem en die volgende uitslae behaal.  o.14A klop Garsfontein 10 – 0 en Waterkloof 27 – 17 maar verloor ongelukkig net-net teen Affies 3 – 10.  Die o.15A-span klop vir Heidelberg Volkskool maar verloor ongelukkig teen die sterk spanne van Outeniqua 3 – 10 en Grey PE 5 – 14.  Ons o.16A-rugbyspan het aan die Paarl Gim rugbyweek deelgeneem en klop vir Rustenburg 31 – 14 en Kempton Park 26 – 0, maar verloor ongelukkig teen EG Jansen 21 – 28.  Die tweede rugbyspan het deelgeneem aan die HS Punt rugbyweek en al drie hulle wedstryde gewen.  Die span klop vir Elnatan o.19A 32 – 7, Vryburg o.19A 53 – 5 en Hartswater o.19A 19 – 0.  Ons eerste rugbyspan het aan die begin van die vakansie teen Monnas gespeel by die Noord/Suid-rugbytoernooi en net-net 25 – 26 verloor.  Daarna het ons eerstespan aan die World Schools Festival in die Paarl by HJS ter viering van hulle 150ste bestaansjaar deelgeneem.  Hier het ons manne uitstekende rugby gespeel en beide wedstryde oortuigend gewen:  Napier Boys’ High van NZ 59 – 26 en die Cavaliers van Australië 67 – 0.

Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie pragtige uitslae en dankie aan elke seun wat die Bolandtrui met trots gedra het.  Baie dankie ook aan elke ouer wat u seun so getrou ondersteun.  Ons glo ons sal voortbou op hierdie uitslae en die 2018 rugbyseisoen ‘n onvergeetlike een maak.

ATLETIEK

Die afgelope vakansie het Jaunu Olivier deelgeneem aan die ASA Atletiekkampioenskappe en in die Hamergooi seuns o.18 ‘n vierde plek verower met ‘n afstand van 59.94m.  Baie geluk Jaunu.  Ons is trots op jou!

SKIET

Christoff van Zyl is gekies vir die SA Skietspan wat einde Mei gaan deelneem aan die Phoenix byeenkoms in Bisley Engeland.  Baie geluk Christoff.  Jy maak ons trots!

BOLAND LANDBOU vs BRACKENFELL, STELLENBERG EN PAULUS JOUBERT  -  TUIS

SATERDAG 14 MAART 2018

A-VELD  :  PAARDEBERG

B-VELD  :  GROENBERG

o.19D

08:20

o.14A

08:20

o.19C

09:30

o.16A

09:30

o.19B

10:40

o.16B

10:40

o.19A

12:00

 

 

 

C-VELD  :  TAFELBERG

D-VELD  :  PAARLBERG

o.15C vs PJ o.15A

08:20

o.14C vs PJ o.14A

08:20

o.15A

09:30

o.14B

09:30

o.19E vs PJ o.19B

10:40

o.15B vs STB o.15B

10:40

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-04-13