Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 11 VAN 2018

Artikel - Bladsye

PERSONEEL

Ons neem vandag afskeid van Mnr Jeshua Crous wat sedert Januarie 2015 by ons skool werksaam was.  Ons dank hom vir sy insette by ons skool en wens hom alles van die beste toe met sy nuwe pos as berader by Hoërskool Parel Vallei.  Sy pos sal tydelik vir Meimaand gevul word deur Mnr Edwin Harris waarna Mnr Philip Molnar vanaf 1 Junie 2018 die pos op permanente basis sal beklee.  Beide hierdie menere is oudskoliere van ons skool en ons wens hul alles van die beste toe by hul alma Mater.

BEHEERLIGGAAM

Die volgende lede is vir ‘n termyn van drie jaar op die SBL verkies.  Ons wens hulle alle sterkte toe.

Ouerverteenwoordigers:

DP Burger

Truter de Kock

Herman Laubscher

Ettiene Marais

Anneke Pansegrouw

Daniël Theron

Nelius van Santen (Voorsitter)

Onderwyserverteenwoordigers:

Irma Greyling

Cobus van Coller

Nie-Onderwyserverteenwoordiger:

Johan Joubert

Leerlingverteenwoordigers:

Schalk Bezuidenhout

Louis-Dirk Human

OUER-ONDERWYSER-GESPREKKE

Die ouer-onderwysergesprekke is geskeduleer vir Vrydagmiddag 4 Mei vanaf 13:05.  Voltooi asb. die meegaande afskeurstrokie om ‘n afspraak met ‘n betrokke onderwyser te maak indien u die behoefte het.                                                                                                                                         Cobus van Coller

ATKV-DEBATSKOMPETISIE

Sterkte aan die volgende seuns wat Vrydag 4 Mei aan die ATKV-debatskompetisie by Hugenote deelneem.

Seniorspan:  Frederik Olivier en Eugene Snyders

Juniorspanne: graad 8 – Junior Stoltz, Hannes van Wyk en JC Smal

GRAAD 8 en 9 – Hencko Vollgraaff, Henré Venter en Christoff Fourie

                                                                                                                                     René Bester Felder

KLEREWINKEL

Die klerewinkel sal Woensdag 2 Mei 2018 normale tyd oop wees en nie Dinsdag nie agv die lang naweek.                                                                                                                            Pierre Schoeman

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Reënbaadjie

M

R150

Skoolbaadjie

46

32/40

R250

R100

Puma Evospeed rugbytoks

Nr 10 (splinternuut)

R700

Skoolskoene

Nr 12

R60

Sweetpakbroek

XL, 2XL

R50

Swart sport/oefenhemp

XS, 3XL

R30

Wit oefenhemp

M

R30

Swart sport/oefenbroekie

S, M, XL, 2XL

R30

Rugbysokkies

M

R30

Skoolhemp

Groter nommers

Gratis

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Grys Skoolsokkies

Verskeie groottes

Gratis

Skooltrui

42, XL, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R50

Pullover

102

R40

Skooldas

 

R40

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                                 Reinet Naudé

BETALING VAN GELDE

Baie dankie aan almal wat hul skool- en losiesgelde stiptelik betaal.  Moet asseblief nie hiermee agter raak nie. 

Ons wil u net weer bewus maak van direkte inbetalings in ons bankrekening.  Sorg asseblief dat u u seun se toelatingsnommer as verwysing gebruik en NIE slegs SKOOLFONDS of BOLAND LANDBOUSKOOL nie.  Daar is 350 mense wat skoolfonds inbetaal en as ons nie weet van wie af dit kom nie, word dit verkeerdelik geallokeer.

Ons maak staat op u vriendelike samewerking.                                                                   Lucia Dreyer

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam as verwysing.                                                                                    René Bester Felder

BOLAND LANDBOU WYNVEILING 14 JUNIE 2018

Ons hou ‘n fondsinsamelingsgeleentheid op Woensdag 14 Junie 2018 by Boland Landbouskool.  Die doel van hierdie funksie is om geld in te samel vir die ontwikkeling van sport by Boland Landbouskool.

Ons het die vrymoedigheid om u te nader om ‘n tafel tydens hierdie geleentheid te borg.

KOSTE                   :           R2 700 per tafel (9 x R300)    20 tafels beskikbaar

TYD                        :           18:30

PLEK                      :           Boland Landbouskool – Boland Sentrum

DRAG                    :           Semi-formeel

ALGEMEEN          :           Gasspreker – Marco Botha

                                           Veiling van wyne en sportitems

                                           Driegang maaltyd

Kontak Oloff Bergh by 084 620 3981 om ‘n tafel te bespreek. 

RUGBY

BOLAND LANDBOU vs RONDEBOSCH

SATERDAG 21 APRIL 2018

SPAN

TELLING

SPELER VD WEDSTRYD

o.14C

10 – 40

Jan-Dirk Coetzee

o.14B

14 – 12

Francois Hesse

o.14A

7 – 5

Angelo Daniels

o.15D

27 – 12

Philip Theron

o.15C

12 – 12

Wilhelm van Noordwyk

o.15B

17 – 17

Dawie Pansegrouw

o.15A

  7 – 17

Brandon Bantubathi

o.16C

8 – 0

Jasper Visser

o.16B

25 – 27

Ralph Botha

o.16A

 12 – 13

Zandré Vorster

o.19F vs Stellenberg o.19E

24 – 5

Freddie Nel

o.19E

  18 – 13

Jannie de Clerk

o.19D

29 – 6

Danie Zeeman

o.19C

17 – 6

Corné Smith

o.19B

27 – 5

JW Snyman

o.19A

  67 – 12

Thys Kitshoff

FRAMESBY RUGYNAWEEK

Ons speel op Saterdag 12 Mei teen Hoërskool Framesby in Port Elizabeth.  Ons vertrek reeds Donderdag 10 Mei om 12:00.  Die spanne wat speel is soos volg:

o.14A, o.14B, o.14C + 5 reserwes

o.15A, o.15B, o.15C + 5 reserwes

o.16A, o.16B, o.16C + 5 reserwes

o.19A, o.19B, o.19C, o.19D, o.19E + 5 reserwes

Die doel van hierdie naweek is dat ons skool se rugbyspanne saam vir ‘n naweek op toer gaan.  Dit gee ‘n geleentheid aan ons laer spanne wat nooit die kans kry om te toer nie. Vanjaar het ons ‘n tuis interskole en daarom toer ons na Framesby. Daar is 230 seuns wat Port Elizabeth toe gaan asook bykans die hele manspersoneel. Sodra die spelers vir die onderskeie spanne bekendgemaak is, moet u asb die R1250 in die skool se rekening inbetaal.  Hierdie bedrag sluit alle vervoer, verblyf en etes in.  Die seuns bly in hotelle en gastehuise.  Wanneer u die betaling doen, gebruik asb u seun se naam en Framesby as verwysing, bv. Jannie Nel Framesby.  E-pos betaling asb na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Die o.19A wedstryd sal ongeveer 13:30 begin.  Ons wag nog vir die finale program vanaf Framesby.

Alle ander leerders wat nie gaan nie, kan dus vanaf Donderdag 12:00 huis toe gaan.  Ons wil indien moontlik, die koshuis leeg hê aangesien hier geen diensdoenende onderwysers agterbly nie.  Seuns wat ‘n probleem het, moet mnr Johan Moolman gaan sien.

Ons behoort Saterdagaand laat terug te wees op die plaas.  Daar sal etes wees vanaf Sondagoggend.  Die seuns wat gaan inbly vanaf Sondagoggend, moet asseblief reg inteken.

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-04-26