Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 12 VAN 2018

BETALING VAN GELDE

Baie dankie aan almal wat hul skool- en losiesgelde stiptelik betaal.  Moet asseblief nie hiermee agter raak nie. 

Ons wil u net weer bewus maak van direkte inbetalings in ons bankrekening.  Sorg asseblief dat u u seun se toelatingsnommer as verwysing gebruik en NIE slegs SKOOLFONDS of BOLAND LANDBOUSKOOL nie.  Daar is 350 mense wat skoolfonds inbetaal en as ons nie weet van wie af dit kom nie, word dit verkeerdelik geallokeer.

Ons maak staat op u vriendelike samewerking.                                                                   Lucia Dreyer

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam as verwysing.                                                                                    René Bester Felder

Overberg

OVERBERG AGRI BOLAND LANDBOU WYNVEILING 2018

Ons hou ‘n fondsinsamelingsgeleentheid by

Boland Landbouskool op Donderdag 14 Junie 2018.

Die Hoofborg van hierdie geleentheid sal vir die tweede jaar agtereenvolgens Overberg Agri wees.  Ons is dankbaar vir hulle ondersteuning!

Ouers wat belangstel om wyne te skenk vir hierdie veiling of om die funksie by te woon, kan vir Oloff Bergh kontak by 084 620 3981.

KOSTE

R2 700 per tafel (9 x R300)           20 tafels beskikbaar

TYD

18:30

PLEK

Boland Landbouskool – Boland Sentrum

DRAG

Semi-formeel

ALGEMEEN

Seremoniemeester/Gasspreker  :  Marco Botha

Veiling van wyne en sportitems

Driegang maaltyd

By voorbaat dankie vir u ondersteuning.

                                          

 

RUGBY

WYNBERG vs BOLAND LANDBOU - WEG

SATERDAG 5 MEI 2018

HAWTHORNDEN

SILVERHURST A

 

08:00

o.15A

08:00

o.14A

09:00

o.15B

09:05

o.16A

10:00

o.19C

10:10

o.19B

11:10

o.16B

11:20

o.19A

12:30

 

 

 

SILVERHURST B

SILVERHURST C

o.16C

08:00

 

08:00

o.19D

09:10

 

09:00

o.14C

10:15

o.15C

10:10

o.14B

11:15

 

 

 

FRAMESBY RUGBYNAWEEK

Die koste per speler vir die naweek beloop R1 250 en moet in die skool se rekening inbetaal word.  Hierdie bedrag sluit alle vervoer, verblyf en etes in.  Wanneer u die betaling doen, gebruik asb u seun se naam en Framesby as verwysing, bv. Jannie Nel Framesby.  E-pos betaling asb na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

FRAMESBY VS BOLAND LANDBOU

SATERDAG 12 MEI 2018

RUGBYPROGRAM

TYD

A-VELD

TYD

B-VELD

TYD

C-VELD

08:30

o.14A

08:30

16B

08:30

14C

09:30

o.15A

09:30

4de

09:30

15C

10:30

o.16A

10:30

3de

10:30

14B

11:45

2de

11:30

15B

11:30

5de vs Bonsai

13:00

1ste

 

 

12:30

16C vs Bonsai

 

REIS- EN VERBLYFREËLINGS

Donderdag 10 Mei:

Vervoer:     Vertrek om 12:00 vanaf die skool. Almal ry met gewone klere.

Arriveer ongeveer 22:30 in Port Elizabeth

VERBLYF

o.19A & B

Framesby Guest House

o.19C & D

BEACON LODGE

o.19E + reserwes

SUN 1

o.16A, B, C + reserwes

SUN 1

o.15A, B, C + reserwes

SUN 1

o.14A, B, C + reserwes

SUN 1

 

Vrydag 11 Mei

  09:00

Ontbyt by Hoërskool Framesby

 

  10:00 – 12:00

Span-oefeninge

 

  12:00 – 16:30

Middagete en vrye tyd

 

  17:30

Vertrek na Framesby

 

  18:30

Aandete by Hoërskool Framesby

 

  21:30

Vertrek terug na Hotelle / Gastehuise

 

  22:00

Almal in hulle eie kamers

 

  22:30

Ligte uit

 

 

 

Saterdag 12 Mei

  07:00

Ontbyt by Hoërskool Framesby. Almal trek skoolklere aan

 

  08:30

Wedstryde begin

 

  13:00

1ste span wedstryd

 

  15:00

Vertrek terug na Boland Landbouskool

 

±00:30

Arriveer by Boland Landbouskool

 

  • ALMAL RY DIE DONDERDAG SAAM MET DIE BUS.
  • LEERLINGE MAG DIE SATERDAG SAAM MET HULLE OUERS TERUGRY
  • LEERLINGE MOET DIE BUS-HOOFDE IN KENNIS STEL INDIEN HULLE SAAM MET HULLE OUERS TERUGRY.
  • ELKE LEERLING MAG SLEGS 1 TOKSAK SAAMNEEM.

 

Alle ander leerders wat nie gaan nie, kan dus vanaf Donderdag 12:00 huis toe gaan.  Ons wil indien moontlik, die koshuis leeg hê aangesien hier geen diensdoenende onderwysers agterbly nie.  Seuns wat ‘n probleem het, moet mnr Johan Moolman gaan sien.

Ons behoort Saterdagaand laat terug te wees op die plaas.  Daar sal etes wees vanaf Sondagoggend.  Die seuns wat gaan inbly vanaf Sondagoggend, moet asseblief reg inteken.

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-05-04