Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 15 VAN 2018

GEDRAG TYDENS RUGBYWEDSTRYDE

Ons eerste rugbyspan het wel Saterdag teen Bishops gewen, maar na my mening was ons die verloorders op die dag.  Ons het klagtes ontvang van Bishops asook ons eie leerlinge en ouers oor ons eie spelers en ouers se gedrag op en van die veld af.  Ons het wel amptelik ons kant van die saak aan Bishops gestel en besef dat hulle ook foute gemaak het, maar dit regverdig nie ons verkeerde optrede nie.  ’n Verkeerde reaksie het nog nooit ’n verkeerde aksie herstel nie.

Geen rede is na my mening ooit goed genoeg om swak taal te gebruik, te baklei of snedige aanmerkings teenoor skeidsregters en opponente te skree nie, selfs al maak die opponente hulle daaraan skuldig.  As hulle dit doen, is dit hulle saak - as ons dit doen in reaksie op hulle, maak ons húlle óns baas.

Elkeen van ons het ’n voorbeeld om te stel.  Kom ons doen dit met Boland-trots ten spyte van enige iets!

Ons reëling is dat alle spelers wat tydens ’n wegwedstryd speel, na afloop van sy betrokke wedstryd, sy skoolklere aantrek en op die pawiljoen saam met die ander sit en die eerstespan aanmoedig tot aan die einde van die wedstryd.  (Spelers wat in die tydgleuf net voor die eerstespan speel, trek sweetpakke aan.)  Dit is deel van die Boland-tradisie en kultuur.  Ek vra ons ouers se ondersteuning hierin - dit maak ons “anders”!

Ons speel teen skole in die topliga in ons land, wat baie druk op ons sit.  Mag ons egter nooit vergeet dat die hoofdoel is dat ons kinders dit moet geniet nie!

Baie dankie vir ons ouers wat groot opofferings maak om ons seuns te ondersteun - dit word waardeer, al word dit nie altyd gesê nie.                                                                                                                                                                              Chris Fourie

FRAMESBY NAWEEK O.16C-WEDSTRYD

Soos ons ouers reeds weet, is die o.16C-rugbywedstryd by Framesby afgelas nog voordat dit begin het.  Dit was a.g.v. oorouderdom spelers in die Bonsai-span waarteen ons moes speel.

Hierdie wedstryd is deur die Hoërskool Framesby gereël.  Ons o.19E-span het teen Bonsai gespeel en daar was nie probleme nie, maar toe ons o.16C-span op die veld gedraf het, het ons gesien dat dit dieselfde seuns is wat teen ons o.19E-span gespeel het.

SA Rugby se Boksmartbeleid vereis dat ‘n seun wat in sy huidige jaar 16 word nie teen o.19-seuns mag speel nie.  Daarom het ons geen keuse gehad as om die wedstryd af te stel nie.  Indien een van ons seuns sou seerkry, kon ons eise van miljoene rande teen ons kry.

Ons weet dat ouers kostes aangegaan het om die naweek by te woon en ook vir u seun betaal het vir hierdie naweek en ons vra omverskoning vir die ongerief.  Dit was ongelukkig omstandighede buite ons beheer.  Ons sal in die toekoms probeer om soortgelyke voorvalle te voorkom.                                                                                                                                           Oloff Bergh

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Reënbaadjie

M

S

R150

R100

Skoolbaadjie

46

32

R250

R100

Swart Varsity Cupbroek

32, 34

R50

Swart sport/oefenbroekie

M, XL, 2XL

R30

Swart sport/oefenhemp

XS

R30

Sweetpakbroek

2XL

R50

Rugbykouse

M, L

R20

Rugby oefentruie (bont)

S, M

R25

Rugbykouse (bont)

M

R15

Adidas Tokse (splinternuut)

Nr 9½

R1 500

Skooltrui

42, XL, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R50

Pullover

97

R40

Skoolkouse

M

Gratis

Skoolskoene

Nr 12

R60

Skoolhemp

Verskeie groottes

R10

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Wit oefenhemp

M

R30

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                                                                               Reinet Naudé

RUGBY

BOLAND LANDBOU vs BISHOPS

19 Mei 2018

SPAN

TELLING

SPELER VAN DIE WEDSTRYD

O.14C

          36 – 0

James Kotze

O.14B

          55 – 0

Albert van Niekerk

O.14A

          23 – 18

Franco Nolan

O.15D

          28 – 17

Dewann Pretorius

O.15C

          33 – 0

Marcus Lotz

O.15B

          26 – 0

Lewellyn Pieterse

O.15A

          29 – 29

Schalk van Schalkwyk

O.16C

          30 – 22

Arno Haasbroek

O.16B

            0 – 52

Behan de Kock

O.16A

          18 – 19

Stefan Nortje

O.19F

          12 – 12

Pierre van Santen

O.19E

            7 – 10

Christiaan Brown

O.19D

          24 – 38

Justin Swart

O.19C

          17 – 24

Phillip Falck

O.19B

          13 – 17

Philip Niemand

O.19A

          24 – 14

Schalk Bezuidenhout

AARL GIMNASIUM vs BOLAND LANDBOU en FISH HOEK HIGH SCHOOL

SATERDAG 26 MEI 2018

SPANNE

VELD

TYD

o.19A

J.A. Kriel

12:30

o.19B

J.A. Kriel

11:20

o.19C

J.A. Kriel

10:10

o.19D

J.A. Kriel

09:00

o.19E

Oukraal

10:20

Paarl Gim o.19F vs Fish Hoek o.19A

Oukraal

11:30

Paarl Gim o.19G vs Boland Landbou o.19F

Oukraal

08:00

Paarl Gim o.19H vs Fish Hoek o.19B

Oukraal

09:10

SPANNE

VELD

TYD

o.16A

Stofberg

10:30

o.16B

Lemoenkloof

08:30

o.16C

Lemoenkloof

10:50

Paarl Gim o.16D vs Fish Hoek o.16A

Lemoenkloof

09:40

SPANNE

VELD

TYD

o.15A

Stofberg

09:30

o.15B

Fonteintjie

11:30

o.15C

Fonteintjie

10:30

Paarl Gim o.15D vs Fish Hoek o.15A

Fonteintjie

08:30

Paarl Gim o.15E vs Boland Landbou o.15D

Fonteintjie

09:30

SPANNE

VELD

TYD

o.14A

Stofberg

08:30

o.14B

Dammetjie

10:30

Paarl Gim o.14C vs Fish Hoek o.14A

Dammetjie

09:30

Paarl Gim o.14D vs Boland Landbou o.14C

Dammetjie

08:30

Paarl Gim o.14E vs Boland Landbou o.14D

Dammetjie

11:30

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-05-25