Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 19 VAN 2018

Artikel - Bladsye

JUNIE-EKSAMEN EN OUERBESOEKE

Elke leerder sal ʼn rapport, wat sy vordering tydens die tweede kwartaal reflekteer, op Vrydag 20 Julie ontvang.  Die ouer-onderwysergesprekke vind op Vrydag 27 Julie vanaf 13:35 in die skoolsaal plaas. Die betrokke vorm daarvoor sal uitgegee word saam met die rapport.                                 Cobus van Coller

SKUURDANS

Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar vir die skuurdans wat Vrydag 27 Julie op die plaas gehou word.

Kaartjies kan deur die week gekoop word by Lucia Dreyer in die finansieskantoor of môre tydens die rugby by BLOB .  Alle fondse word gebruik vir die matriekafskeid.                           Schoeman du Preez

MA-AMBASSADEURSFUNKSIE

Daar word ‘n Ma-ambassadeursfunksie vir die vierde kwartaal beplan.  Ons wil graag ‘n komitee saamstel om die funksie van stapel te stuur.  Indien u sou belangstel, kontak gerus vir Johan van der Merwe by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. voor 27 Julie 2018.                                             Johan van der Merwe

KLEREWINKEL (PEREL SPORT)

Saterdag

21 Julie

08:15 - 11:30

Dinsdag

24 Julie

Gesluit

Saterdag

28 Julie

08:15 - 11:30

Elke Dinsdag vanaf

31 Julie

17:00 -17:30

Saterdag

18 Augustus

08:15 - 12:00 (Interskole)

                                                                                                                                        Pierre Schoeman

MNR BOLAND : 14 AUGUSTUS

Tyd

19:00

Plek

Loubsersaal

Kaartjies

R80.00

Boland leerders

Gratis

Kaartjies sal vanaf Vrydag 27 Julie beskikbaar wees en dit kan net by Lucia gekoop word.  Geen besprekings word gemaak nie en geen kaartjies is by die deure beskikbaar nie.      René Bester Felder

MANNEDINEE : 15 AUGUSTUS

Die Woensdagaand voor Interskole vind ons jaarlikse mannedinee in die Boland Sentrum plaas.  Drag is netjies informeel en die tyd is 18:30 vir 19:00.  Die gaskunstenaar is Pietman Geldenhuys van Oppie-stoep-faam.  Pietman is ook ‘n oudskolier van Boland Landbou.  Daar is ook ‘n wynveiling waar bottels wyn met rugbyspanfoto’s van die spanne wat interskole speel, opgeveil word.  Die Interskole Gholfspan en Interskole Krieketspan bottels word ook opgeveil.

Die koste beloop R350 per persoon en besprekings kan by Sandra by 021 869 8143 gedoen word. Dit sluit ‘n 3-gang maaltyd en gratis wyn op die tafel in.  Enige belangstellendes is welkom.  Kontak vir Oloff Bergh by 084 620 3981 vir enige navrae.  Die kaartjies se inbetaling kan in die skool se rekening gedoen word.  Verwysing:  Van + Mannedinee.                                                          Oloff Bergh

DAMESAAND : 15 AUGUSTUS

‘n Heerlike maaltyd word by Domaine Brahms aangebied deur die OOV.  Koste beloop R280.00 per persoon.  Slegs kontant sal aanvaar word.  Kaartjies kan gekoop word by Mineke Fourie                        082 528 4055 of in die Snoepie.  Geen kaartjies kan ongelukkig uitgehou word nie.

MATRIEKAFSKEID 2018 – VRYDAG 12 OKTOBER 2018

Ons herinner die gr 11-ouers dat elke gr 11-leerder asseblief R400 moet bydra ten bate van die matriekafskeid.  Die gelde is betaalbaar by Lucia by die finanskantoor.  Geld kan in die skoolrekening ook inbetaal word.  Verwysing:  Leerder se van + Matriekafskeid.                         René Bester-Felder

RUGBY

SA-SKOLE

Ons is baie trots op Darren Hendricks, ons eerstespan heelagter, wat opgeneem is in die SA Skole rugbyspan.  Die SA Skolespan speel vanjaar op 10 Augustus teen Wallis op ons skool se A-veld.  Baie geluk Darren en voorspoed met die drie toetse teen Wallis, Frankryk en Engeland!

PROGAM VIR 10 AUGUSTUS BY BOLAND LANDBOU

12:30

WP o.19 vs OP o.19

14:15

Frankryk o.18 vs Engeland o.18

16:00

SA o.18 vs Wallis o.18

In die WP o.19-pan speel twee oudskoliere, naamlik Herman le Roux en Henro Meyer. Ons nooi al ons ouers en ondersteuners uit om vir Darren en ons oudskoliere op hierdie dag te kom ondersteun.

BOLAND LANDBOU vs SACS

SATERDAG 21 JULIE 2018

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.14A

08:20

o.19C

08:20

o.15A

09:30

o.19D

09:30

o.19B

10:40

o.16A

10:40

o.19A

12:00

 

 

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.15D

08:20

o.16B

08:20

o.15C

09:30

o.16C

09:30

o.15B

10:40

o.19E

10:40

E-VELD   KASTEELBERG

 

o.14C

08:20

 

o.14D

09:30

 

o.14B

10:40

 

 INTERSKOLE

Alhoewel dit nog lank is voor ons jaarlikse interskole teen Oakdale, wil ons die volgende inligting deurgee. Op Vrydag 17 Augustus vind die gholf plaas by die Wellington Gholfklub en op Saterdag 18 Augustus die rugby by Boland Landbou. Die o.19A-wedstryd sal om 12:15 begin.

Die voorafgaande week is daar elke aand ‘n geleentheid waar ons gees opbou vir die naweek se aktiwiteite.

INTERSKOLEWEEK SE PROGRAM

DAG

TYD

FUNKSIE

PLEK

MA

13/8

17:30

SPANBRAAIE

(nie A-spanne)

Spelers en afrigters

SENTRUM, RESERVAAT, WONINGS, PLAAS

DI

14/8

19:00

MNR BOLAND

SKOOLSAAL

WO

15/8

19:00

MANNEDINEE EN

DAMESDINEE

BOLAND SENTRUM

DO

16/8

07:30

FOTO’S

Akademie, Sport en Kultuur

SKOOLSAAL

DO

16/8

17:30

A-SPANNE BRAAI

Spelers en Afrigters

(Formeel)

BOLAND SENTRUM

VR

17/8

10:00 – 12:00

 

 

 

10:00

GROOT BRAG

Ouers en belangstellendes is welkom

 

Gholf begin by Wellington Gholfklub

SKOOLSAAL

 

 

 

WELLINGTON GHOLFKLUB

SA

18/8

08:20

 

12:15

WEDSTRYDE BEGIN

 

O.19A-WEDSTRYD 

BOLAND LANDBOU

 

Rugbyprogram vir die res van die kwartaal se wedstryde.

28 Julie

Stellenberg (tuis)

4 Augustus

Paul Roos (weg)

11 Augustus

UITNAWEEK

18 Augustus

Interskole Oakdale (tuis)

7 & 8 September

Paarl Gim o.15 en o.17  7’s toernooi

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-07-20