Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 21 VAN 2018

SKUURDANS

Ons wil graag dankie sê aan elkeen wat 'n bydrae gelewer het tot die sukses van die afgelope naweek se skuurdans.  Dit sou nie moontlik gewees het sonder al die ouers se hulp, donasies en ondersteuning nie.  Ons waardeer dit.                                                                                                           Schoeman du Preez

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolbaadjie

46

R250

Skooltrui

XL, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R40

Skoolhemp

                    Splinternuut

Verskeie groottes

43

Gratis

R50

Swart sport/oefenbroekie

XL, 2XL

R30

Swart Oefenhemp

XS

R30

Sweetpakbroek

2XL

R50

Rugbykouse

L

R20

Skoolskoene

Nr 12

R50

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Wit oefenhemp

M

R25

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                                    Reinet Naudé

MNR BOLAND : 14 AUGUSTUS

Tyd

19:00

Plek

Loubsersaal

Kaartjies

R80.00

Boland leerders

Gratis

Kaartjies is by Lucia Dreyer beskikbaar.  Geen besprekings word gemaak nie en geen kaartjies is by die deure beskikbaar nie.                                                                                          René Bester Felder

MANNEDINEE : 15 AUGUSTUS

Die Woensdagaand voor Interskole vind ons jaarlikse mannedinee in die Boland Sentrum plaas.  Drag is netjies informeel en die tyd is 18:30 vir 19:00.  Die gaskunstenaar is Pietman Geldenhuys van Oppie-stoep-faam.  Pietman is ‘n oud-skolier van Boland Landbou.  Daar is ook ‘n wynveiling waar bottels wyn met rugbyspanfoto’s van die spanne wat interskole speel, opgeveil word.  Die Interskole Gholfspan en Interskole Krieketspan se bottels word ook opgeveil.

Die koste beloop R350 per persoon en besprekings kan by Sandra by 021 869 8143 gedoen word. Dit sluit ‘n 3-gang maaltyd en gratis wyn op die tafel in.  Enige belangstellendes is welkom.  Kontak vir Oloff Bergh by 084 620 3981 vir enige navrae.  Die kaartjies se inbetaling kan in die skool se rekening gedoen word.  Verwysing:  Van + Mannedinee.                                                          Oloff Bergh

DAMESAAND : 15 AUGUSTUS

‘n Heerlike maaltyd word by Domaine Brahms aangebied deur die OOV.  Koste beloop R280.00 per persoon.  Slegs kontant sal aanvaar word.  Kaartjies kan gekoop word by Mineke Fourie                        082 528 4055 of in die Snoepie.  Geen kaartjies kan ongelukkig uitgehou word nie. Mineke Fourie

ROSETTE

Die gr 8’s benodig ‘n roset vir interskole.  Dit kos R20 en kan Maandag by hul registeronderwyser inbetaal word.

LENTESKOOL - GRAAD 12

Aangesien die Septembereksamen vir die graad 12's van kardinale belang is, word die lenteskool hierdie jaar voor die Septembereksamen gehou.  Dit sal in die middae en saans plaasvind.  Soggens is gewone skool.  Dit is 'n proefneming, en sal vir die toekoms oorweeg word .  Die gr 12’s sal 'n rooster hiervoor ontvang.                                                                                              Marlette van Wyk

RUGBY

UITSLAE

BOLAND LANDBOU vs STELLENBERG

SATERDAG 28 JULIE 2018

SPAN

TELLING

SPELER VAN DIE WEDSTRYD

o.14C

                3 – 19

Herman de Beer

o.14B

                5 – 10

Faasen Laubscher

o.14A

                13 – 10

Junior Stoltz

o.15C

                68 – 0

PJ Rautenbach

o.15B

                33 – 7

Danie Spamer

o.15A

                19 – 19

Ryno Swart

o.16C

                24 – 21

Rynhardt du Plessis

o.16B

                  9 – 17

Lian Slabber

o.16A

                 9 – 17

JD Labuschagne

o.19E

                61 – 7

Jannie de Clerk

o.19D

                20 – 23

Michel Visser

o.19C

                14 – 12

Ockert Machts

o.19B

                18 – 21

Jaunu Olivier

o.19A

                31 – 20

George-Louis Beukes en Bertus Baard

 

BEPALINGS

PAUL ROOS vs BOLAND LANDBOU

SATERDAG 4 AUGUSTUS 2018

TYD

HOOFVELD

MEULSLOOT

RIVIERVELD

VOLKS-KOMBUIS

DOORN-BOSCH

08:00

o.19C

o.19F

o.16C

o.15C

o.14B

09:10

o.16A

o.19E

 

o.15B

o.14A

10:20

o.19B

o.19D

o.16B

o.15A

o.14C

11:30

o.19A

 

 

 

 

 

SA-SKOLE

PROGAM VIR 10 AUGUSTUS BY BOLAND LANDBOU

12:30

WP o.19 vs OP o.19

14:15

Frankryk o.18 vs Engeland o.18

16:00

SA o.18 vs Wallis o.18

Darren Hendricks asook twee oud-skoliere, Herman le Roux en Henro Meyer speel hier.  Ons nooi al ons ouers en ondersteuners uit om vir Darren en ons oud-skoliere op hierdie dag te kom ondersteun.

INTERSKOLE

Alhoewel daar nog ongeveer 2 weke is voor ons jaarlikse interskole teen Oakdale, wil ons die volgende inligting deurgee. Op Vrydag 17 Augustus vind die gholf plaas by die Wellington Gholfklub en op Saterdag 18 Augustus die rugby by Boland Landbou. Die o.19A-wedstryd sal om 12:15 begin.

Die voorafgaande week is daar elke aand ‘n geleentheid waar ons gees bou vir die naweek se aktiwiteite.

INTERSKOLEWEEK SE PROGRAM

DAG

TYD

FUNKSIE

PLEK

MA

13/8

17:30

SPANBRAAIE

(nie A-spanne)

Spelers en afrigters

SENTRUM, RESERVAAT, WONINGS, PLAAS

DI

14/8

19:00

MNR BOLAND

SKOOLSAAL

WO

15/8

19:00

MANNEDINEE EN

DAMESDINEE

BOLAND SENTRUM

DO

16/8

07:30

FOTO’S

Akademie, Sport en Kultuur

SKOOLSAAL

DO

16/8

17:30

A-SPANNE BRAAI

Spelers en Afrigters

(Formeel)

BOLAND SENTRUM

VR

17/8

10:00 – 12:00

 

 

 

10:00

GROOT BRAG

Ouers en belangstellendes is welkom

 

Gholf begin

SKOOLSAAL

 

 

 

WELLINGTON GHOLFKLUB

SA

18/8

08:20

 

12:15

WEDSTRYDE BEGIN

 

O.19A-WEDSTRYD 

BOLAND LANDBOU

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-08-03