Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 25 VAN 2018

PRYSUITDELING - BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief na die uitnaweek terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak 'n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit Maandag gedurende registerperiode by ontvangs ingee.                                                                                                                              Ronél Bernardo

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2018.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                                                                                  Johan van der Merwe

ENKELFOTO’S

Leerders het bestelkoeverte ontvang.  Sit die geld in ‘n koevert en plaas dit in die houer in die finanskantoor.  Moet asseblief nie die geld in die skoolrekening inbetaal nie.                Marilize Jordaan

GROEPFOTO’S

Alle groepfoto’s word op een koevert bestel.  Merk die groep duidelik en skryf die naam op die koevert.  Sit asseblief die regte bedrag in die koevert.                                                                  Marilize Jordaan

UITNODIGINGS – GR 12 OUERS

Ons nooi julle graag om ‘n heerlike kuier-aand by Boland te kom geniet terwyl die seuns Matriekafskeid hou.  As ouers het julle mekaar vyf jaar gelede in die eetsaal vir die eerste keer ontmoet toe jul seun gr 8 by Boland Landbouskool begin het.  Kom sluit die wonderlike vyf jaar af as vriende met heerlike musiek en 'n ete.  Familie en vriende is ook baie welkom.

Datum

Vrydag, 12 Oktober

Plek

Boland Sentrum

Koste

R150 volw

R100 kind

Bring asb julle eie drinkgoed en glase.

Indien geld in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word, gebruik u van en gr 12 ouer-ete as die verwysing.  Kontak Irmelind van Zyl by 072 925 6239 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.  Kom geniet die aand!

BIOKINETIKUS

Ons biokinetikus, Jonel Jacobs, is in die oggende vir die publiek beskikbaar en in die middae vanaf 14:30 vir ons seuns vir die rehabilitasie van beserings.  U kan haar kontak by 072 607 1627 om ‘n afspraak te maak.

RUGBY

Ons o.15- en o.17-sewesrugbyspanne neem vandag en môre deel aan die Marius Schoeman sewes toernooi wat by Paarl Gimnasium gehou word.  Die o.15’s speel vandag hulle eerste wedstryd om 16:00 teen Milnerton en om 17:00 teen HJS Paarl.  Die o.17’s speel vandag om 16:00 teen Durbanville, 17:00 teen Milnerton en om 18:40 teen Grey Kollege.  Die uitkloprondtes word Saterdag beslis.  Baie sterkte aan die Blitzboere!

CHRIS FOURIE

SKOOLHOOF

2018-09-07