Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 26 VAN 2018

LEIERS 2018/2019

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) en Matriekraad vir die 2018/2019-termyn.  Ons is baie trots op hulle en sien uit om hul ontwikkeling as leiers dop te hou. 

VRL

Gr 9

Gr 10

Gr 11

Gr 12

Joubert Ruben

Cronjé Charl

De Witt Marco

Burger Wilru

Stoltz Junior

Sevenster Gian

Nel Izak

Snyders Eugene

Van Wyk Hannes

Spamer Danie

Steyn Luhan

Vlok JG

MATRIEKRAAD

Bester Anrico

Olivier Jaunu

Burger Wilru

Otto Jaco

Casius Danté

Snyders Eugene

Du Plessis Tehan

Spies Reinhardt

Malan Pieter

Vlok JG

                                                                                                                                        Ronel Bernardo

GR 12-KOSHUISPREFEKTE

Agullhas Yorique

Otto Jaco

Bester Anrico

Roux Jason

Burger Wilru

Smith Corné

Casius Danté

Snyders Eugene

Du Plessis Tehan

Spies Reinhardt

Malan Pieter

Van Jaarsveld Duan

Naudé Daniel

Vlok JG

Olivier Jaunu

 

GR 11-KOSHUISPREFEKTE

Botha Ralph

Krüger Aristo

De Witt Marco

Nel Izak

Dippenaar Alwyn

Snyman CJ

Engelbrecht Van Zyl

Steyn Luhan

                                                                                                                                       Johan Moolman

PRYSUITDELING - BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief na die uitnaweek terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak 'n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit Maandag gedurende registerperiode by ontvangs ingee.                                                                                                                              Ronél Bernardo

ENKELFOTO’S

Leerders het bestelkoeverte ontvang.  Sit die geld in ‘n koevert en plaas dit in die houer in die finanskantoor.  Moet asseblief nie die geld in die skoolrekening inbetaal nie.                Marilize Jordaan

GROEPFOTO’S

Alle groepfoto’s word op een koevert bestel.  Merk die groep duidelik en skryf die naam op die koevert.  Sit asseblief die regte bedrag in die koevert.                                                                  Marilize Jordaan

UITNODIGINGS – GR 12 OUERS

Ons nooi julle graag om ‘n heerlike kuier-aand by Boland te kom geniet terwyl die seuns Matriekafskeid hou.  As ouers het julle mekaar vyf jaar gelede in die eetsaal vir die eerste keer ontmoet toe jul seun gr 8 by Boland Landbouskool begin het.  Kom sluit die wonderlike vyf jaar af as vriende met heerlike musiek en 'n ete.  Familie en vriende is ook baie welkom.

Datum

Vrydag, 12 Oktober

Plek

Boland Sentrum

Koste

R150 volw

R100 kind

Bring asb julle eie drinkgoed en glase.

Indien geld in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word, gebruik u van en gr 12 ouer-ete as die verwysing.  Kontak Irmelind van Zyl by 072 925 6239 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.  Kom geniet die aand!

GHOLFDAG

Boland Landbou Ondersteunersbond (BLOB) bied op Vrydag, 12 Oktober hul jaalikse gholfdag by Wellington Gholfbaan aan.

BLOB bied die volgende aan:

  • 4-bal teen R2 400
  • R2 000 vir die borg van 'n putjie (bof en setperk). Advertensiemateriaal kan opgerig word en

       uitgedeel word by die geborgde putjie.

  • R5 000 vir die borg van die 18de putjie. Dit is dieselfde soos hierbo, maar sluit ook die uitstalling

       van voertuie of implemente langs die 18de putjie in.

  • Ons is ook op soek na pryse vir die dag.

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel of enige vrae het.

MA-EN-SEUNOGGEND: 26 OKTOBER 2018

SAVE THE DATE

MA-EN-SEUNOGGEND

Datum

26 Oktober 2018

Tyd

10:00 vir 10:15

Plek

Boland Landbou Skoolsaal

Gasspreker

Elsabé Aldrich (Pretprater)

Volledige inligting in die volgende nuusbrief of kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

RUGBY

Die afgelope naweek het ons o.15- en o.17-sewes spanne aan die Marius Schoeman 7’s-toernooi by Paarl Gimnasium deelgeneem.  Ons o.15-span het deurgedring na die kwarteindrondte van die toernooi.  Hulle het ongelukkig daar vasgeval.  Die o.17-span het nie deurgedring na die kwarteindrondte van die kompetisie nie, maar hulle het die kompetisie tussen die spanne wat derde en vierde in hulle groep geëindig het, gewen.

UITSLAE  :  SEWES

o.15

Milnerton

Wen

24 - 5

HJS

Wen

24 - 12

Tygerberg

Wen

69 - 0

Monument

Verloor

14 - 21

o.17

Durbanville

Verloor

  7 - 12

Milnerton

Wen

19 - 12

Grey College

Verloor

  0 - 31

Be the Difference

Verloor

19 - 24

Hermanus

Wen

46 - 0

Durbanville

Wen

  7 - 0

CHRIS FOURIE

SKOOLHOOF

2018-09-14