Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 27 VAN 2018

PRYSUITDELING - BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief na die uitnaweek terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak 'n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit Maandag gedurende registerperiode by ontvangs ingee.                                                                                                                              Ronél Bernardo

GROEP- EN ENKELFOTO’S

Die sluitingsdatum vir die bestel van foto’s is Donderdag 27 September en nie 28 September soos op die koevert aangedui nie.  Geen bestellings sal na die tyd hanteer word nie.  Moet asseblief nie die geld in die skoolrekening inbetaal nie.                                                                                         Marilize Jordaan

UITNODIGINGS – GR 12 OUERS

Ons nooi julle graag om ‘n heerlike kuier-aand by Boland te kom geniet terwyl die seuns Matriekafskeid hou.  As ouers het julle mekaar vyf jaar gelede in die eetsaal vir die eerste keer ontmoet toe jul seun gr 8 by Boland Landbouskool begin het.  Kom sluit die wonderlike vyf jaar af as vriende met heerlike musiek en 'n ete.  Familie en vriende is ook baie welkom.

Datum

Vrydag, 12 Oktober

Plek

Boland Sentrum

Koste

R150 volw

R100 kind

Bring asb julle eie drinkgoed en glase.

Indien geld in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word, gebruik u van en gr 12 ouer-ete as die verwysing.  Kontak Irmelind van Zyl by 072 925 6239 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.  Kom geniet die aand!

MATRIEKAFSKEID VRYDAG 12 OKTOBER

Die matriekafskeid word weer vanjaar by Kronenburg gehou.  Die matrieks arriveer vanaf 18:00 by Kronenburg. U kan die saal vanaf 17:00 tot 17:30 besigtig.                                       René Bester Felder

GHOLFDAG

Boland Landbou Ondersteunersbond (BLOB) bied op Vrydag 12 Oktober hul jaarlikse gholfdag by Wellington Gholfbaan aan.

BLOB bied die volgende aan:

  • 4-bal teen R2 400
  • R2 000 vir die borg van 'n putjie (bof en setperk). Advertensiemateriaal kan opgerig word en

       uitgedeel word by die geborgde putjie.

  • R5 000 vir die borg van die 18de putjie. Dit is dieselfde soos hierbo, maar sluit ook die uitstalling

       van voertuie of implemente langs die 18de putjie in.

  • Ons is ook op soek na pryse vir die dag.

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel of enige vrae het.

GRAAD 9 OUERAAND:  DONDERDAG 25 OKTOBER 2018

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 25 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.                     Marilize Jordaan

MA-EN-SEUNOGGEND: 26 OKTOBER 2018

SAVE THE DATE

MA-EN-SEUNOGGEND

Datum

26 Oktober 2018

Tyd

10:00 vir 10:15

Plek

Boland Landbou Skoolsaal

Gasspreker

Elsabé Aldrich (Pretprater)

Volledige inligting in die volgende nuusbrief of kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

BEGROTING 2018

Ons is tans besig om die begroting vir 2019 te finaliseer en wil u herinner aan die Ouervergadering wat op Vrydag 26 Oktober om 12:30 in die tennisklubhuis gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                                                                  Irma Greyling

RUGBY

Die o.17-sewes het die afgelope naweek aan die UP-sewestoernooi deelgeneem.  Ons het al ons groepwedstryde gewen.  Ons het ongelukkig in die semi-finaal verloor.

UITSLAE  :  SEWES

o.17

Excelsior

Wen

54 - 0

Bernadino Heigths

Wen

34 - 5

Hottentots Holland

Wen

32 - 0

Elsiesrivier

Wen

29 - 7

Stellenberg

Verloor

12 - 19

 

CHRIS FOURIE

SKOOLHOOF

2018-09-21