Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 28 VAN 2018

KLEREDRAG EN DAGROOSTER

Die skool heropen Dinsdag 9 Oktober 2018 om 07:30.  Dag 3 se rooster word gevolg.

Somersdrag word vanaf Dinsdag 9 Oktober gedra.  Die seuns moet wintersdrag skool toe bring ter wille van die prysuitdeling.  Alle seuns se voorkoms moet volgens ons reëls wees.  Ons maak staat op elkeen se samewerking.

PRYSUITDELING - BEKERS

Alle bekers wat nog nie terug is nie, moet asseblief na die vakansie teruggebring word.

  Ronél Bernardo

MATRIEKS – LAASTE DAG

VRYDAG 12 OKTOBER 2018

Saalbyeenkoms

Tyd

09:00 - Ouers en matriekleerders

Matriek Laat-ontbyt

Tyd

10:00 - Na afloop van die saalbyeenkoms

Plek

Boland Sentrum

Drag

Netjies Informeel

RSVP

Teen 9 Oktober sodat getalle gefinaliseer kan word by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Matriekafskeid

Tyd

18:00 begin matrieks arriveer

Plek

Kronenburg

Matriekouers - Steakbraai

Plek

Boland Sentrum

Tyd

Na afloop van die matrieks se aankoms by Kronenburg

Drag

Informeel

Koste

R150 per volw / R100 per kind

Bespreking

Irmelind van Zyl by 072 925 6239 of

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

GHOLFDAG

Boland Landbou Ondersteunersbond (BLOB) bied op Vrydag 12 Oktober hul jaarlikse gholfdag by Wellington Gholfbaan aan.

BLOB bied die volgende aan:

  • 4-bal teen R2 400
  • R2 000 vir die borg van 'n putjie (bof en setperk). Advertensiemateriaal kan opgerig word en

       uitgedeel word by die geborgde putjie.

  • R5 000 vir die borg van die 18de putjie. Dit is dieselfde soos hierbo, maar sluit ook die uitstalling

       van voertuie of implemente langs die 18de putjie in.

  • Ons is ook op soek na pryse vir die dag.

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel of enige vrae het.

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2018.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                                                                                                 Johan van der Merwe

GRAAD 9 OUERAAND:  DONDERDAG 25 OKTOBER 2018

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 25 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.                       Marilize Jordaan

MA-EN-SEUNOGGEND: 26 OKTOBER 2018

Rugby & Rose

Boland Landbou wil graag alle Mammas bederf met ‘n heerlike Ma-en-seunoggend

26 Oktober 2018 om 10:00

Skoolsaal

10:00 – 10:15              Verwelkoming:  Anneke Pansegrouw

10:15 – 10:30              Wat dit beteken om ‘n Boland Mamma te wees: Helena Stoltz (gr 8)

10:30 – 10:45              Wat dit beteken om ‘n Boland Mamma te wees: Marietjie Basson (gr 12)

10:45 – 11:00              Koshuiskos:  Elena Olivier (Feedem Dieetkundige)

11:00 – 12:00              Mamma Mia!  Elsabé Aldrich gaan pretpraat oor die lekkerte van menswees.  Kom lag ‘n slag en geniet die dag (alle seuns woon by asook die Mamma/Tannie of Ouma wat daar kan wees).

12:00 -13:00               Ma’s/Tannies en Oumas en hul seuns kuier saam onder die bome (verversings word verskaf)

RSVP asb voor 12 Oktober 2018 by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104 met jóu asook jou seun/s se name wat die geselligheid om 12:00 sal bywoon.

BEGROTING 2019

Ons is tans besig om die begroting vir 2019 te finaliseer en wil u herinner aan die Ouervergadering wat op Vrydag 26 Oktober om 12:30 in die tennisklubhuis gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                                                                           Irma Greyling

SPORT

KRIEKET

Die eerste krieketspan neem die eerste naweek van die vakansie deel aan die jaarlikse Hoërskool Punt Krieketfees in Mosselbaai.  Ons speel drie wedstryde tydens hierdie Krieketfees:  teen Glenwood House, Despatch en Framesby.  Baie sterkte aan hierdie seuns, asook mnre Hein Jordaan en Prieur du Plessis wat hulle vergesel.

Gedurende die laaste naweek van die vakansie, neem ons o.15A-krieketspan deel aan die Hoërskool Outeniqua T20 krieketkompetisie.  In ons afdeling is Outeniqua, Pearson, Framesby en Punt.  Baie sterkte aan hierdie manne, asook mnre Handro le Roux en Toit Wessels wat hulle vergesel.

ATLETIEK

Ons skool se top atlete neem vanjaar deel aan die jaarlikse Hoërskool Punt top 10 Atletiekbyeenkoms wat plaasvind op Saterdag 29 September.  Ons het twee spanne vir hierdie byeenkoms ingeskryf.  Baie sterkte aan al ons atlete en mnr Marnitz Jacobs wat hulle vergesel.

TENNIS

Ons eerste tennisspan gaan gedurende die laaste naweek van die vakansie op ‘n oefenkamp na Stellenbosch waar hulle sal tuisgaan by SAS (Stellenbosch Akadmie vir Sport).  Hierdie oefenkamp dien as voorbereiding vir ons jaarlikse o.18-tennisfees wat gehou word op Vrydag 12 en Saterdag 13 Oktober.  Sterkte aan hierdie manne met hulle voorbereiding en afrigter Myburgh van Zyl wat hulle vergesel.

JEUGSKOU

Wilhelm van Noordwyk neem gedurende die vakansie deel aan die SA Jeugskou Kampioenskappe in George.  Baie sterkte Wilhelm!

CHRIS FOURIE

SKOOLHOOF

2018-09-28