Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 31 VAN 2018

NOVEMBEREKSAMEN

Neem asseblief kennis dat ons leerlinge hul laaste vak op Vrydag 23 November skryf en daardie dag om 12:00 sal verdaag.

NOVEMBER 2018 EKSAMENROOSTER

Aangeheg is die eksamenrooster vir die finale eksamen van die jaar.  Ons wil alle leerders aanmoedig om erns te maak met hul voorbereiding vir hierdie eksamen aangesien dit ‘n beduidende effek op hul jaarpunt sal hê.                                                                                                                Cobus van Coller

BELANGRIKE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN VAKVERANDERINGS

Neem asseblief kennis van die volgende veranderinge ten opsigte van vakveranderings vir gr 10 – gr 12.

Vakverandering in graad 10

  • ‘n Leerder mag hoogstens twee vakke in graad 10 verander.
  • Die sluitingsdatum vir versoeke van ouers aan skole vir vakveranderings is 30 Junie.

Vakverandering in graad 11

  • ‘n Leerder mag hoogstens twee vakke in graad 11 verander.
  • Die sluitingsdatum vir versoeke van ouers aan skole vir vakveranderings is 15 Maart.
  • In buitengewone gevalle kan ‘n leerder een addisionele vak in graad 11, vir gr 12 verander nadat sy eindeksamenpunt vir graad 11 bekend gemaak is. Hierdie vakverandering moet voor 12 Desember van die graad 11 jaar gedoen word. 
  • Geen vakverandering word vanaf 2019 in die graad 12-jaar toegelaat word nie.

                                                                                                                                         Cobus van Coller

DIRIGENTE 2019

Die volgende leerders is gekies as dirigente vir 2019.  Sterkte vir julle!

Aldo Rautenbach                                                   JP Smith

Henry Rossouw                                                      Justin Swart

Philip Rossouw                                                      Dehan Zeeman                                 Prieur du Plessis

LEERDERS WAT SKOOL AAN EINDE VAN 2018 VERLAAT

Indien u seun die skool aan die einde van die jaar verlaat, moet u ons asseblief per e-pos laat weet sodat ons die getalle vir volgende jaar kan finaliseer.  Indien u seun weggaan, maak hy weer plek vir ‘n ander seun wat bitter graag in Boland Landbou wil wees.  Ons wil graag seker maak dat ons beplanning vir 2019 reg is.  E-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

BEGROTING 2019

Op ‘n spesiale vergadering van die Beheerliggaam op Maandag 15 Oktober 2018, is die skoolbegroting, soos deur die finansiële komitee voorgelê, goedgekeur.  Dit is ter insae by die finanskantoor.  Hierdie begroting sal slegs van krag wees indien die ouers op Vrydag 2 November om 13:00 in die skoolsaal dit ook goedkeur.  Ons doen asseblief ‘n beroep op ons ouers om hierdie belangrike vergadering by te woon.                                                                                                                                      Irma Greyling

VOORGESTELDE BEDRAE:

GELD

2018

2019

%-VERHOGING

Skoolfonds

R25 050

R27 555

10%

Losiesgeld

R29 640

R32 160

8,5%

TOTAAL

R54 690

R59 715

9,25%

Uitstaande rekeninge vir 2018 sal weer binne die volgende week aan u ge-epos word.  Ons versoek u om dit asseblief te vereffen voor of op 23 November wanneer dit die kinders se laaste skooldag is.  Ons maak staat op u vriendelike samewerking.  U is welkom om die skool te kontak indien u volgens wet vir kwytskelding in 2019 kwalifiseer.

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolbaadjie

46

R250

Skooltrui

XL, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R40

Pullover

107

R30

Skooldas

 

R15

Bokkieweek rugbytrui

M

R30

Skoolhemp

Verskeie groottes

Gratis

Swart sport/oefenbroekie

XL, 2XL

R30

Swart rugbytrui

M

R50

Swart oefenhemp

XS, S, M

R30

Wit oefenhemp

XS, M

R25

Swart Varsity Cupbroek

36

R40

Sweetpakbroek

2XL

R50

Skoolskoene

Nr 12

R50

Skoolsokkies

M

Gratis

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                        Reinet Naudé

SPORT

TENNIS

SPAN

OPPONENT

UITSLAG

PRESTASIE

o.15B

Hugenote o.15A

22 Oktober

1 – 5 verloor

Johan du Toit het sy enkels gewen.

o.15C

Hugenote o.15B

22 Oktober

3 – 3 gelykop

Jacobus van Niekerk, Jandré Serdyn en Jandré Genis wat hul enkels gewen het.

o.19C

Laborie A

22 Oktober

5 – 1 wen

James Coetzee, Joshua von Molendorff en Herman Smith wat hul enkels gewen het.

Beide dubbels is ook gewen.

o.19B

HJS B

22 Oktober

 

 

Hugenote

25 Oktober

Wedstryde eindig gelyk, maar HJS wen 38 – 32 met potte

 

6 – 0 wen

 

Albert van Niekerk en Jandré Rabe wat hulle enkels en dubbels gewen het.

 

Baie geluk aan André Muller, Pietman Burger, Albert van Niekerk en Jandré Rabe wat almal maklik gewen het.

o.19A

Stellenbosch A

22 Oktober

5 – 1 wen

Baie geluk aan Ruben Joubert, Freddie Pyper, Hannes de Villiers en Philip Liebetrau wat hulle enkels gewen het.  Hannes en Philip het ook hul dubbels gewen.

 

KRIEKET

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.19A

Perel Vallei

20 Beurte

25 Oktober

85/10

185/9

Danté Casius 4/45

Jurian van Santen 27*

Boland wen met 13 lopies

o.15A

Perel Vallei

20 Beurte

25 Oktober

98/2

97/8

Gustav Laubscher 50* & 5/11

Boland wen met 8 paaltjies

o.14A

Perel Vallei

20 Beurte

24 Oktober

102

126/4

Andries du Toit

Boland verloor met 24 lopies

o.14B

Perel Vallei

20 Beurte

24 Oktober

60

134/5

 

Boland verloor met 74 lopies

o.19A

HJS

50 Beurte

20 Oktober

131

118

Danté Casius 40*

Jurian van Santen 3/13

Boland wen met 13 lopies

o.15B

HJS

50 Beurte

20 Oktober

60

254

Gustav Laubscher 2/35

Jaco Engelbrecht 28*

Boland verloor met 194 lopies

                                                                                                                                                Handró le Roux

ATLETIEK

DRIEHOEKIGE ATLETIEKBYEENKOMS

Ons atlete het die afgelope Dinsdag aan die Lente Atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat deelgeneem.  Dit was die eerste Lentebyeenkoms tussen Boland Landbou, HJS Paarl, HTS Drostdy en Brackenfell.

Ons atlete het uitstekend presteer en eindig in die tweede plek na HJS.  Ons klop vir HTS Drostdy met meer as 100 punte en wen die prestasiebeker vir seunskole.

Uitstaande prestasies tydens hierdie byeenkoms was:

*      Emile Geyser behaal ‘n eerste plek in die 400m seuns o.15 in ‘n tyd van 50.15.  Hy behaal ook ‘n eerste plek in die 200 m met ‘n tyd van 22.30.  Hy wen ook die 100m in ‘n tyd van 10.9 sek wat ‘n byeenkomsrekord is.  Hy verbeter die skoolrekord in die 100m, 200m en 400m tydens hierdie byeenkoms.

*      Hannes van Wyk behaal ‘n plek eerste plek in die seuns o.14 Hamergooi met ‘n afstand van 40.96m.

*      Angelo Daniels behaal ‘n tweede plek in die 800m seuns o.14 met ‘n tyd van 2:16.60.

*      Aldo Rautenbach behaal ‘n eerste plek in die 800m seuns o.17 met ‘n tyd van 2:00.53.

*      Jaunu Olivier behaal ‘n eerste plek in die Hamergooi seuns o.17 met ‘n afstand van 57,29m.

*      Marco de Witt behaal ‘n tweede plek in die Hamergooi seuns o.17 met ‘n afstand van 50,19m.

*      Keithan Oliphant behaal ‘n eerste plek in die 800m seuns o.15 in n tyd van 2:14.43 en ‘n eerste plek in die 1500m met ‘n tyd van 4:42.88.

*      Franco Nolan behaal ‘n eerste plek en verbeter die skoolrekord in die Gewigstoot seuns o.14 met ‘n afstand van 14,77m.

*      JC Nothnagel behaal ‘n eerste plek in die Spiesgooi seuns o.14 met ‘n afstand van 52,14m.

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-10-26