Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 1 VAN 2019

WELKOM

Hoe lekker is dit nie om die werksjaar van 2019 te begin op so ‘n mooi plek soos Langerugplaas nie!  Mag 2019 vir ieder en elk wat betrokke is by Boland Landbou, ‘n geseënde jaar wees.

Welkom terug aan al ons bestaande Bolanders (en hiermee bedoel ek leerders sowel as ouers) aangesien ons almal deel vorm van die Boland-familie.

‘n Besondere woord van welkom aan ons nuwe Graad 8’s en hul ouers.  Dit is vir ons lekker om jul op die plaas te ontvang en ons sien daarna uit dat jul gou-gou deel sal raak van ons familie.

Aan die einde van 2018 het ons me René Bester-Felder wat Afrikaans onderrig het, sowel as mnr Chris Fourie, die skoolhoof, gegroet.  Ons glo en vertrou dat beide hul aftrede sal geniet. 

Me Lizanne Ferreira is in die Afrikaanse pos aangestel en mnr Dirk Kok sal die nuwe Lewenswetenskappe-onderwyser wees.  Ons hoop regtig dat jul tyd by ons vir jul ‘n positiewe ervaring sal wees en wens jul sterkte toe met jul taak.

Ek is seker elke ouer is op een of ander stadium al die vraag gevra deur hul seun: “Hoekom moet ek skool toe gaan om goed te leer wat ek nie noodwendig eendag gaan gebruik in my werk nie?”  Ek dink ons moet die vyf jaar wat die manne op die skoolbanke moet spandeer, sien as ‘n allesomvattende opvoedingstaak, meer as net die bekom van kennis.

  • Opvoeding gee ons die vermoë om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is.
  • Opvoeding gee ons die vermoë om met integriteit te leef.
  • Opvoeding help ons om meer bewus van en aanvaarbaar teenoor diversiteit te wees.
  • Opvoeding gee ‘n jong man hoop om die probleme wat die toekoms mag bied, met selfvertroue aan te pak.

Boland Landbou poog om deur die loop van vyf jaar seuns te ontwikkel tot manne wat hul kennis, talente en vaardighede kan gebruik om te help bou aan ons samelewing.

Dit is my wens dat ons as onderwysers, ouers en seuns bg. in gedagte sal hou deur die loop van elke seun se skoollooopbaan en sy opvoedingsproses.

AKADEMIESE UITSLAE 2018

Baie geluk aan die matrieks van 2018 wat almal geslaag het.  3 leerders behaal ‘n gemiddeld van 80% of meer vir hul 6 vakke (LO uitgesluit):

Frederik Olivier                     93,6% met 6 vakgemiddelde A-simbole

Albert van Zyl                       91% met 6 vakgemiddelde A-simbole

Phillip Falck                          83,66% met 4 vakgemiddelde A-simbole

Baie sterkte aan ons matriekklas van 2019.  Julle begin reeds nou te werk aan Desember se uitslae.

ʼn Lys van ons top tien presteerders van Desember 2018 en hul uitslae word aangeheg. 

 

GRAAD 12

GRAAD 11

GRAAD 10

GRAAD 9

GRAAD 8

1

Frederik Olivier

93,66%

Pieter Malan

85.40%

Aristo Kruger

84.41%

James Barnard

91.45%

Hannes van Wyk

93.31%

2

Albert van Zyl

91%

Wilru Burger

83.73%

Ralph Botha

79.80%

Danie Spamer

89.02%

Connie Nieuwoudt

88.39%

3

Phillip Falck

83,66%

Danté Casius

79.35%

Tiaan Mollentze

78.99%

Jurian van Santen

86.48%

Thomas Dreyer

87.48%

4

Dian Kenny

78,83%

JG Vlok

76.30%

Rynhardt du Plessis

74.27%

Hannes de Villiers

85.56%

Sebastiaan Swart

86.98%

5

Freddie Nel

76,50%

Jaco Otto

72.77%

Christiaan van der Merwe

73.76%

Marcus Lotz

85.02%

Albertus Joubert

83.35%

6

Wehan Malan

76,33%

Eugene Snyders

72.50%

Arno Haasbroek

71.76%

Gian Sevenster

81.27%

Ruben Joubert

83.05%

7

Louis-Dirk Human

75,66%

Hanz Trotzky

72.08%

Seth Ferreira

69.56%

Pierre van

Reenen

80.87%

Wicus Stover

82.22%

8

Franco Jones

74,50%

Gunther Mollentze

72.05%

Johandré Jones

69.54%

Emiel Smit

80.79%

Divan Burger

79.98%

9

Philip du Toit

74,16%

Anrico Bester

71.74%

Van Zyl Engelbrecht

68.01%

Jean-Pieter du

Plessis

79.97%

Dian van Zyl

78.80%

10

JW Snyman

72,66%

Pierre van Santen

70.52%

Triveno Swartz

67.55%

Christoff Fourie

78.36%.

Nicolaas Gilmore

76.80%

Baie geluk aan elkeen van ons presteerders.  Moedig u seun aan om hard te werk om ook sy volle akademiese potensiaal te bereik!                                                                                                              Johan Moolman

KRUIWARESIES

Eerskomende Maandag, 14 Januarie 2019 om 17:00, vind die jaarlikse kruiwaresies op die plaasterrein plaas.  Dit is regtig 'n hoogtepunt vir die sotte en hulle ooms.  Kom geniet hierdie opwindende geleentheid saam met julle kinders!                                                                                                                                   Ronél Bernardo

KLOKSEREMONIE EN NUWELINGBRAAI

Die klokseremonie van die graad 8's en alle nuwe leerders in die skool vind Maandag 14 Januarie 2019 om 18:30 op die plaasterrein plaas.

Na afloop van die seremonie is alle nuwe ouers welkom om saam met hulle seuns en die ooms te braai in die skool se vierkant.  U as ouer is verantwoordelik vir u seun se kos, asook vir u seun se oom.  Die skool sal sorg vir die seuns wie se ouers nie hier kan wees nie.  Braaidromme en hout sal verskaf word, maar nie braaigereedskap nie.                                                                                                                                              Ronél Bernardo

AKADEMIESE GALA-AAND - 16 JANUARIE 2019

Die jaarlikse akademiese gala-aand, waartydens die top 5 presteerders in elke graad vereer word, vind om 19:00 in die Boland Sentrum plaas.  Die betrokke leerders en ouers is alreeds uitgenooi. 

                                                                                                                                           Marlette van Wyk

OPEDAG 28 JANUARIE 2019

Ons jaarlikse opedag vind op bogenoemde datum vanaf 17:00 plaas.  Ons nooi almal wat belangstel om ons skool in 2020 by te woon, uit na hierdie geleentheid.  Ons versoek ons ouers en leerlinge om hierdie geleentheid aan enige potensiële leerlinge bekend te stel.                                                                                  Ronél Bernardo

OORTREK VAN HANDBOEKE EN SKRYFBOEKE

Die sperdatum vir bogenoemde is Maandag 21 Januarie (na die uitnaweek).  Ons vra asseblief almal se samewerking sodat alle boeke oorgetrek sal wees.  Handboeke moet met plastiek oorgetrek word.  Oefeningboeke moet volgens voorskrifte van elke spesifieke onderwyser wees.  Baie dankie.

                                                                                                                                               Malcolm Harris

KLEREWINKEL

Die klerewinkel is elke Dinsdag oop vanaf 17:00 tot 17:30, tensy anders versoek.

Die klerewinkel sal ook gedurende die jaar met elke tuis rugbywedstryd vanaf 08:30 tot 11:00 oop wees.

FINANSIES

Stuur asb alle e-posse i.v.m finansies, inbetalings van enige aard, asook enige navrae i.v.m finansies, aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Sodoende verseker u dat u gelde reg geallokeer word.

Let ook op na:

  • Verwysing: verander op u betaling na waarvoor die geld inbetaal word.
  • Skoolfonds & Losies: Jou kind se toelatingsnommer
  • Enige iets anders: Jou kind se NAAM en VAN asook DUIDELIKE VERW waarvoor die gelde is.

Ons vra asseblief vir u samewerking in hierdie verband.

ABSA BANK                                     632 005

KOSHUISREKENING                        400 140 952                  Slegs losies- en wasgoedgelde

SKOOLFONDSREKENING                400 390 304                  Skoolfonds en alle ander gelde

KOMMUNIKASIE:  HUIS NICO MALAN

Kommunikasie is baie belangrik en ek wil daarom die volgende reëling tref.  Ek gee gedurende die skooldag klas en kan as gevolg hiervan nie altyd my telefoon dadelik antwoord nie.  U is welkom om vir my ’n boodskap te stuur en ek sal so spoedig moontlik vir u ’n antwoord gee of kontak.  Indien dit dringend is, kan u die skool kontak en so sal die boodskap dadelik aan my oorgedra word.

My selfoonnommer is 079 922 6226 en u is welkom om my te skakel.  Indien u seun in gr 8 is, kan u vir Len Conradie skakel by 084 513 9488.                                                                                              Johan Moolman

WISKUNDE MIDDAGKLASSE

Ronel Viljoen bied hierdie jaar Wiskunde middagklasse aan vir graad 10, 11 en 12.  Kontak haar gerus vir meer inligting.  Sel:  084 580 9968 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

TUISNAWEKE EN REëLINGS

1STE KWARTAAL

2DE KWARTAAL

3DE KWARTAAL

4DE KWARTAAL

18 – 20 Januarue

19 – 22 April

8 – 11 Augustus

18 – 20 Oktober

15 – 17 Februarie

17 – 19 Mei

30 Augustus – 1 September

15 – 17 November

Ons eerste uitnaweek van 2019 is volgende naweek.  Die koshuis sluit om 17:00 Vrydagmiddag en sal weer om 15:00 Sondag oop wees.  Die skool sluit uitnaweke om 13:00 en gewone Vrydae sluit die skool om 13:30.                                                                                                                                                     Johan Moolman

KOMMUNIKASIE VANAF DIE SKOOL

Ons kommunikasie met u as ouers is vir ons baie belangrik.  Dit is dus belangrik dat u epos-adres

by ons korrek is.  Verder plaas ons nuus en inligting op die Communicator of Facebook. Die

skool se webblad is ook ‘n bron van inligting – www.bolandlandbou.co.za.

indien u nie toegang het nie, kontak my asseblief – This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..                                 Irma Greyling

BOLAND LANDBOU MOBILE APP

Daar is `n splinternuwe weergawe van ons skool se AWSUM app beskikbaar. Ons kan met groot opgewondenheid deel dat dié platform net meer en beter funksionaliteite skep vir ons skool om met ons ouers te kommunikeer, asook `n kanaal vir die skool om inkomste te genereer d.m.v die banier advertensies asook die Voorkeurdiensverskaffers.

Ons vra asb almal om die nuwe weergawe af te laai, omdat dit een van ons primêre kommunikasie mediums sal wees met die ouers.

Ons nuwe mobile app bied die volgende funksies:

  • Die nuwe app maak dit moontlik vir ouers om dokumente, fotos en video’s op `n maklike manier te e-pos om/of te print/uit te druk, of om op sosiale media te deel.
  • Dit bied maklike toegang tot belangrike skoo-l, sport-, akademiese- en kultuurinligting
  • Maklike toegang tot die skool se kalender
  • Ontvang belangrike skoolkennisgewings
  • Lees die nuutste skolenuus in ons area
  • Kyk wat gebeur waar in en om ons omgewing
  • Spesiaal vir pa, lees die nuutste wêreld sportnuus

…dit alles, op ons skool se eie mobile app.

Die app bied ook `n inkomste potensiaal aan die skool en alle ouers met besighede is welkom om hulle besighede te adverteer.

Kostes:

-      Op die skool se besigheidsgids, waar u as voorkeurdiensverskaffer gelys sal word: R350 per maand

-      Banier advertensie: R1 500 per maand

Steps to download the app:

  1. Gaan na die Apple of Google Play store
  2. Soek: AWSUM App for Schools en kyk uit vir die blou/pers AWSUM logo
  3. Kliek op Install
  4. Wanneer die app klaar geinstalleer is, kliek op Open en dan op Sign Up
  5. Kies jou eie username en password
  6. Kies (skoolnaam) van die lys van skole
  7. Kliek op registreer
  8. Sodra u geregistreer is, gaan na die Settings-gedeelte en kies u kind se graad en aktiwiteite.
  9. Geniet die app!

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skooltrui

XL, 97, 102, 107, 112, 117, 122

R20

Skoolhemde

14 – 15, 15 – 16, L, 42, 43, 44, 107

Gratis

Grys Kortbroek

15 – 16, 74,81, 90, 92,94,96,100, 102, 106, 108,110, 36

R35

Swart sportbroekie

S, XL

R25

Varsity Cup broekie

34

R20

Sweetpakbaadjie

S, M

R20

Sweetpakbroek

XL

R40

Swart oefenhemp

XS, S, M

R25

Moulose atletiekfrokkie

S, M

R15

Atletiek tights

36

R35

Wit oefenhemp

S

R30

Bont rugby oefentrui

XL

R20

Rugbytruie

XS, XL

R20

Rugbysokkies

M (?)

R30

Tokse

No 9

R20

Reënbaadjie

M

R50

Reinet Naudé 072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

SOMER-INTERSKOLE 2019

Die jaarlikse Somer-interskole vind vanjaar by Boland vanaf Donderdag 24 tot Saterdag 26 Januarie 2019 plaas.

GROOT BRAG

Woensdag 23 Januarie

18:30

Skoolsaal

TENNIS

Donderdag 24 Januarie

13:00

o.19-wedstryde begin

 

13:00

o.15-wedstryde begin

Daar speel 2 x O.19-spanne en 2 x O.15-spanne bestaande uit 4 spelers per span.

Al die wedstryde vind by Boland Landbou se bane plaas.

KRIEKET

Die volgende spanne speel Interskole. Ons sal binnekort die velde bekend maak waar elke span speel.

Vrydag 2 Februarie

09:30

o.19A           50 beurte

 

10:00

o.15A           45 beurte

 

12:30

o.19B           30 beurte

o.14A           30 beurte

o.19C           20 beurte

o.15B           20 beurte

 

ATLETIEK

Die byeenkoms begin om 08:00 by Boland Landbouskool.

Saterdag 26 Januarie

07:00

Stap

 

08:00

Byeenkoms begin

 

13:00

Byeenkoms eindig

 

                                                                                                                                                     Oloff Bergh

OLD MUTUAL INSURE AGRI FEESPAKKETTE

Die OM Agrifees is ons enigste fondsinsameling van die jaar en daarom verwag ons van elke leerling om groot moeite te doen om soveel as moontlik kaartjies te verkoop.  Ons maak staat op elkeen se samewerking.

  1. Uitdeel

1.1   Elke leerling het geteken vir die boekie(s) wat hy ontvang het.  Hy is dus verantwoordelik vir die inbetaling van R300 per boekie.  Die gr 8’s en nuwe leerlinge het hulle boekies op die 1ste skooldag ontvang.

1.2   Geen leerling mag sy boekie oordra aan ʼn ander leerling nie.

1.3   Indien ʼn leerling sy boekie verloor, is hy verantwoordelik vir die volle bedrag van R400.

  1. Invordering

2.1   Die finanskantoor het versoek dat soveel as moontlik inbetalings elektronies in die skool se bankrekeing gedoen word: ABSA Rekeningnr 400 390 304 Verwysing: naam/lootjies.  Ons weet dit is nie altyd moontlik nie, daarom kan kontant by die klasonderwysers inbetaal word.  Dit sal baie waardeer word en baie dankie daarvoor.  Onthou egter dat al doen u ‘n elektroniese inbetaling, MOET die voltooide boeke by die registeronderwyser ingehandig word.

2.2   Alle inbetalings moet voor 09:00 op Donderdag 21 Februarie gedoen word.  Dit is ‘n week voor die OM Agrifees, wat op 1 en 2 Maart plaasvind.

2.3   Daar word van elke leerling verwag om sy hele boekie te verkoop - R300 vir die skool en R100 vir homself.                                                                                                                                     Marlette van Wyk

 

C VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-01-11