Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 4 VAN 2019

VERANDERING IN WINTER INTERSKOLE DATUM

Die aanvanklike interskoledatum is op ons jaarprogram aangedui as die naweek van

16-18 Augustus.  Dit verander nou na 9-11 Augustus.

Paul Roos Gimnasium en Grey Kollege Bloemfontein se interskoledatum val ook vanjaar op 17 Augustus.  Aangesien Supersport slegs een skolewedstryd op die dag kan uitsaai, sou dit beteken dat ons wedstryd teen Oakdale geen televisiedekking sou kry nie.  Aangesien beide skole van mening is dat dit vir die seuns, sowel as die skool, voordelig is om die televisie-blootstelling te kry, is die besluit geneem om ons interskoledatum te skuif.

Die verandering in datum het inderdaad sekere uitdagings tot gevolg, maar ons sal die nodige aanpassings maak sodat die skuif die minste ontwrigting moontlik onder die omstandighede veroorsaak.

Aangesien dit ’n langnaweek is en verblyf op Riversdal en omliggende gebiede beperk is, raai ek ons ouers aan om so spoedig moontlik hul besprekings te maak vir die naweek.

By voorbaat dankie vir u begrip.  Ons sien daarna uit om soveel as moontlik Boland-ondersteuners by Oakdale te sien!                                                                         Cobus van Coller

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

Skoolhemde

43, 44, 107

Gratis

Grys kortbroek

74, 81, 90, 92, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114, 36

R35

Skooltrui

XL, 97, 102, 107, 112, 117, 122

R20

Skoolbaadjie

44

R80

Swart oefenbroekie

S, L, XL 

R25

Swart oefenhemp

XS, S

R25

Wit oefenhemp

3XL, 4XL

R30

Sweetpakbaadjie

XL

R40

Sweetpakbroek

XS, XL

R40

Moulose atletiekfrokkie

XL

R15

Wit krieketbroek

XL

R35

Swart Rugbytech kopskerm

L

R60

Bont rugby-oefentruie

XL, 44

R20

Rugbytrui

XL

R20

Tokse

Nr 9

R20

Varsity Cup broekie

38

R30

Reënbaadjie

XL

R60

Reinet Naudé 072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

LEWENDE HAWE

Ons is op soek na lewende hawe vir die vleistafel.  Ons benodig skape, asook varkvleis.  Ons sal graag wil hê dat die diere op 22 Februarie by die skool afgelaai moet word.  Kontak my by 083 321 9568 of mnr Hein Jordaan by 074 952 3137 sodat ons die nodige reëlings kan tref.  Ons het regtig u hulp in die verband nodig.                                       Johan van der Merwe

SPORT

PMW-ATLETIEK

Op Woensdag 30 Januarie het ons atlete aan die jaarlikse PMW-atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat in die Paarl teen Hugenote, Swartland en Worcester Gimnasium deelgeneem.

Ons atlete het skitterend presteer en ons wen die byeenkoms met 205 punte.  Ons behaal ‘n totaal van 780 punte gevolg deur Worcester Gimnasium met 575 punte, Hugenote met 454 punte en Swartland met 361 punte.

Pragtige prestasies is gedurende die dag deur die volgende atlete behaal:

Aldo Rautenbach verbeter die rekord in die seuns o.17 800m met ‘n tyd van 1:59.80.  Die vorige rekord was 2:02:02.

Dale Martin verbeter die seuns o.14 100m rekord met ‘n tyd van 11.75.  Die vorige rekord was 11.80.

Dale Martin verbeter ook die seuns o.14 400m rekord met ‘n tyd van 0:54.91.  Die vorige rekord was 0:56.10.

Jaunu Olivier verbeter die seuns o.19 Hamergooirekord met ‘n afstand van 52.82m.  Die vorige rekord was 51.85m.

Na afloop van die byeenkoms het die volgende atlete trofeë ontvang.

Freddie Dreyer word aangewys as die beste junior baanatleet van die dag.  Hy hardloop die seuns o.15 100m Hekkies in ‘n tyd van 14.38 wat vir hom 773 punte op die ASA-tabel gee.

Andries Truter word aangewys as die beste junior veldatleet van die dag.  Hy behaal ‘n afstand van 41.48m in die seuns o.15 Hamergooi wat vir hom 773 punte op die ASA-tabel gee.

Emile Geyser word aangewys as die beste senior baanatleet van die dag.  Hy hardloop die seuns o.17 400m in ‘n tyd van 0:49.53 wat vir hom 803 punte op die ASA-tabel gee.

Daar is nog ‘n groot groep van ons atlete wat pragtige uitslae tydens hierdie byeenkoms behaal het.  Ons kan baie trots wees op hierdie atletiekspan, asook die manne op die pawiljoen wat deurentyd die atlete aangemoedig het.

KRIEKETUITSLAE

KRIEKETUITSLAE:    –  JANUARIE 2019

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.19A

Oakdale

50 Beurte

25 Januarie

194/4

 

193

 

Wian Smit 74*

Dan Naude 42

 

Boland wen met 6 paaltjies

o.15A

Oakdale

45 Beurte

25 Januarie

177/10

197/6

Jaco Engelbrecht 46

Liam Vermeulen 30

Boland verloor met 20 lopies

o.14A

Oakdale

30 Beurte

25 Januarie

61/8

60/10

 

Boland wen met 2 paaltjies

o.19B

Oakdale

30 Beurte

25 Januarie

169/8

168/8

Brian Vermeulen 3/11

Henko Smuts 50*

Boland wen met 2 paaltjies

o.19C

Oakdale

20 Beurte

25 Januarie

113/5

112/5

Jaco Wiehahn 56

Boland wen met 5 paaltjies

o.15B

Oakdale

20 Beurte

25 Januarie

69/3

68/10

Wian Jongsma 3/7

Andries Baard 38

Boland wen met 7 paaltjies

o.14B

HJS

20 Beurte

23 Januarie

50/3

49/10

 

Boland wen met 7 paaltjies

o.19B

Argentynse Toerspan

20 Beurte

29 Januarie

141/9

170/7

Gustav Laubscher 36

Boland verloor met 29 lopies

o.15B

Hugenote

20 Beurte

31 Januarie

86/3

85/10

Jan Louw 49*

Wian Jongsma 4/5

Boland wen met 7 paaltjies

                                                                                                                                             Handro le Roux

 

COBUS VAN COLLER

SKOOLHOOF

2019-02-01