OMSENDBRIEF 5 VAN 2019

OLD MUTUAL INSURE AGRIFEES 2019

Ons OMI Agrifees vind vanjaar op 1 en 2 Maart plaas.  Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 42 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 5 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 26 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 09:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:10 vs Bellville speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!                                                                                                     Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 1 MAART

Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir Lizanne by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word en sal vanaf 18 Februarie beskikbaar wees.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie.  Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                             Lizanne  Ferreira

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 28 Februarie om 18:00 tot 4 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe by die tennisklubhuis beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Johan Moolman - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Geen leerders mag die Vrydagaand daar oorslaap nie.                      Johan Moolman

LEWENDE HAWE

Ons is op soek na lewende hawe vir die vleistafel.  Ons benodig skape, asook varkvleis.  Ons sal graag wil hê dat die diere op 22 Februarie by die skool afgelaai moet word.  Kontak my by 083 321 9568 of mnr Hein Jordaan by 074 952 3137 sodat ons die nodige reëlings kan tref.  Ons het regtig u hulp in die verband nodig.

                                                                                                                                      Johan van der Merwe

GROENTETAFEL

Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig.  U kan gerus met hom in verbinding tree (082 255 6327 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).  Renier Grobbelaar help met die vrugte en die vervoer daarvan (082 801 4010 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) en Carl Görgens met die groente

(082 579 7036 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 10-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak.                                        Johan Palm

BRUNCH:  SATERDAG – 2 MAART 2019

 

TYD

08:30 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R65.00

Kaartjies is beskikbaar by Lucia vanaf Vrydag 15 Februarie, asook die oggend by die deur.  Ons wil u egter aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar is.

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                        Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

LOSGOEDVERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te skenk.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                                            D Kok

GEBAK- EN ALLERLEI TAFEL

Tydens die OM Insure Agrifees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Dankie by voorbaat.                                                                                                                        M Jordaan

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART TYDENS OMI AGRIFEES

Vrydag 1 Maart 2019            -           14:00 – 15:30 OMI Agrifees

Saterdag 2 Maart 2019          -           09:00 – 10:30 OMI Agrifees

Rugbyklere nou reeds beskikbaar.

                                                                                                                                           Pierre Schoeman

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolhemde

107

Gratis

Grys kortbroek

81, 90, 92, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114, 36

R35

Skooltrui

XL, 97, 102, 107, 112, 117, 122

R20

Skoolbaadjie

97, 44

R80

Swart oefenbroekie

S, L, XL

R25

Swart oefenhemp

XS, S

R25

Wit oefenhemp

3XL, 4XL

R30

Sweetpakbaadjie

S, XL

R40

Sweetpakbroek

XS, XL

R40

Moulose atletiekfrokkie

XL

R15

Wit krieketbroek

XL

R35

Tokse

Nr 9

R20

Reënbaadjie

XL

R60

 Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104

   Reinet Naudé

SPORT

TENNIS

Ons het die 12de 0.15-tennistoernooi die afgelope naweek aangebied.  Dit was ‘n baie geslaagde toernooi waaraan 10 spanne deelgeneem het.  Tennis van hoogstaande gehalte is gespeel.  Die finale uitslag is as volg:  Paul Roos, HJS, Oakdale, Paarl Gim, Menlo Park, Hugenote, Boland, Charlie Hofmeyr, Marlow.

Ons o.19B-span het Maandag teen HJS gespeel.  Ons het die wedstryd 4 – 2 gewen met Philip Liebetrau, Liam Slabber en Jandré Rabe wat almal hul enkels gewen het.  Philip en Liam het ook hul dubbels gewen.

SPAN

OPPONENT

UITSLAG

PRESTASIE

o.19A

Hugenote o.15A

3 - 3

Frederick Pyper   8 – 7

Philip Liebetrau   8 – 7

Frederick en Philip wen ook dubbels

o.19B

Boys High

4 - 2

Philip Liebetrau   8 - 7

Jandré Rabe       8 - 5

Lian Slabber        8 - 5

Philip en Lian wen dubbels 8 - 5

KRIEKET

KRIEKETUITSLAE:    –    4 – 8 FEBRUARIE 2019

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o19A

Hugenote

20 Beurte

6 Februarie

127/10

117/7

Wian Smit 60

Boland wen met 10 lopies

o15A

Hugenote

20 Beurte

6 Februarie

108/5

44/10

Liam Vermeulen 48

Boland wen met 64 lopies

o14A

New Orleans

20 Beurte

25 Januarie

162/4

47/10

Liam Vermeulen 82

Boland wen met 116 lopies

o19B

Bridgehouse

20 Beurte

5 Februarie

36/4

35/10

Christiaan Theron 4/15

Boland wen met 6 paaltjies

o15B

Labori

20 Beurte

5 Februarie

140/3

45/10

Jan-Hendrik Snyman 40

Boland wen met 95 lopies

 

                                                                                                                                             Handró le Roux

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-02-08


OM INSURE AGRI-FEESBYDRAE

NAAM VAN OUERS: _________________________________________________

KONTAKNOMMER:__________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ________________________________GR: ___________

Ons sal dit baie waardeer indien u die lys kan voltooi en MAANDAG 18 Februarie

saam met u seun aan ons terugstuur sodat ons deeglik kan beplan vir

1 en 2 Maart 2019.  Enige bydrae van u maak ʼn verskil.  Hierdie lys moet ASB

deur u as ouer voltooi en onderteken word.

Indien dit vir u moontlik is, moet u asseblief hoeveelhede, tipe, ens. ook aandui.

Vrugte (J Palm):_______________________________________________________________________

Groente (J Palm):______________________________________________________________________

Gebak (M Jordaan):____________________________________________________________________

Allerlei (Ingemaak, Handgemaak) (M Jordaan):_______________________________________________

Vleis (J v d Merwe):____________________________________________________________________

Losgoedverkoping (D Kok):______________________________________________________________

Lewende hawe:_______________________________________________________________________

Johan van der Merwe 083 321 9568

Kontantdonasies (L Dreyer):_____________________________________________________________

Kan inbetaal word:  Hoër Landbouskool Boland - ABSA 400 390 304 Tak 632005

Onthou asb Fees en u naam as verwysing.

Veilingartikels (J Moolman):_____________________________________________________________

Skenking van eiers, spek, boerewors, kaas en konfyt vir ontbyt

(M v Wyk):___________________________________________________________________________

Motiveer asseblief ook u seun om die jagpakketkaartjies te verkoop.  Ons beskou dit as ‘n inkomste van buite en nie uit ons ouers se sakke nie. 

U aandag word ook daarop gevestig dat elke graad verantwoordelik sal wees vir ʼn aktiwiteit gedurende die fees en dat u seun volgens ʼn tydrooster deur sy registeronderwyser ingedeel sal word om behulpsaam te wees.  Ook sal u as ouer se hulp baie waardeer word.

GR 12  - Ontbyt  (M v Wyk en R Bernardo)

GR 11  - Vleistafel  (J van der Merwe en H Jordaan)

GR 10  - Groente- en vrugteverkope  (J Palm, S du Preez en M Smit)

GR   9  - Tafelverkope  (M Jordaan en D Kok)

- Losgoedverkope  (M Jordaan en D Kok)

GR   8  - Opruiming  (H Jordaan en P Molnar)

NS. NOOI ALMAL NA ONS BOLAND-FAMILIENAWEEK

 

____________________________

HANDTEKENING VAN OUER


BRAAIPAKKE

Vrydagaand 1 Maart tydens die OM Insure Agrifees word alle ouers uitgenooi om saam te kom braai op die A-veld saam met die OOV en BLOB.  Braaidromme, roosters, tafels, stoele en hout sal beskikbaar wees en die OOV sal musiek maak.  U moet asseblief u eie eetgerei, braaitange en glase saambring.  ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en braaipakke word te koop aangebied.  Aangesien dit ons fondsinsameling is, vra ons dat u asb u braaivleis by ons aankoop en ook ons kontantkroeg sal ondersteun en nie u eie saambring nie.  Die braaipakke moet asb vooraf bespreek word.  Die verskillende opsies en pryse is as volg:

OPSIE

INHOUD

PRYS

KEUSE

AANTAL PAKKE

1

2x sirloin steak (200g elk)

2x lam loin tjops (100g elk)

2x boerewors (100g elk)

R180

 

 

2

4x lam loin tjops (100g)

2x beesvleis sosaties (180g elk)

2x boerewors (100g elk)

R180

 

 

3

2x hoender “leg quarters”

2x lam loin tjops (100g elk)

2x boerewors (100g elk)

R140

 

 

 

NAAM VAN OUER:  _____________________________________________

 

NAAM VAN LEERDER:  ___________________________________________  GR _________