Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 7 VAN 2019

AKADEMIE:LANDBOU

Ons sê baie geluk aan 2018 se gr 12-leerders wat uitstekend gevaar het in hul Landbouvakke gedurende die eind-eksamen.  Ons hoop dat dit as aansporing sal dien vir ons huidige gr 12-leerders.

Hier volg die name en posisie wat hulle in die Wes-Kaap verwerf het:

Landboutegnologie

Albert van Zyl  1ste

Wehan Malan 8ste

Janiel de Villiers 10de

Landbouwetenskappe

Frederik Olivier 2de

Landboubestuurspraktyke

Freddie Nel 7de

Michiel Visser 9de

MAART-EKSAMEN

Aangeheg is die Maart-eksamerooster met die skryftye.  Sterkte met die voorbereiding!

OLD MUTUAL INSURE AGRIFEES 2019

Ons is nou in die pylvak op pad na ons OMI Agrifees van volgende naweek.  Dit is vir ons lekker om te sien dat daar reeds baie ouers is wat saam met ons opgewonde is en ons wil help om van die naweek ‘n groot sukses te maak.  Ons waardeer u ingesteldheid en bydraes.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 42 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Daar sal ook ekstra hout te koop wees. 

BELANGRIKE INLIGTING WAT U MOET WEET OOR DIE BRAAI

  • Ons gee stoele, tafels, hout vir die braai en braaidromme met roosters
  • U moet asseblief u vleis en drank hier kom koop, aangesien dit deel is van ons fondsinsameling. Verskillende opsies van braaipakke kon vooraf bestel word. Daar sal egter ook ekstra braaipakke te koop aangebied word.
  • Voorafbestelde braaipakke kan tussen 18:00 en 19:00 by die kiosk afgehaal word. U seun sou hiervoor ‘n kaartjie ontvang wat u by hom moet kry. Die kaartjie moet u inhandig as u u braaipak kom afhaal
  • U moet asseblief self u eie bykosse, borde, messegoed, braaigereedskap, speserye en glase bring.
  • Bring maar ‘n warm kledingstuk of ‘n kombers saam, aangesien dit nou reeds saans koeler word.

Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 5 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 26 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 09:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:10 vs Bellville speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!                                                                                                     Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 1 MAART

TYD

19:00

PLEK

LOUBSERSAAL

KAARTJIES

R70.00

BOLANDLEERDERS

Gratis

 As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie. Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                                                                                             Lizanne  Ferreira

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 28 Februarie om 18:00 tot 3 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe by die tennisklubhuis beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Johan Moolman - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Geen leerders mag die Vrydagaand daar oorslaap nie.                      Johan Moolman

GROENTETAFEL

Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig.  U kan gerus met hom in verbinding tree (082 255 6327 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).  Renier Grobbelaar help met die vrugte en die vervoer daarvan (082 801 4010 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) en Carl Görgens met die groente

(082 579 7036 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 10-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak.                                        Johan Palm

BRUNCH:  SATERDAG – 2 MAART 2019

TYD

08:30 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R65.00

Kaartjies is beskikbaar by Lucia vanaf Vrydag 15 Februarie, asook die oggend by die deur.  Ons wil u egter aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar is.

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                        Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

LOSGOEDVERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te skenk.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                                           D Kok

GEBAK- EN ALLERLEITAFEL

Tydens die OM Insure Agrifees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Dankie by voorbaat.                                                                                                                        M Jordaan

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART TYDENS OMI AGRIFEES

Vrydag 1 Maart 2019             -           14:00 – 15:30

Saterdag 2 Maart 2019          -           09:00 – 10:30

Rugbyklere is nou reeds beskikbaar.                                                                                      Pierre Schoeman

GR 9 EN-10 PA-EN-SEUN ROEI

Die Pa-en-Seun Oranjerivier roei avontuur gaan vir die derde agtereenvolgende jaar plaasvind.  Wessels Adventures in samewerking met Amanzi River Adventures bied aan die Boland Landbou gr 9 en 10-seuns en hul Pa’s/Voogde die geleentheid om vanaf 25-29 September 2019 die Oranjerivier te gaan roei.  Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir Pa’s om verhoudings met hul kinders te bou, terwyl daar rustig geroei word, visgevang word en onder die sterre geslaap word.  Belangstellingsbriewe is per e-pos aan al die ouers uitgestuur.

Toit Wessels (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

SPORT

TENNIS

Baie geluk aan Ruben Joubert wat in die o.15-Wes-Kaap Kavalierspan opgeneem is.  Hierdie naweek speel hulle op Hartenbos teen Noord-Kaap.  Sterkte en baie voorspoed.

SPAN

OPPONENT

UITSLAG

o.15C

Paul Roos

6 – 0 verloor

o.15A

HJS

6 – 1 verloor

o.19C

Labori

6 – 0 wen

WINTER INTERSKOLE

As gevolg van die verskuiwing van die datum van die winter interskole,  asook die openbare vakansiedag op Vrydag 9 Augustus, is ons genoodsaak om veranderinge aan te bring aan die weekprogram wat die interskole voorafgaan.

Die program sal as volg daar uitsien:

Maandag

5 Augustus

Neem van skoolfoto’s tydens die skooldag. Spanbraaie die aand.

Dinsdag

6 Augustus

Mnr Boland (18:00-20:00), Mannedinee en Damesdinee.

Woensdag

7 Augustus

A-span braaie in Sentrum.

Donderdag

8 Augustus

Big Brag in skoolsaal (9:00-11:00), rugbyoefeninge vanaf

11:30 - 15:00.  Ouers kan hul seuns na afloop van die oefeninge kom haal indien hul reeds na Riversdal wil vertrek.

Vrydag

9 Augustus

Busse vertrek vanaf skool (12:00).  Gholfwedstryde vind plaas by Oakdale.

Saterdag

10 Augustus

Rugbywedstryde te Oakdale.

Dankie dat ons op u as ouers se samewerking kan staatmaak om die week se reëlings so glad as moontlik te laat verloop. 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-02-22