Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 8 VAN 2019

OM INSURE AGRIFEES 2019

Dankie! ’n Eenvoudige, opregbedoelde woord, maar tog heeltemal onvoldoende om die gevoel van dankbaarheid teenoor ons ouers, ondersteuners en seuns oor te dra vir hul bydrae om van die afgelope OMI Agrifees ’n sukses te maak!

Dankie aan elke ouer wat finansieel, of met die gee van produkte, of met die opoffering van hul tyd om op die dag te werk,  gehelp het.

Dankie aan die borge en ondersteuners wat omgee vir ons skool.

Dankie aan Mineke Fourie, voorsitter van die OOV, en al haar helpers wat van Donderdagaand af voorberei het vir die fees.

Pieter Theron wat die suksesvolle organisasie van die groentetafel behartig het - dankie daarvoor!

Dewald Vorster wat ‘n reusebydrae gemaak het om vanjaar se vleistafel weer ’n sukses te maak - dankie!

Laastens, dankie aan ons seuns vir hul netjiese voorkoms, vriendelikheid en hulpvaardigheid. 

Julle bly ons skool se beste bemarkers en julle het dit puik gedoen die afgelope naweek!

OMI AGRIFEES LOOTJIES

Die gelukkige wenners van die OM Insure Agri-fees lootjies is: 

Eerste prys                       :           K Smits

Tweede prys                    :           Y Jansen

Derde prys                        :           N Snyman

Geniet julle pryse.

  Irma Greyling

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART/APRIL

Tweede kwartaal

Elke Dinsdag       17:00 - 17:30 tensy anders gereël.

Ook met elke tuiswedstryd Saterdae 08:30 - 11:00.                                          Pierre Schoeman

MEJ BOLAND

Weereens baie dankie aan al ons borge, die deelnemers asook Soekie Nieuwoudt vir die décor van die aand.  Ons waardeer dit opreg.                                                                  Lizanne Ferreira

OMI FEES ONTBYT

Baie dankie aan almal wat 'n bydrae gelewer het vir die ontbyt, op watter manier ookal.  Ons wil spesiaal vir Anna-Marie Olivier en al haar helpers dankie sê.  Sonder julle sou die ontbyt nie moontlik wees nie.  Ons waardeer julle tyd en moeite.

                                                                                                                                     Marlette van Wyk

DONDERDAG 14 MAART 2019

Daar is ʼn reëling met die seuns gemaak rakende die laaste skooldag wat om 11:00 eindig.  Vra asseblief vir u seun wat is die presiese reëlings rondom hierdie dag.

       Cobus van Coller

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolhemde

M

Gratis

Grys kortbroek

32, 34, 36, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114

R35

Grys langbroek

30

R40

Skooltrui

XL, 97, 102, 107, 112, 117, 122

R20

Skoolbaadjie

97, 44

R80

Skoolsokkies

M

Gratis

Swart oefenbroekie

S, L, XL

R25

Swart oefenhemp

XS, S

R25

Wit oefenhemp

3XL, 4XL

R30

Sweetpakbaadjie

XXS, S, XL

R40

Sweetpakbroek

XXS, XS, XL

R40

Wit krieketbroek

XL

R35

Rugby oefentrui

XL

R20

Swart rugbytrui

XL

R35

Tokse

Nr 9

R20

Reënbaadjie

XL

R60

GR 9 EN 10 PA-EN-SEUN ORANJERIVIERROEI (25 - 29 SEPTEMBER 2019)

Daar was oor die afgelope twee weke baie inskrywings gewees vir hierdie jaar se Gr 9/10 Pa-en-Seun Oranjerivierroei-avontuur.  Dit lyk asof ons ‘n lekker groot groep gaan wees, en jy is welkom om saam te kom.  Belangstellingsbriewe is per e-pos aan al die ouers uitgestuur.

Kort getuienis deur Toit Wessels:  “In my Graad 10 jaar het ek en my Pa vir 3 dae die Oranjerivier geroei.  Vir 3 dae was daar geen televisie, geen selfoon, geen ander familielede en geen ander verpligtinge om by te woon nie.  Dit was net ek en my Pa.  My pa kon ontspan en ons kon gesels soos wat 2 manne met mekaar veronderstel is om te gesels.  Dit was ‘n spesiale tyd en die kwaliteittyd wat ons tussen die tent opslaan, roei, braai, hengel en swem gehad het, sal ek nooit vergeet nie.  Die avontuur het beslis die verhouding tussen my en my pa versterk.”  (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

SPORT

ATLETIEK

Baie sterkte aan ons atlete wat hierdie naweek die Bolandspan verteenwoordig by die Wes-Kaap Kampioenskappe. Die volgende seuns neem deel.

Freddie Dreyer, Franco Nolan, Andries Truter, Connie Nieuwoudt, JC Nothnagel, Angelo Daniels, Bernardo Diedericks, Dale Martin, Marco de Witt, Emile Geyser, Aldo Rautenbach, Jaunu Olivier en Dieter Mohr.

TENNIS

Ruben Joubert is genooi om deel te wees van ‘n Wes-Kaap Uitnodigingspan wat in Pretoria gaan deelneem aan die Inter Pro Toernooi vir Hoërskole.  Hulle het hom gekies agv sy vertoning by die afgelope Mini Inter Pro in Hartenbos en ook sy TSA “ranking”.  Alle sterkte en ons is trots op jou!

RUGBY

Die eerste rugbyspan het Dinsdag 5 Maart teen Garsfontein gespeel tydens die jaarlikse Blou Bulle Skole rugbytoernooi. Die eerstespan wedstryd het eers om 22:50 begin omdat die spel vroeër die dag gestaak is a.g.v. weerlig. Die span het ten spyte hiervan skitterende rugby gespeel en die eindtelling was 15 elk. Dit was ‘n ongelooflike ervaring vir die seuns om op Loftus Versfeld te speel. Eerskomende Dinsdag 12 Maart speel ons op Nuweland teen Rondebosch. Hierdie wedstryd begin om 18:50.

Dit is ook vandag en môre ons jonger manne se geleentheid om hulle eerste wedstryde van die seisoen te speel tydens die jaarlikse Hoërskool Brackenfell Sportnaweek. Die o.15A rugbyspan speel vandag om 16:00 teen Brackenfell by die Brackenfell Rugbyklub en die o.16A rugbyspan speel om 17:30 teen Milnerton op Hoërskool Brackenfell se A-veld. Saterdag speel ons o.14A rugbyspan teen Outeniqua op Hoërskool Brackenfell se C-veld om 13:25.

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-03-08