Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 9 VAN 2019

Tyd vlieg! Kan jul glo dat die gr 8’s se eerste skoolkwartaal van hul Hoërskoolloopbaan al verby is.  Net so bly daar slegs twee kwartale van skool oor vir die matrieks!  Dit herinner ons maar net weereens daaraan dat elke oomblik kosbaar is en dat ons die tyd wat ons saam kan spandeer, moet koester.  Dankie vir almal se bydrae om van die kwartaal ‘n sukses te maak.  Geniet die vakansie saam met jul seun.  Mag julle as familie ‘n geseënde tyd saam ervaar en uitgerus terugkom vir die nuwe kwartaal.

KLEREDRAG EN DAGROOSTER

Die skool heropen op Dinsdag 2 April 2019 om 07:30.  Dag 4 se rooster word gevolg en die seuns kom almal in wintersdrag - dit beteken met baadjie en ʼn das en ʼn lang- of kortbroek.  Ons versoek asseblief alle seuns dat hulle voorkoms volgens voorskrif sal wees.

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

Skoolhemde

XL

Gratis

Grys kortbroek

32, 34, 36, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114

R35

Grys langbroek

30

R40

Skooltrui

XL, 97, 102, 107, 112, 117, 122

R20

Pullover

46

Gratis

Skoolbaadjie

97, 44

R80

Skoolsokkies

M

Gratis

Swart oefenbroekie

S, L, XL

R25

Swart oefenhemp

XS, S

R25

Swart Varsity Cup broek

38

R30

Wit oefenhemp

3XL, 4XL

R30

Sweetpakbaadjie

XXS, M

R40

Sweetpakbroek

XL

R40

Wit krieketbroek

XL

R35

Rugby oefentrui

XL

R20

Swart rugbytrui

XL

R35

Swart skrumpet

L

R50

Tokse

Nr 9

R20

Reënbaadjie

XL

R60

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104

SPORT

RUGBYTOERNOOIE

Baie sterkte aan die volgende rugbyspanne wat gedurende die Maartvakansie aan die volgende toernooie gaan deelneem.

o.14A en o.15A-rugbyspanne neem aan die Outeniqua Rugbyweek deel in George.

o.16A-rugbyspan neem aan die Paarl Gimnasium Rugbytoernooi deel.

o.19A & B-rugbyspanne neem aan die Noord/Suid Rugbytoernooi by Garsfontein in Pretoria deel.

ATLETIEK

Die volgende seuns het vir Boland by die Wes-Kaap Kampioenskappe deelgeneem.  7 van ons seuns is gekies vir die Wes-Kaapspan om by SA skole op 21, 22 en 23 Maart te gaan deelneem.  Die seuns is:

Connie Nieuwoudt

Andries Truter

JC Nothnagel

Bernardo Diedericks

Emile Geyser

Aldo Rautenbach

Jaunu Olivier

Die volgende uitslae is by die Wes-Kaap Kampioenskappe behaal:

Freddie Dreyer                     o.15    300mh            40.18 s           4de

Freddie Dreyer                      o.15    100mh            13.91 s            4de

Dieter Mohr                           o.17    Diskusgooi      53.4m              5de

Andries Truter                      o.15     Hamergooi      49,54m            1ste

Connie Nieuwoudt                o.15     Hamergooi      49,37m           2de

Marco De Witt                       o.17    Hamergooi     57,5m              4de

Jaunu Olivier                        o.19     Hamergooi     54,86m           2de

Franco Nolan                       o.15     Gewigstoot     14,3m             5de

Aldo Rautenbach                 o.17     800m               1:55.12s          2de

Bernardo Diedericks             o.14     Spiesgooi        56,2m              1ste

Bernardo Diedericks            o.14     Verspring         5,93m              2de

JC Nothnagel                       o.15    Spiesgooi        55,7m             2de

Emile Geyser                        o.17     400m               49.38s             2de

Dale Martin                            o.14     200m               23.6s              1ste

Ons het ook 4 seuns wat gekies is vir die o.18 en o.20 ASA-span wat 29 en 30 Maart deelneem:

Jaunu Olivier

Marco De Witt

Emile Geyser

Aldo Rautenbach

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-03-15