Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 10 VAN 2019

OUERBESOEKE

Die belangrikheid van kommunikasie tussen die vennote in die opvoedingsproses mag nooit onderskat word nie.  Daarom is ouers altyd welkom om met onderwysers te skakel om die vordering van hul kind te bespreek.  Dit is ook in die meerderheid van gevalle meer effektief wanneer al drie vennote, die kind, onderwyser en ouer saam gesels.  Om ’n geleentheid hiervoor te skep, reël ons in die tweede en derde kwartaal ’n ouerbesoekmiddag.  Vanjaar is dit egter onmoontlik om hierdie geleentheid voor Donderdagmiddag 18 April te reël, wanneer die nuwe kwartaal reeds ver gevorder het.

Indien ouers voor hierdie geleentheid met spesifieke onderwysers wil gesels, is hulle meer as welkom om ’n e-pos te stuur of die skool te skakel om so ’n geleentheid te reël.  Die betrokke onderwyser sal dan met julle skakel om ’n afspraak te maak.                                                                   Cobus van Coller

UITNAWEEK

Let asb daarop dat 18 April 2019 uitnaweek is.  Die koshuis sluit Donderdagmiddag (18 April) om 17:00 en sal weer oopgesluit word Maandag (22 April) om 15:00.  Die eerste ete sal dan eers Dinsdagoggend se ontbyt wees.                                                                                                                       Johan Moolman

SPORT

TENNIS

Ruben Joubert is die afgelope Maartvakansie (15 - 19 Maart) genooi na die SA Skoleweek in Pretoria.

Ruben het 4 van sy 6 enkelwedstryde gewen.  By die dubbels het hy 2 uit 4 gewen en ook al sy gemengde dubbels gewen.  Die o.15 Wes-Kaap Uitnodigingspan het 12de uit 16 spanne gekom.

Ruben het ook in sy persoonlike hoedanigheid (27 Maart - 2 April) in Bloemfontein aan die TSA Nationals deelgeneem.  Dit was vir seuns o.16.  (Hy is nog o.15.)  Hy het 3 van sy 5 enkelswedstryde gewen, en in die Goud-afdeling in die semifinaal vir seunsdubbels gespeel.

ATLETIEK

Die afgelope vakansie het ons top atlete deelgeneem aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth en uitstekend presteer.  Jaunu Olivier en Connie Nieuwoudt het beide ‘n silwer medalje verower wat vir hulle vol erekleure gee.  Baie geluk aan hierdie twee seuns.  Bernardo Diedericks, wat nou eers o.14 is, het ‘n skitterende vierde plek behaal in die Spiesgooi seuns o.15.  Andries Truter het ‘n vyfde plek behaal in die Hamergooi seuns o.15.  JC Nothnagel het ‘n sesde plek behaal in die Spiesgooi seuns o.15 en Aldo Rautenbach het ‘n sesde plek behaal in die 800m seuns o.17.  Aldo het ‘n nuwe skoolrekord opgestel met sy tyd van 1:55.58.  Baie geluk Aldo.  Die volledige uitslae is as volg:

Jaunu Olivier

o.19

Hamergooi

56.49m

Silwer medalje

Connie Nieuwoudt

o.15

Hamergooi

48.78m

Silwer medalje

Bernardo Diedericks

o.15

Spiesgooi

58.05m

Vierde plek

Andries Truter

o.15

Hamergooi

45.89m

Vyfde plek

JC Nothnagel

o.15

Spiesgooi

56.28m

Sesde plek

Aldo Rautenbach

o.17

800m

1:55.58

Sesde plek

SKIET

Baie geluk aan Izak Hanekom wat opgeneem is in die Junior Protea Veldskietspan wat vanaf

8 – 12 April in Windhoek gaan deelneem aan ‘n veldskietkompetisie.

Baie geluk ook aan André Müller wat opgeneem is in die SA Jaggeweer Junior Span wat ook volgende week in Windhoek gaan deelneem aan ‘n Internasionale Uitdaagtoernooi.

STOEI

Uli Witte het die afgelope vakansie deelgeneem aan die SA Presidentskampioenskappe in Bellville en ‘n vierde plek behaal in die Grieks-Romeins sowel as die Vrystylafdeling.  Baie geluk Uli.

PIN SHOOTING

Baie geluk aan Albert van Niekerk wat sy provinsiale kleure in Pin Shooting verower het.  Hy neem vanaf 12 tot 14 April deel aan die WP Pin Shooting Kampioenskappe in Kaapstad.

RUGBY

Die afgelope vakansie het ons rugbyspanne aan verskeie toernooie regoor SA deelgeneem.  Ons spanne het uitstekend presteer.  Tydens die Outeniqua-rugbytoernooi in George het ons o.14A-span afgereken met Garsfontein en HTS Middelburg, maar ongelukkig verloor teen Monument.  Die o.15A-rugbyspan het by dieselfde toernooi al drie hulle wedstryde gewen.  Hulle klop vir Outeniqua, Durbanville en Framesby.  Die o.16A-rugbyspan het tydens die Paarl Gimnasium-rugbytoernooi ook baie goeie rugby gespeel en al drie hulle wedstryde gewen.  Hulle klop vir Centurion, Marlow en Monument.  By die jaarlikse Noord/Suid-rugbytoernooi by Hoërskool Garsfontein in Pretoria het ons o.19A-span afgereken met Waterkloof maar verloor teen Helpmekaar.  Ons o.19B-span het ongelukkig beide hulle wedstryde teen Waterkloof en Helpmekaar verloor.  Die o.19A-rugbyspan het vanjaar weer deelgeneem aan die World Schools Festival by Paul Roos.  Hier het ons die eerste dag afgereken met Napier Boys’ High van NZ en op die tweede dag die USA Schools XV-tal geklop.

Dit was ‘n baie suksesvolle vakansie vir ons rugbyspanne en ons sien uit na die seisoen wat voorlê.  Baie dankie aan ons ouers vir hulle ondersteuning tydens hierdie toernooie en dankie ook aan ons seuns vir hulle puik gedrag.

Aangeheg is die volledige uitslae:

HOëRSKOOL OUTENIQUA-RUGBYTOERNOOI

o.14A

Garsfontein

Wen

     27 - 7

o.14A

Monument

Verloor

       5 - 21

o.14A

Waterkloof

Wen

     14 - 12

 

 

 

 

o.15A

Outeniqua

Wen

     14 - 11

o.15A

Durbanville

Wen

     12 - 5

o.15A

Framesby

Wen

     22 - 10

 

 

 

 

PAARL GIMNASIUM-RUGBYTOERNOOI

o.16A

Centurion

Wen

     36 - 5

o.16A

Marlow

Wen

     41 - 7

o.16A

Monument

Wen

     26 - 25

 

 

 

 

NOORD/SUID-RUGBYTOERNOOI - GARSFONTEIN

o.19A

Waterkloof

Wen

     36 - 31

o.19A

Helpmekaar

Verloor

     17 - 64

 

 

 

 

o.19B

Waterkloof

Verloor

     15 - 41

o.19B

Helpmekaar

Verloor

     21 - 26

 

 

 

 

WORLD SCHOOLS FESTIVAL - PAUL ROOS

o.19A

Napier Boys’ High NZ

Wen

     30 - 25

o.19A

USA Schools

Wen

     71 - 3

 

 

 

 

 

BOLAND LANDBOU vs WYNBERG

SATERDAG 6 APRIL 2019

RUGBYPROGRAM

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.19C

09:30

o.14A

08:20

o.19B

10:40

o.15A

09:30

o.19A

12:00

o.16A

10:40

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.19D

08:20

o.16B

08:20

o.15C

09:30

o.14B

09:30

o.19E

10:40

o.15B

10:40

E-VELD   KASTEELBERG

ALFONS

o.19F

08:20

o.14C

08:20

o.16C

09:30

o.14D

09:30

 

 

 

 

KLEEDKAMERS

   A-veld

   Pawiljoen – slegs Boland Landbouspanne

 

   E-veld

   Schalk van der Merwe Tennisklubhuis

 

   Besoekers

   Kleedkamers 2 & 3 te Boland Sentrum

 

   Boland Landbou

   Kleedkamers 4 & 5 te Boland Sentrum

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-04-05