Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 13 VAN 2019

BETALING VAN GELDE

Baie dankie aan almal wat hul skool- en losiesgelde stiptelik betaal.  Moet asseblief nie hiermee agter raak nie. 

Ons wil u net weer bewus maak van direkte inbetalings in ons bankrekening.  Sorg asseblief dat u u seun se toelatingsnommer as verwysing gebruik en NIE slegs SKOOLFONDS of BOLAND LANDBOUSKOOL nie.  Daar is 340 mense wat skoolfonds inbetaal en as ons nie weet van wie af dit kom nie, word dit verkeerdelik geallokeer.  Gebruik die regte verwysings vir elke tipe inbetaling.

Ons maak staat op u vriendelike samewerking.                                                      Lucia Dreyer

SKUURDANS

Die jaarlikse skuurdans vind plaas op Vrydag 31 Mei in die skuur op die plaas.  Vanjaar gaan die formaat ‘n bietjie verander en die vorm van ‘n spitbraai aanneem.  Die spitbraai gaan bestaan uit ‘n broodtafel, skaap en vark gespit met aartappels, slaai en nagereg.  Desmond Wells is die gaskunstenaar wat vir ons die musiek gaan maak.  ‘n Kontantkroeg is beskikbaar en die funksie is ten bate van die matriekafskeid.  Die koste beloop R175 per persoon.  Kaartjies is by Lucia by die finanskantoor beskikbaar.  Kaartjies se geld kan elektronies na die skoolrekening oorbetaal word.  Verwysing:  Van + Skuurdans.  Die kaartjies moet voor die tyd by Lucia afgehaal word.

                                                                                                                          Johan van der Merwe

OVERBERG AGRI BOLAND LANDBOU WYNVEILING 2019

Ons hou ‘n fondsinsamelingsgeleentheid by Boland Landbouskool op Donderdag 06 Junie 2019.

Die doel van hierdie funksie is om geld in te samel vir die ontwikkeling van sport by Boland Landbouskool.

KOSTE

R3 000 per tafel (10 x R300)     20 tafels beskikbaar

TYD

18:30

PLEK

Boland Landbouskool – Boland Sentrum

DRAG

Semi-formeel

ALGEMEEN

Gasspreker:  Dr Jan Boland Coetzee

                         Veiling van wyne en sportitems

                         Driegang maaltyd

Kontak Oloff Bergh by 084 620 3981 om ‘n tafel te bespreek.

Indien daar ouers is wat vir ons kan help met wyn en/of ander skenkings vir hierdie geleentheid, sal ons dit baie waardeer.

By voorbaat dank.  Oloff Bergh

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam + MX-afskeid as verwysing .                        Johan van der Merwe

SPORT

BEPALINGS vs TYGERBERG EN PAULUS JOUBERT

BOLAND LANDBOU vs TYGERBERG EN PAULUS JOUBERT

SATERDAG 27 APRIL 2019

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.16A vs TYG o.16A

09:30

  o.16B vs PJ o.16A

08:20

o.19B vs TYG o.19B

10:40

o.19C vs TYG o.19C

09:30

o.19A vs TYG o.19A

12:00

o.15A vs TYG o.15A

10:40

 

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.19D vs PJ o.19A

08:20

o.14B vs TYG o.14B

08:20

o.19E vs PJ o.19B

09:30

  o.15B vs PJ o.15A

09:30

 

10:40

o.14A vs TYG o.14A

10:40

 

E-VELD   KASTEELBERG

o.15C vs TYG o.15B

08:20

  o.14C vs PJ o.14A

09:30

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-04-26