Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 14 VAN 2019

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolhemde

XL

Gratis

Grys kortbroek

32, 34, 36, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114

R35

Grys langbroek

30

R40

Skooltrui

97, XL, 102, 107, 112, 117, 122

R20

Pullover

46

Gratis

Skoolbaadjie

44

R30

 

38

R80

Skoolsokkies

M

Gratis

Swart oefenbroekie 

S, L, XL

R25

Swart oefenhemp

XS, S

R25

Swart Varsity Cup broek

38

R30

Wit oefenhemp

XL, 3XL, 4XL

R30

Sweetpakbaadjie

XXS

R40

Sweetpakbroek

XL

R40

Wit krieketbroek

XL

R35

Rugby oefentrui

XL

R20

Swart rugbytrui

XL

R35

Swart skrumpet

L

R50

Tokse

Nr 9

R40

Reinet Naudé 072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND (BLOB)

Ons beplan 'n gholfdag te Robertson op 16 Mei 2019.  As jy wil deelneem, pryse borg, dag wil borg of 'n gaatjie wil borg, kan jy vir Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Ons wil dit graag 'n jaarlikse instelling maak en na afloop van die gholf nooi ons alle Bolanders in daardie omgewing om saam met ons te kom kuier.

BLOB nooi ook alle ondersteuners/oud-studente om met elke tuiswedstryd 'n draai in ons klubhuis te kom maak.  Ons het nuwe klerevoorraad en daar is 'n paar interessante dingetjies wat ook nog plaasvind.  Kom loer gerus in tydens die oggendwedstryde en na afloop van die eerste span se wedstryd.

                                                                                                                                            Lizette Molnar

SKUURDANS

Die jaarlikse skuurdans vind plaas op Vrydag 31 Mei in die skuur op die plaas.  Vanjaar gaan die formaat ‘n bietjie verander en die vorm van ‘n spitbraai aanneem.  Die spitbraai gaan bestaan uit ‘n broodtafel, skaap en vark gespit met aartappels, slaai en nagereg.  Desmond Wells is die gaskunstenaar wat vir ons die musiek gaan maak.  ‘n Kontantkroeg is beskikbaar en die funksie is ten bate van die matriekafskeid.  Die koste beloop R175 per persoon.  Kaartjies is by Lucia by die finanskantoor beskikbaar.  Kaartjies se geld kan elektronies na die skoolrekening oorbetaal word.  Verwysing:  Van + Skuurdans.  Die kaartjies moet voor die tyd by Lucia afgehaal word.                                                                                                         Johan van der Merwe

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam + MX-afskeid as verwysing.                                                                             Johan van der Merwe

OVERBERG AGRI BOLAND LANDBOU WYNVEILING 2019

Ons hou ‘n fondsinsamelingsgeleentheid by Boland Landbouskool op Donderdag 6 Junie 2019.

Die doel van hierdie funksie is om geld in te samel vir die ontwikkeling van sport by Boland Landbouskool.

KOSTE

R3 000 per tafel (10 x R300)  20 tafels beskikbaar

TYD

18:30

PLEK

Boland Landbouskool – Boland Sentrum

DRAG

Semi-formeel

ALGEMEEN

Gasspreker:  Dr Jan Boland Coetzee

                       Veiling van wyne en sportitems

                       Driegang maaltyd

Kontak Oloff Bergh by 084 620 3981 om ‘n tafel te bespreek.

Indien daar ouers is wat vir ons kan help met wyn en/of ander skenkings vir hierdie geleentheid, sal ons dit baie waardeer.

By voorbaat dank.  Oloff Bergh

GR 9 EN 10 PA-EN-SEUN ORANJERIVIERROEI

Die gr 9/10 Pa-en-Seun Oranjerivierroei-avontuur gaan definitief voort.  Die datum is 25-29 September 2019.  Dit lyk asof ons ‘n lekker groot groep gaan wees, en jy is welkom om saam te kom.  Belangstellingsbriewe is per e-pos aan al die ouers uitgestuur.

Kort getuienis deur Toit Wessels:  “In my gr 10-jaar het ek en my Pa vir 3 dae op die Oranjerivier geroei.  Vir 3 dae was daar geen televisie, geen selfoon, geen ander familielede en geen ander verpligtinge om by te woon nie.  Dit was net ek en my Pa.  My pa kon ontspan en ons kon gesels soos wat 2 manne met mekaar veronderstel is om te gesels.  Dit was ‘n spesiale tyd en die kwaliteit tyd wat ons tussen die tent opslaan, roei, braai, hengel en swem gehad het, sal ek nooit vergeet nie.  Die avontuur het beslis die verhouding tussen my en my pa versterk.”  (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)                                                                   Toit Wessels

SPORT

BEPALINGS vs BISHOPS

BOLAND LANDBOU VS BISHOPS

SATERDAG 11 MEI 2019

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.15A

08:20

o.16B

08:20

o.19C

09:30

o.16A

09:30

o.19B

10:40

o.14A

10:40

o.19A

12:00

 

 

 

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.19D

08:20

o.19F

08:20

o.19E

09:30

o.15C

09:30

o.16C

10:40

o.15B

10:40

 

E-VELD   KASTEELBERG

ALFONS

o.14B

08:20

o.14D

08:20

 

 

o.14C

09:30

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-05-03