Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 15 VAN 2019

GEDRAG VAN OUERS TYDENS RUGBYWEDSTRYDE

Ons skool het deur die afgelope jare onsself gevestig as ‘n skool met tradisie en karakter en op ander skoolgemeenskappe ‘n indruk gemaak. Ek glo dat dit ‘n indruk is waarop ons met reg trots kan wees. 

Saam met die trots kom daar egter ook ‘n gesamentlike verantwoordelikheid vir ons almal om daarop voort te bou.

Ongelukkig gebeur dit na afloop van Saterdae se wedstryde dat ek klagtes ontvang van afrigters en ouers (van besoekende skole sowel as van ons eie skool) oor sommige ouers se gedrag langs die veld en op die pawiljoen.  Dit is nie net vir ons skoolgemeenskap ‘n verleentheid nie, maar, bo alles, vir die seun van die ouer wat hom of haar hieraan skuldig maak. 

Ek het na afloop van ons laaste tuiswedstryd van ‘n besoekende ouer die volgende terugvoer ontvang:

-      Hulle beskou dit as ‘n groot eer om teen Boland Landbou te kan en mag kompeteer.

-      Hulle kan nie uitgepraat raak oor ons seuns se goeie maniere op en van die veld af nie.

-      Ons spanne is goed afgerig en speel rugby van hoogstaande gehalte en dit was vir hulle seuns ‘n eer om teen ons te kon meeding.

Ongelukkig ook die volgende:

-      Die ouers langs die veld maak negatiewe op- en aanmerkings, nie net teenoor die besoekende skool se ouers nie, maar selfs teenoor die spelers op die veld.

-      Tydens hulle eerste besoek aan ons skool het van die Boland-ouers hulle onwelkom laat voel.

-      Vandat hulle al sedert gr. 1 hul seuns ondersteun langs die sportveld, het hulle nog nooit so ‘n negatiewe ervaring langs die veld beleef nie.

Jammer dat ek hierdie brief aan alle ouers moet rig, ek sal gesprekke voer met individue van wie ek spesifiek bewus gemaak is, maar ek kan uit die aard van die saak nie orals wees en van almal weet nie.

‘n Paar wenke van ons kant af aan ons ouers:

-      Aanvaar dat vir die meeste van ons is ons speeltyd verby!  Dit is nou ons seuns se beurt om te speel soos hulle wil!  Miskien selfs beter as ons in baie gevalle!

-      Moenie saam met die spel op en af langs die veld beweeg nie,  staan op een plek (agter die tou of langs die kantlyn) en geniet die wedstryd!  Indien moontlik is die pawiljoen nog beter!

-      Moet nooit, maar nóóit, die skeidsregter kritiseer nie.  Geen skeidsregter het al ‘n beslissing verander na ‘n opmerking van ‘n toeskouer nie. Inteendeel, dit het al gebeur dat spanne as gevolg daarvan benadeel word.

-      Moenie ‘n opmerking maak teenoor enige speler, eie of opponent, as dit nie ‘n positiewe opmerking is nie. 

-      Moet asb. nie Saterdae se rugbywedstryde gebruik om van frustrasies of aggressie ontslae te raak nie.

Kom ons help ons seuns om te leer om te alle tye as waardige wenners, of as dit die geval mag wees, verloorders, van die veld af te stap.  By voorbaat baie dankie aan alle ouers vir julle positiewe ondersteuning en die opofferings wat julle maak vir julle kinders en die skool.

                                                                                                                                    Cobus van Coller

 

BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND (BLOB)

Ons beplan 'n gholfdag te Robertson op 16 Mei 2019.  As jy wil deelneem, pryse borg, dag wil borg of 'n gaatjie wil borg, kan jy vir Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Ons wil dit graag 'n jaarlikse instelling maak en na afloop van die gholf nooi ons alle Bolanders in daardie omgewing om saam met ons te kom kuier.

BLOB nooi ook alle ondersteuners/oud-studente om met elke tuiswedstryd 'n draai in ons klubhuis te kom maak.  Ons het nuwe klerevoorraad en daar is 'n paar interessante dingetjies wat ook nog plaasvind.  Kom loer gerus in tydens die oggendwedstryde asook na afloop van die eerstespan se wedstryd.                                                                                                                        Lizette Molnar

KOSHUISVERGADERING

Op Vrydag 17 Mei 2019 word ‘n koshuisvergadering in die skoolsaal gehou.  Dit begin 12:00 en sal klaar wees wanneer die skool uitkom.  Indien u enige voorstelle of probleme het, kan u dit daar kom stel.  Indien u dit nie kan bywoon nie, hoef u nie verskoning te maak nie.             Johan Moolman

SKUURDANS

Die jaarlikse skuurdans vind plaas op Vrydag 31 Mei in die skuur op die plaas.  Vanjaar gaan die formaat ‘n bietjie verander en die vorm van ‘n spitbraai aanneem.  Die spitbraai gaan bestaan uit ‘n broodtafel, skaap en vark gespit met aartappels, slaai en nagereg.  Desmond Wells is die gaskunstenaar wat vir ons die musiek gaan maak.  ‘n Kontantkroeg is beskikbaar en die funksie is ten bate van die matriekafskeid.  Die koste beloop R175 per persoon.  Kaartjies is by Lucia by die finanskantoor beskikbaar.  Kaartjies se geld kan elektronies na die skoolrekening oorbetaal word.  Verwysing:  Van + Skuurdans.  Die kaartjies moet voor die tyd by Lucia afgehaal word.

                                                                                                                             Johan van der Merwe

OVERBERG AGRI BOLAND LANDBOU WYNVEILING 2019

Ons hou ‘n fondsinsamelingsgeleentheid by Boland Landbouskool op Donderdag 6 Junie 2019.

Die doel van hierdie funksie is om geld in te samel vir die ontwikkeling van sport by Boland Landbouskool.

KOSTE

R3 000 per tafel (10 x R300)         20 tafels beskikbaar

TYD

18:30

PLEK

Boland Landbouskool – Boland Sentrum

DRAG

Semi-formeel

ALGEMEEN

Gasspreker:  Dr Jan Boland Coetzee

                       Veiling van wyne en sportitems

                       Driegang maaltyd

Kontak Oloff Bergh by 084 620 3981 om ‘n tafel te bespreek.

Indien daar ouers is wat vir ons kan help met wyn en/of ander skenkings vir hierdie geleentheid, sal ons dit baie waardeer.

By voorbaat dank.                                                                                                                Oloff Bergh

  1. 11-OUERS EN -LEERDERS: MATRIEKAFSKEID

Elke gr. 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam + MX-afskeid as verwysing.                                              Johan van der Merwe

  1. GR 9 EN 10 PA-EN-SEUN ORANJERIVIERROEI

Die gr. 9/10 Pa-en-Seun Oranjerivierroei-avontuur gaan definitief voort.  Die datum is 25-29 September 2019.  Dit lyk asof ons ‘n lekker groot groep gaan wees en jy is welkom om saam te kom.  Belangstellingsbriewe is per e-pos aan al die ouers uitgestuur.

Kort getuienis deur Toit Wessels:  “In my gr. 10-jaar het ek en my pa vir drie dae op die Oranjerivier geroei.  Vir drie dae was daar geen televisie, geen selfoon, geen ander familielede en geen ander verpligtinge om by te woon nie.  Dit was net ek en my pa.  My pa kon ontspan en ons kon gesels soos wat twee manne met mekaar veronderstel is om te gesels.  Dit was ‘n spesiale tyd en die kwaliteit tyd wat ons tussen die tent opslaan, roei, braai, hengel en swem gehad het, sal ek nooit vergeet nie.  Die avontuur het beslis die verhouding tussen my en my pa versterk.”  (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)                                                                                             Toit Wessels

SPORT

  1. UITSLAE vs TYGERBERG

Boland Landbou vs Tygerberg & Paulus Joubert   27 April 2019

SPAN

TELLING

SPELER VD WEDSTRYD

o.14C vs Paulus Joubert o.14A

          26 – 17

Albertus Thiart

o.14B vs Tygerberg o.14B

          67 – 7

Nicus van Coller

o.14A vs Tygerberg o.14A

          94 – 0

Kaywin Williams

o.15C vs Tygerberg o.15B

          20 – 5

Andries Baard

o.15B vs Paulus Joubert o.15A

          49 – 7

Joe Bezuidenhoudt

o.15A vs Tygerberg o.15A

          61 – 0

Shauwin Booise

o.16B vs Tygerberg o.16B

          46 – 0

Le  Roux Roos

o.16A vs Tygerberg o.16A

          59 – 0

Gustav Laubscher

o.19E vs Paulus Joubert o.19B

          40 – 0

Daniel Naude

o.19D vs Tygerberg o.19C

          57 – 7

Ashwill Anthony

o.19C vs Paulus Joubert o.19A

          62 – 14

Jaco Otto

o.19B vs Tygerberg o.19B

          55 – 5

Isak Nel

o.19A vs Tygerberg o.19A

          61 – 17

Henri van der Westhuizen

 

  1. BEPALINGS vs BISHOPS

BOLAND LANDBOU VS BISHOPS

SATERDAG 11 MEI 2019

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.15A

08:20

o.16B

08:20

o.19C

09:30

o.16A

09:30

o.19B

10:40

o.14A

10:40

o.19A

12:00

 

 

 

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.19D

08:20

o.19F

08:20

o.19E

09:30

o.15C

09:30

o.16C

10:40

o.15B

10:40

 

E-VELD   KASTEELBERG

ALFONS

o.14B

08:20

o.14D

08:20

 

 

o.14C

09:30

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-05-10