Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 19 VAN 2019

SKUURDANS

Ons wil graag dankie sê vir Yvonne Vervaart, haar span en elkeen wat 'n bydrae gelewer het tot die sukses van die afgelope naweek se skuurdans.  Dit sou nie moontlik gewees het sonder al die ouers se hulp, donasies en ondersteuning nie.  Ons waardeer dit.

           Johan van der Merwe/Lizanne Ferreira

UITREIKGELEENTHEID  18 - 21 JUNIE 2019 (NIE SKOOL VERBONDE)

Manne wat naby aan Boland Landbouskool bly, is welkom om tydens die eerste week van die vakansie (18 - 21 Junie) saam met Toit Wessels aan ‘n uitreik deel te neem.  Die uitreik is ‘n Vakansieklub aangebied by die NG Kerk Agter-Paarl en duur elke dag van 08:30 - 12:30.  Die Vakansieklub is daar om vir laerskoolkinders (7 - 13 jaar oud) wat gedurende vakansies ledig op die plaas sit, iets te bied wat hulle op ‘n opwindende manier besig hou terwyl hulle bedien word met o.a. geestelike boodskappe, speletjies en kos.  Toit benodig manne wat kan help om as fasiliteerders op te tree en wat kan sokker, touchies en ander speletjies met die kinders speel.  Aan die einde van die uitreik ontvang elke “leier” ‘n sertifikaat vanaf die Paarl Jeug Inisiatief, wat op jou CV kan kom.  Kontak asseblief vir Toit Wessels indien jy belangstel, of enige vrae het.  084 240 2916; This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MA-EN-SEUNOGGEND: 30 AUGUSTUS 2019

SAVE THE DATE

MA-EN-SEUNOGGEND

Datum

30 Augustus 2019

Tyd

11:00

Plek

Boland Sentrum

Verdere besonderhede sal later deurgegee word.                                              Johan van der Merwe

SPORT

UITSLAE vs PAARL GIMNASIUM

BOLAND LANDBOU VS PAARL GIMNASIUM

1 JUNIE 2019

SPAN

TELLING

SPELER VD WEDSTRYD

o.14C

  0 – 65

André Malan

o.14B

  7 – 36

Charles du Plessis

o.14A

10 – 16

Jaco Steyn

 

 

 

o.15C

  3 – 27

Ruben Joubert

o.15B

  0 – 45

Francois du Toit

o.15A

10 – 14

Jandré Genis

 

 

 

o.16C

  0 – 40

Wilhelm van Noordwyk

o.16B

5 – 7

Brandon Bantubathi

o.16A

17 – 26

Rudi Willemse

 

 

 

o.19F

  5 – 15

Christiaan van der Merwe

o.19E

  7 – 53

Anro Viviers

o.19D

  5 – 62

JC Visser

o.19C

  0 – 64

Ralph Botha

o.19B

15 – 52

Christoff van Zyl

o.19A

  3 – 59

Marco de Witt

 

WP RUGBY

Baie geluk aan ons seuns wat opgeneem is in die WP-skolerugbyspanne wat gedurende die Junie-vakansie aan die verskillende provinsiale toernooie gaan deelneem.  Die o.18-Cravenweek en Akademieweek vind by Grey College in Bloemfontein plaas en die o.16-Grant Khomoweek vind by die Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas.

WP o.18-Cravenweek

Marco de Witt

WP o.18-Cravenweek XV-tal

Jacques Mostert

Hen-Ko Smuts

WP o.18-Akademiespan

Henri van der Westhuizen

Tarique Pietersen

Canan Moodie

WP o.16-Grant Khomospan

Gustav Laubscher

Jaco Wiehahn

Charl Cronjé

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-06-07