Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 23 VAN 2019

DWELMGEBRUIK

Die skool is tans besig met ‘n ondersoek na dwelmgebruik, meer spesifiek dagga, deur ‘n klein groepie van ons leerders.  Dit is ‘n sensitiewe aangeleentheid wat met die grootste omsigtigheid en verantwoordelikheid hanteer moet word deur almal wat betrokke is by die skool.

Die ontkenning van die probleem sal geen positiewe uitkoms hê vir enige party nie en dus neem ek die vrymoedigheid om u as ouers daaroor in te lig.

Dit sal nie moontlik wees om van die skool se kant af te weet wie almal wel dwelms gebruik nie, maar waar ons wel bewus is daarvan, gaan ons optree volgens die bepalings van die SA Skolewet in hierdie verband.

Die skool se gedragskode, wat gebaseer is op die bostaande wet, bepaal die volgende:

Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk nie tot:

die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtigde dwelms insluitend toestelle wat gebruik word om ongemagtigde dwelms te gebruik, tabak- en elektroniese sigarette, alkohol en bedwelmende middels van enige aard;

Neem asb. kennis van die volgende:

  • Dit is in uitsonderlike gevalle waar leerlinge by die skool begin het om dwelmmiddels te gebruik. Ons ondervinding is dat, as hulle dit hier gebruik, hulle dit reeds voorheen by partytjies of vriende of ouerhuise gebruik het.
  • Leerders is goed ingelig oor hoe die verskillende toetse vir die gebruik van dwelmmiddels werk en wat jy kan doen om die uitslae van die toetse te beïnvloed.
  • Ongelukkig is dwelmmiddels, en veral dagga, vryelik beskikbaar.

Ons is baie bekommerd hieroor en wees verseker dat ons as skool hierdie hartseer saak met die grootste erns en dringendheid hanteer. 

Moedig jul kinders aan om hul vriende reg te kies.  Moedig hul aan om diegene wat hul skuldig maak aan die rook van dagga of enige ander dwelm gebruik, te rapporteer aan die onderwysers sodat daar dringend en daadwerklik teen sulke leerders opgetree kan word.  Nie net soseer om hul te straf nie, maar om hulle te help.

Ons het u as ouer, maar ook elke seun, se samewerking in hierdie verband nodig.

Vir meer inligting lees gerus die onderstaande artikel van ‘n ma wat die effek van dagga in haar seun se lewe ervaar het:

http://blogs.litnet.co.za/maryke-anne/2009/11/30/n-ope-brief-aan-elke-ouer/

MNR BOLAND : 6 AUGUSTUS

Tyd

18:00

Plek

Loubsersaal

Kaartjies

R80.00

Boland leerders

Gratis

 

Kaartjies sal vanaf Vrydag 19 Julie beskikbaar wees en dit kan net by Lucia gekoop word.  Geen besprekings word gemaak nie en geen kaartjies is by die deure beskikbaar nie.           Lizanne Ferreira

MANNEDINEE : 6 AUGUSTUS

Die Dinsdagaand voor Interskole vind ons jaarlikse mannedinee in die Boland Sentrum plaas.  Drag is netjies informeel en die tyd is 18:30 vir 19:00.  Ons is baie bly om aan te kondig dat Hawies Fourie, die nuut aangestelde afrigter van die Cheetahs wat in die PRO 14-kompetisie speel, vanjaar ons gasspreker sal wees.  Daar is ook ‘n wynveiling waar bottels wyn met rugbyspanfoto’s van die spanne wat interskole speel, opgeveil word.  Die Interskole Gholfspan en Interskole Krieketspan se bottels word ook opgeveil.

Die koste beloop R350 per persoon en besprekings kan by Sandra by 021 869 8143 gedoen word. Dit sluit ‘n 3-gang maaltyd en gratis wyn op die tafel in.  Enige belangstellendes is welkom.  Kontak vir Oloff Bergh by 084 620 3981 vir enige navrae.  Die kaartjies se inbetaling kan in die skool se rekening gedoen word.  Verwysing:  Van + Mannedinee.                                                        Oloff Bergh

DAMESAAND : 6 AUGUSTUS

‘n Heerlike 3-gang maaltyd word by Domaine Brahms deur die OOV aangebied.  Die tema is Boeremeisie.  Koste beloop R280.00 per persoon.  Kaartjies kan gekoop word by Mineke Fourie        082 528 4055 of by die snoepie tydens ons tuiswedstryd teen Paul Roos.  Geen kaartjies kan ongelukkig uitgehou word nie.

BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND

BLOB is besig met 'n fondsinsamelingsprojek.  Wen 'n MSC-vaart vir 2 vanaf Durban na Mozambique en terug na Durban vanaf 24 Februarie 2020 tot 28 Februarie 2020 (vlugte ingesluit).  Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie.  Die sluitingsdatum is 6 Augustus 2019.  Die trekking vind plaas by die mannedinee.  Slegs 500 kaartjies is beskikbaar.  Kaartjies kos slegs R250 per kaartjie.  Kontak Lizette Molnar by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.

MA-EN-SEUNOGGEND: 30 AUGUSTUS 2019

 

 Verdere besonderhede sal later deurgegee word.                                              Johan van der Merwe

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam as verwysing.                                                                                       Lizanne Ferreira

MATRIEKS:  PROGRAM VIR LAASTE TWEE WEKE VAN SKOOL

Die WKOD vereis dat alle matriekleerders tot en met 15 Oktober 2019 in die skool sal wees ten einde maksimum onderrigtyd te verseker.

As gevolg hiervan moes ons die volgende aanpassings aan ons jaarprogram maak.

  • Skool heropen: 1 Oktober (Alle leerders.)
  • Matriekafskeid: 4 Oktober

(Tydens 1 - 4 Oktober sal die Septembervraestelle met die matrieks gedurende skooltyd behandel word.)

  • Matrieks Lenteskool: 7 - 10 Oktober (Gedurende en na skool volgens beskikbaarheid van aanbieders.)
  • NSS-eksamen: Vergadering vir alle matrieks asook Matriek saalfunksie:  11 Oktober
  • Normale skooldae: 14 - 15 Oktober
  • Bloktyd vir matrieks begin: 16 Oktober

RUGBY

  1. UITSLAE

BOLAND LANDBOU vs HJS

20 JULIE 2019

SPAN

TELLING

SPELER VD WEDSTRYD

o.14D

  0 - 50

Erich Gilmore

o.14C

  0 - 40

Albert Basson

o.14B

  7 - 45

Liam Vermeulen

o.14A

13 - 8

Malcolm Lamont

o.15C

17 - 10

NJ Gilmore

o.15B

  7 - 19

Jan-Hendrik du Plessis

o.15A

18 - 21

Joe Bezuidenhout

o.16C

  3 - 52

Iain de Villiers

o.16B

  7 - 45

Brandon Bantubathi

o.16A

  0 - 31

Danie Spamer

o.19F

  0 - 31

Aristo Kruger

o.19E

  7 - 40

Alwyn Dippenaar

o.19D

  0 - 83

Anro Viviers

o.19C

14 - 33

Wian Moggee

o.19B

  5 - 53

Wian Smit

o.19A

14 - 60

CJ Snyman

 

  1. BEPALINGS

 

BOLAND LANDBOU vs PAUL ROOS

SATERDAG 3 AUGUSTUS 2019

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.15A

08:20

o.19D

08:20

o.19C

09:30

o.16A

09:30

o.19B

10:40

o.14A

10:40

o.19A

12:00

 

 

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.16B

08:20

o.14B

08:20

o.15C

09:30

o.19E

09:30

o.15B

10:40

o.19F

10:40

E-VELD   KASTEELBERG

ALFONS

o.16D

08:20

o.14D

08:20

o.16C

09:30

o.14C

09:30

 

INTERSKOLE

INTERSKOLEWEEK SE PROGRAM

DAG

TYD 

FUNKSIE

PLEK

MAANDAG

5 Augustus

07:30

 

 

17:30

SKOOLFOTO’S

Sport, Akademie en Kultuur

 

SPANBRAAIE (nie A spanne nie)

Spelers en Afrigters

SKOOLSAAL

 

 

RESERVAAT, WONINGS, PLAAS

DINSDAG

6 Augustus

18:00

 

19:00

MNR BOLAND

 

MANNE-AAND

 

DAMESAAND

SKOOLSAAL

 

BOLAND SENTRUM

 

DOMAINE BRAHMS

WOENSDAG

7 Augustus

19:30

A-SPANNE BRAAI

Spelers en Afrigters (formeel)

BOLAND SENTRUM

 

DONDERDAG

8 Augustus

09:00

TOT

11:00

 

 

11:30

TOT 14:00

GROOT BRAG

Ouers en belangstellendes is welkom

 

 

GHOLFSPELERS VERTREK NA RIVERSDAL

 

 

RUGBYOEFENINGE

 

 

SKOOLSAAL

 

 

 

VRYDAG

9 Augustus

±09:30

 

 

 

 

16:00

GHOLF INTERSKOLE

 

BUSSE MET RUGBYSPELERS VERTREK NA RIVERSDAL

 

Old Boyswedstryd

 

SATERDAG

10 Augustus

08:30

WEDSTRYDE BEGIN

 

OAKDALE LANDBOU SPORTGRONDE

Die ouers wat self Riversdal toe gaan, kan hul seun saamneem na afloop van Donderdag se  rugbyoefeninge.  Die seuns kan ook by ouers of vriende slaap.  Daar is wel slaapplek in Oakdale se koshuise vir die seuns wat nie saam met hul ouers of vriende kan gaan nie.  Daar is ook skoolvervoer na Riversdal vir die wat nie met eie vervoer op Vrydag 9 Augustus gaan nie.  Ons doen ‘n beroep op al ons seuns om teenwoordig te wees.  Geen seun sal Vrydag in ons koshuis agterbly nie.  Etes in ons koshuis sal eers vanaf Saterdagaand bedien word.

Indien u van u seun se vriende, wat nie vervoer het nie, wil saamneem, is dit reg.  Dié seun se ouers moet net vir my laat weet.  Dieselfde met die terugry.                                                Johan Moolman

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-07-26