Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 24 VAN 2019

Artikel - Bladsye

SKOOLFOTO'S MAANDAG

Die fotograwe kom Maandag skoolfoto's van ons seuns neem.  Maak asb. seker dat al die nodige klere en ook provinsiale klere Maandag saam skool toe kom.                                                                      Marilize Jordaan

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolhemde

41, 43, 44

Gratis

Grys kortbroek

36, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114

R35

Skooltrui

92, 97, 102

R20

Pullover

46

107

Gratis

R30

Skoolsokkies

M

R10

Swart oefenbroek

XS, L

R25

Swart oefenhemp

XS, M

R25

Skoolbaadjie

44

R30

Skooldas

 

R15

Wit oefenhemp

M, XL, 3XL, 4XL

R30

Sweetpakbroek

S, XL

R40

Sweetpakbaadjie

M

R45

Wit krieketbroek

S, XL

R35

Rugby oefentrui

L, XL

R20

Rugbykouse

M/L

R20

Atletiekfrokkie

S

R15

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                                              Reinet Naudé

MNR BOLAND : 6 AUGUSTUS

Tyd

18:00

Plek

Loubsersaal

Kaartjies

R80.00

Boland leerders

Gratis

Kaartjies kan by Lucia gekoop word.  Geen besprekings word gemaak nie en geen kaartjies is by die deure beskikbaar nie.                                                                                                                     Lizanne Ferreira

BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND

BLOB is besig met 'n fondsinsamelingsprojek.  Wen 'n MSC-vaart vir 2 vanaf Durban na Mozambique en terug na Durban vanaf 24 Februarie 2020 tot 28 Februarie 2020 (vlugte ingesluit).  Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie.  Die sluitingsdatum is 6 Augustus 2019.  Die trekking vind plaas by die mannedinee.  Slegs 500 kaartjies is beskikbaar.  Kaartjies kos slegs R250 per kaartjie.  Kontak Lizette Molnar by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.

MA-EN-SEUNOGGEND: 30 AUGUSTUS 2019

 

Verdere besonderhede sal later deurgegee word.

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Daar is nog 20-leerders se gelde uitstaande.  Gebruik asseblief u seun se naam as verwysing.

                                                                                                                                           Lizanne Ferreira

MATRIEKS:  PROGRAM VIR LAASTE TWEE WEKE VAN SKOOL

Die WKOD vereis dat alle matriekleerders tot en met 15 Oktober 2019 in die skool sal wees ten einde maksimum onderrigtyd te verseker.

As gevolg hiervan moes ons die volgende aanpassings aan ons jaarprogram maak.

  • Skool heropen: 1 Oktober (Alle leerders.)
  • Matriekafskeid: 4 Oktober

(Tydens 1 - 4 Oktober sal die Septembervraestelle met die matrieks gedurende skooltyd behandel word.)

  • Matrieks Lenteskool: 7 - 10 Oktober (Gedurende en na skool volgens beskikbaarheid van aanbieders.)
  • NSS-eksamen: Vergadering vir alle matrieks asook Matriek saalfunksie:  11 Oktober
  • Normale skooldae: 14 - 15 Oktober
  • Bloktyd vir matrieks begin: 16 Oktober

RUGBY

BEPALINGS

BOLAND LANDBOU vs PAUL ROOS

SATERDAG 3 AUGUSTUS 2019

A-VELD   PAARDEBERG

B-VELD   GROENBERG

o.15A

08:20

o.19D

08:20

o.19C

09:30

o.16A

09:30

o.19B

10:40

o.14A

10:40

o.19A

12:00

 

 

C-VELD   TAFELBERG

D-VELD   PAARLBERG

o.16B

08:20

o.14B

08:20

o.15C

09:30

o.19E

09:30

o.15B

10:40

o.19F

10:40

E-VELD   KASTEELBERG

ALFONS

o.16C

09:30

o.14D

08:20

 

 

o.14C

09:30

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-08-02