Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 27 VAN 2019

PRYSUITDELING – BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak ‘n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit by ontvangs ingee.                                                  Ronél Bernardo

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R600/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Anna Joubert: Jannie Joubert 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Lucia te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Die sluitingsdatum is 20 Oktober 2019.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                                                                     Johan van der Merwe

GROEPFOTO’S

Alle groepfoto’s word op een koevert bestel.  Merk die groep duidelik en skryf die naam op die koevert.  Sit asseblief die regte bedrag in die koevert.  MOET ASSEBLIEF NIE DIE GELD IN DIE SKOOLREKENING INBETAAL NIE.                                                                         Marilize Jordaan

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Die besoeke is vir ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle baie welkom.  Ons moet die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê. Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 18:30.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede, asook lede van die berheerliggaam en bestuurslede van die Boland Landbou Ondersteunersbond bygewoon.

STREEK

DORP

DATUM

TYD

PLEK

KONTAKPERSOON

Breedevallei

Robertson

Woensdag

11 September

18:00 vir 18:30

Bodega De Vinho

Restaurant

ROOIBERG WYNKELDER

Vicky Falck

Sel no. 083 650 3028

 

Lana-Mare Steyn

Sel no. 084 626 1112

Overberg

Caledon

Woensdag

18 September

18:00 vir 18:30

NG Kerk Moedergemeente

Kerksaal

Anna de Kock

Sel no. 082 499 0229

Weskus / Swartland

Hopefield

 

Woensdag

16 Oktober

18:00 vir 18:30

Hopefield Sportklub

Wade Theron

Sel no. 082 771 8910

 

MATRIEKOUERAAND

 

Kaartjies is by Lucia by die finanskantoor beskikbaar tot 20 September 2019.  Kaartjies se geld kan elektronies na die skoolrekening oorbetaal word.  Verwysing:  MxOueraand + Van.  Stuur asseblief bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om jou bespreking te bevestig.

SEWES RUGBY

Die afgelope Saterdag het ons o.15- en o.17-sewesrugbyspanne aan die Hoërskool Bredasdorp se 7’s-toernooi deelgeneem.  Ons o.17-span was in ‘n groep saam met HTS Drostdy, Melkbosstrand en Jakes Gerwel.  Ons het tweede geëindig in die groep en het toe in die Plaatafdeling gespeel.  Daarna klop ons vir Overberg in die plaat semi-finaal en in die finaal klop ons vir Swartland 43 – 12 en wen dus die Plaatkompetisie.

Ons o.15-sewesspan het in dieselfde groep as Emil Weder en Paarl Gimnasium gespeel.  Ons eindig tweede in die groep en speel in die plaat semi-finaal teen Hermanus.  Ons verloor 17 – 19 teen Hermanus.

Hier is die volledige uitslae.

UITSLAE o.17

OPPONENT

TELLING

Jakes Gerwel

24 - 0

Melkbosstrand

34 - 12

HTS Drostdy

0 - 26

Overberg

21 - 17

Swartland

43 - 12

 

UITSLAE o.15

OPPONENT

TELLING

Emil Weder

48 - 0

Paarl Gim

19 - 20

Hermanus

17 - 19

IERLAND RUGBYTOER 2021

Ons beplan ‘n rugbytoer met die o.17A- & B-rugbyspanne gedurende die Septembervakansie van 2021.  Hierdie spanne behoort die kern te vorm van 2022 se o.19A- & B-spanne.  Die groep van 35 spelers sal aan die begin van 2021 gekies word.  Die span sal uit die huidige graad 8- & 9-leerders bestaan.  Die matrieks van 2021 sal nie op hierdie toer gaan nie.  Dit sal die graad 10- en 11-seuns van 2021 wees wat vir hierdie toer gekies sal word.

Op Donderdag 19 September, wanneer die skool vir ons leerders sluit, wil ons graag ‘n vergadering met die huidige graad 8- en 9-ouers hou.  Hierdie vergadering sal in die skoolsaal gehou word en sal stiptelik om 11:30 begin.

Die toerprogram en toerkostes sal dan bespreek word.  Dit is belangrik dat soveel as moontlik ouers hierdie vergadering bywoon, want ons moet besluit of ons wil toer, of nie.

Travel en Sport se verteenwoordiger sal dit ook bywoon om u vrae te beantwoord.

Vir navrae kontak vir Oloff Bergh by 084 620 3981.

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-08-30