Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 29 VAN 2019

LEIERS 2019/2020

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) en Matriekraad vir die 2019/2020-termyn.  Ons is baie trots op hulle en sien uit om hul ontwikkeling as leiers dop te hou. 

VRL

Gr 9

Gr 10

Gr 11

Gr 12

Du Plessis Charles

Dreyer Freddie

Geyser Emile

De Witt Marco

Gelderbloem Ethan

Genis Jandre

Spamer Danie

Nel Isak

Steyn Jaco

Van Wyk Hannes

Van Santen Jurian

Snyman CJ

MATRIEKRAAD

Botha Ralph

Nel Isak

De Witt Marco

Snyman CJ

Engelbrecht Van Zyl

Steyn Luhan

Jones Johandré

Van Blerk Dewalt

Kruger Aristo

Van der Westhuizen Henri

                                                                                                                                             Hein Jordaan

GR 12-KOSHUISPREFEKTE

Botha Ralph

Moodie Canan

De Witt Marco

Nel Isak

Du Plessis Rynhardt

Snyman CJ

Engelbrecht Van Zyl

Steyn Luhan

Ferreira Seth

Swartz Triveno

Haasbroek Arno

Theron Jacques

Jones Johandre

Van Blerk Dewalt

Krüger Aristo

Van der Westhuizen Henri

Loots Kurt

Vorster Zandré

GR 11-KOSHUISPREFEKTE

Brink Niel

Spamer Danie

De Villiers Hannes

Swart Ryno

Geyser Emile

Van Santen Jurian

Lotz Marcus

Vlok Anton

Pansegrouw Dawie

 

                                                                                                                                       Johan Moolman

MA-EN SEUNOGGEND

Namens al die seuns van Boland Landbou en die personeel, sê ons weereens dankie aan Anneke Pansegrouw, Reinet Naudé en Laetitia Fourie vir al hul harde werk agter die skerms om die Ma-en seunoggend so ‘n reusesukses te maak.  Ons hartlike dank gaan aan Feedem vir die heerlike eetgoed.  Dit was soos altyd keurig voorberei en voorgesit.  Die sentrum was prentjiemooi en die gesellige saamkuier was iets besonders!

Baie dankie ook vir ons gasspreker, Johan Laten, se aandeel om ‘n sensitiewe onderwerp op so ‘n besonderse manier oor te gedra het.  Dit was goed!                                Johan van der Merwe

PRYSUITDELING – BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak ‘n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit by ontvangs ingee.

                                                                                                                                        Ronél Bernardo

FOTO’S

Alle groepfoto’s word op een koevert bestel.  Merk die groep duidelik en skryf die naam op die koevert.  Sit asseblief die regte bedrag in die koevert.  MOET ASSEBLIEF NIE DIE GELD IN DIE SKOOLREKENING INBETAAL NIE.                                                           Marilize Jordaan

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R600/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Anna Joubert: Jannie Joubert 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Lucia te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Die sluitingsdatum is 20 Oktober 2019.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                           Johan van der Merwe

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Die besoeke is vir ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle baie welkom.  Ons moet die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê. Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 18:30.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede, asook lede van die berheerliggaam en bestuurslede van die Boland Landbou Ondersteunersbond bygewoon.

STREEK

DORP

DATUM

TYD

PLEK

KONTAKPERSOON

Breedevallei

Robertson

Woensdag

11 September

18:00 vir 18:30

Bodega De Vinho

Restaurant

ROOIBERG WYNKELDER

Vicky Falck

Sel no. 083 650 3028

 

Lana-Mare Steyn

Sel no. 084 626 1112

Overberg

Caledon

Woensdag

18 September

18:00 vir 18:30

NG Kerk Moedergemeente

Kerksaal

Anna de Kock

Sel no. 082 499 0229

Weskus / Swartland

Hopefield

 

Woensdag

16 Oktober

18:00 vir 18:30

Hopefield Sportklub

Wade Theron

Sel no. 082 771 8910

 

MATRIEKOUERAAND

 

Kaartjies is by Lucia by die finanskantoor beskikbaar tot 20 September 2019.  Kaartjies se geld kan elektronies na die skoolrekening oorbetaal word.  Verwysing:  MxOueraand + Van.  Stuur asseblief bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om jou bespreking te bevestig.

GRAAD 9 OUERAAND:  DONDERDAG 24 OKTOBER 2019

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 24 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.

                                                                                                                                       Marilize Jordaan

BEGROTING 2020

Ons is tans besig om die begroting vir 2020 te finaliseer en wil u nou reeds herinner aan die Ouervergadering wat op Vrydag 25 Oktober om 12:30 in die skoolsaal gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                              Irma Greyling

IERLAND RUGBYTOER 2021

Ons beplan ‘n rugbytoer met die o.17A- & B-rugbyspanne gedurende die Septembervakansie van 2021.  Hierdie spanne behoort die kern te vorm van 2022 se o.19A- & B-spanne.  Die groep van 35 spelers sal aan die begin van 2021 gekies word.  Die span sal uit die huidige graad 8- & 9-leerders bestaan.  Die matrieks van 2021 sal nie op hierdie toer gaan nie.  Dit sal die graad 10- en 11-seuns van 2021 wees wat vir hierdie toer gekies sal word.

Op Donderdag 19 September, wanneer die skool vir ons leerders sluit, wil ons graag ‘n vergadering met die huidige graad 8- en 9-ouers hou.  Hierdie vergadering sal in die skoolsaal gehou word en sal stiptelik om 11:30 begin.

Die toerprogram en toerkostes sal dan bespreek word.  Dit is belangrik dat soveel as moontlik ouers hierdie vergadering bywoon, want ons moet besluit of ons wil toer, of nie.

Travel en Sport se verteenwoordiger sal dit ook bywoon om u vrae te beantwoord.

Vir navrae kontak vir Oloff Bergh by 084 620 3981.

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-09-06