Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 30 VAN 2019

PRYSUITDELING – BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak ‘n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit by ontvangs ingee.                                                                                                                                        Ronél Bernardo

FOTO’S

Alle groepfoto’s word op een koevert bestel.  Merk die groep duidelik en skryf die naam op die koevert.  Sit asseblief die regte bedrag in die koevert.  MOET ASSEBLIEF NIE DIE GELD IN DIE SKOOLREKENING INBETAAL NIE.                                                           Marilize Jordaan

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R600/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Anna Joubert: Jannie Joubert 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Lucia te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Die sluitingsdatum is 20 Oktober 2019.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                           Johan van der Merwe

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Die besoeke is vir ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle baie welkom.  Ons moet die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê. Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 18:30.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede, asook lede van die berheerliggaam en bestuurslede van die Boland Landbou Ondersteunersbond bygewoon.

STREEK

DORP

DATUM

TYD

PLEK

KONTAKPERSOON

Overberg

Caledon

Woensdag

18 September

18:00 vir 18:30

NG Kerk Moedergemeente

Kerksaal

Anna de Kock

Sel no. 082 499 0229

Weskus / Swartland

Hopefield

 

Woensdag

16 Oktober

18:00 vir 18:30

Hopefield Sportklub

Wade Theron

Sel no. 082 771 8910

MATRIEKOUERAAND

 

Kaartjies is by Lucia by die finanskantoor beskikbaar tot 20 September 2019.  Kaartjies se geld kan elektronies na die skoolrekening oorbetaal word.  Verwysing:  MxOueraand + Van.  Stuur asseblief bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om jou bespreking te bevestig.

GRAAD 9 OUERAAND:  DONDERDAG 24 OKTOBER 2019

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 24 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.                                                                                                                                       Marilize Jordaan

BEGROTING 2020

Ons is tans besig om die begroting vir 2020 te finaliseer en wil u nou reeds herinner aan die Ouervergadering wat op Vrydag 25 Oktober om 12:30 in die skoolsaal gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                              Irma Greyling

IERLAND RUGBYTOER 2021

Ons beplan ‘n rugbytoer met die o.17A- & B-rugbyspanne gedurende die Septembervakansie van 2021.  Hierdie spanne behoort die kern te vorm van 2022 se o.19A- & B-spanne.  Die groep van 35 spelers sal aan die begin van 2021 gekies word.  Die span sal uit die huidige graad 8- & 9-leerders bestaan.  Die matrieks van 2021 sal nie op hierdie toer gaan nie.  Dit sal die graad 10- en 11-seuns van 2021 wees wat vir hierdie toer gekies sal word.

Op Donderdag 19 September, wanneer die skool vir ons leerders sluit, wil ons graag ‘n vergadering met die huidige graad 8- en 9-ouers hou.  Hierdie vergadering sal in die skoolsaal gehou word en sal stiptelik om 11:30 begin.

Die toerprogram en toerkostes sal dan bespreek word.  Dit is belangrik dat soveel as moontlik ouers hierdie vergadering bywoon, want ons moet besluit of ons wil toer, of nie.

Travel en Sport se verteenwoordiger sal dit ook bywoon om u vrae te beantwoord.

Vir navrae kontak vir Oloff Bergh by 084 620 3981.

MARIUS SCHOEMAN 7’S-TOERNOOI

Ons o.15- en o.17-sewesrugbyspanne het ook vanjaar aan die gewilde Marius Schoeman 7’s-toernooi by Paarl Gimnasium deelgeneem.  Ons o.15-span het uitstekende 7’s-rugby gespeel.  Ons klop vir HTS Drostdy en Hermanus in die groepfase, klop daarna die Gim Uitnodigingspan in die kwartfinaal en vir HJS Paarl in die semi-finaal.  Ons verloor toe ongelukkig in die finaal teen die gasheer, Paarl Gimnasium.  Ons o.17-span het in die plaat semi-finaal teen Paul Roos verloor.

DROOGTEHULP

Die Droogtehulpprojek is 'n nie-winsgewende organisasie wat al van middel 2017 af bestaan.

Daar word elke week vragmotors met vragte voer na die droogtegeteisterde gebiede geneem om vir die mense van daardie areas weer HOOP te gee.

Ons weet almal is nie in staat om 'n vrag voer te kan skenk nie.  Daarom neem ons enige skenkings en waardeer dit opreg.

Waarmee u kan help, is om:

  1. Die boodskap te versprei (dit is die belangrikste).
  2. Geldelike bydrae te maak by die onderstaande rekening.
  3. Skenkings te maak van: klere, kos, sanitêre items, medisyne, ensovoorts.

Die bankbesonderhede waar finansiële bydraes gemaak kan word is:

DROOGTEHULP MET BURRE BURGER

FIRST NATIONAL BANK

ACC NO: 62721858522

TYPE: CHEQUE

BRANCH NO: 200406, VT

SWIFT CODE: FIRNZAJJ

REFERENCE: DROOGTEHULP

Die kontakpersoon  by die droogtehulpprojek is Juanet du Toit.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

078 518 1083

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-09-13