Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 31 VAN 2019

KLEREDRAG EN DAGROOSTER

Die skool heropen Dinsdag 1 Oktober 2019 om 07:30.  Dag 3 se rooster word gevolg.

Somersdrag word vanaf Dinsdag 1 Oktober gedra.  Die seuns moet wintersdrag skool toe bring ter wille van die prysuitdeling.  Alle seuns se voorkoms moet volgens ons reëls wees.  Ons maak staat op elkeen se samewerking.                                                                 Johan Moolman

PRYSUITDELING – BEKERS

Alle bekers wat nog nie terug is nie, moet asseblief na die vakansie teruggebring word.

         Ronél Bernardo

KLEREWINKEL (PêRELSPORT)

Die klerebank sal elke Dinsdag tot en met Dinsdag 12 Novenber 2019 normale tye oop wees:  17:00 – 17:30.

Daarna sal nuwe ouers geakkommodeer word.  Indien daar enige navrae is, kan u my gerus kontak by 021 872 9661.                                                                              Pierre Schoeman

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolhemde

41, 43, 44

Gratis

Grys kortbroek

36, 100, 102, 104, 106, 108, 110, 112, 114

R35

Skooltrui  

92, 97, 102

R20

Pullover

46

Gratis

Skoolsokkies

M

R10

Swart oefenbroek   

XS, L

R25

Swart oefenhemp

XS, M

R25

Skoolbaadjie

44

R30

Skooldas

 

R15

Wit oefenhemp

M, XL, 3XL, 4XL

R30

Sweetpakbaadjie

XXXS

R45

Wit krieketbroek

S, XL

R35

Rugby oefentrui

L, XL

R20

Rugbykouse

M/L

R20

Atletiekfrokkie

S

R15

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104.

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Die besoeke is vir ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle baie welkom.  Ons moet die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê. Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 18:30.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede, asook lede van die berheerliggaam en bestuurslede van die Boland Landbou Ondersteunersbond bygewoon.

STREEK

DORP

DATUM

TYD

PLEK

KONTAKPERSOON

Weskus / Swartland

Hopefield

 

Woensdag

16 Oktober

18:00 vir 18:30

Hopefield Sportklub

Wade Theron

Sel no. 082 771 8910

GRAAD 9 OUERAAND:  DONDERDAG 24 OKTOBER 2019

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 24 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.

                                                                                                                                       Marilize Jordaan

BEGROTING 2020

Ons is tans besig om die begroting vir 2020 te finaliseer en wil u nou reeds herinner aan die Ouervergadering wat op Vrydag 25 Oktober om 12:30 in die skoolsaal gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                              Irma Greyling

SPORT

ATLETIEK

Ons skool se top atlete neem weer deel aan die jaarlikse Hoërskool Punt top 10-Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 21 September plaasvind.  Ons het twee spanne vir hierdie byeenkoms ingeskryf.  Baie sterkte aan al ons atlete, mnr Marnitz Jacobs en me Marilize Jordaan wat hulle vergesel.

TENNIS

Ons eerste tennisspan gaan gedurende die laaste naweek van die vakansie op ‘n oefenkamp na Stellenbosch waar hulle sal tuisgaan by SAS (Stellenbosch Akadmie vir Sport).  Hierdie oefenkamp dien as voorbereiding vir ons jaarlikse o.18-tennisfees wat op Vrydag 4 Oktober tot Saterdag 5 Oktober gehou word.  Sterkte aan hierdie manne met hulle voorbereiding en afrigter Willie van Zyl wat hulle vergesel.                                                                      Johan van der Merwe

JEUGSKOU

Wilhelm van Noordwyk neem gedurende die vakansie deel aan die SA Jeugskou Kampioenskappe in Vryburg .  Baie sterkte Wilhelm!

                                                                                                                                        Handró le Roux

DROOGTEHULP

Die Droogtehulpprojek is 'n nie-winsgewende organisasie wat al van middel 2017 af bestaan.

Daar word elke week vragmotors met vragte voer na die droogtegeteisterde gebiede geneem om vir die mense van daardie areas weer HOOP te gee.

Ons weet almal is nie in staat om 'n vrag voer te kan skenk nie.  Daarom neem ons enige skenkings en waardeer dit opreg.

Waarmee u kan help, is om:

  1. Die boodskap te versprei (dit is die belangrikste).
  2. Geldelike bydrae te maak by die onderstaande rekening.
  3. Skenkings te maak van: klere, kos, sanitêre items, medisyne, ensovoorts.

Die bankbesonderhede waar finansiële bydraes gemaak kan word is:

DROOGTEHULP MET BURRE BURGER

FIRST NATIONAL BANK

ACC NO: 62721858522

TYPE: CHEQUE

BRANCH NO: 200406, VT

SWIFT CODE: FIRNZAJJ

REFERENCE: DROOGTEHULP

Die kontakpersoon  by die droogtehulpprojek is Juanet du Toit.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

078 518 1083

 

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-09-20