Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 32 VAN 2019

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R600/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Anna Joubert: Jannie Joubert 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Lucia te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Die sluitingsdatum is 20 Oktober 2019.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                                                                                  Johan van der Merwe

PRYSUITDELING:  WOENSDAG 9 OKTOBER 2019

Die jaarlikse prysuitdeling word op Woensdag 9 Oktober 2019 in die Loubsersaal by die skool gehou.  Ons nooi alle ouers hartlik uit om hierdie besonderse geleentheid saam met ons te kom deel.  Die verrigtinge sal stiptelik om 19:00 begin.

Alle ouers word uitgenooi na 'n geselligheid in die Boland Sentrum na afloop van die prysuitdeling.

                                                                                                                                          Marilize Jordaan

KLEREWINKEL (PêRELSPORT)

Die klerebank sal elke Dinsdag tot en met Dinsdag 12 Novenber 2019 normale tye oop wees:  17:00 – 17:30.

Daarna sal nuwe ouers geakkommodeer word.  Indien daar enige navrae is, kan u my gerus kontak by                   021 872 9661.                                                                                                                 Pierre Schoeman

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Die besoeke is vir ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle baie welkom.  Ons moet die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê. Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier vanaf 18:30 saam.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede, asook lede van die beheerliggaam en bestuurslede van die Boland Landbou Ondersteunersbond bygewoon.

STREEK

DORP

DATUM

TYD

PLEK

KONTAKPERSOON

Weskus / Swartland

Hopefield

 

Woensdag

16 Oktober

18:00 vir 18:30

Hopefield Sportklub

Wade Theron

Sel no. 082 771 8910

GRAAD 9 OUERAAND:  DONDERDAG 24 OKTOBER 2019

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 24 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.

                                                                                                                                          Marilize Jordaan

BEGROTING 2020

Ons is tans besig om die begroting vir 2020 te finaliseer en wil u nou reeds herinner aan die Ouervergadering wat op Vrydag 25 Oktober om 12:30 in die skoolsaal gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                                                           Irma Greyling

SPORT

ATLETIEK

Boland Landbou se Top 20-atletiekspan het op 21 September aan die Mosselbaai/Punt Top 10-byeenkoms deelgeneem.  Die seuns het by Hartenbos ATKV se Strandoord oorgeslaap.  Ons behaal ‘n derde plek uit 37 hoërskole wat deelgeneem het.  Daar het 76 spanne deelgeneem.  Baie geluk en baie dankie aan al die atlete wat deelgeneem het!

Die volgende seuns het uitstekende prestasies gelewer:

-      Jaunu Olivier eerste plek in Hamergooi seuns o.19 met ‘n afstand van 50,72m

-      Emile Geyser eerste plek in 400m seuns o.17 met ‘n tyd van 51,51sek

-      Aldo Rautenbach eerste plek in 800m seuns o.17 met ‘n tyd van 2:01;00 sek

-      JC Nothnagel tweede plek in Spiesgooi seuns o.15 met ‘n afstand van 52,65m

-      Connie Nieuwoudt eerste plek in Hamergooi seuns o.15 met ‘n afstand van 42.97m

-      Hannes van Wyk tweede plek in Hamergooi seuns o.15 met ‘n afstand van 42.42m

-      Franco Nolan derde plek in Gewigstoot seuns o.15 met ‘n afstand van 13.92m

-      Angelo Daniels derde in 800m seuns o.15 met ‘n tyd van 2:11;30 sek

-      Schalk van Schalkwyk derde in Diskus seuns o.17 met ‘n afstand van 46.40m

-      Keanan Wentzel derde plek in Hoogspring seuns o.17 met ‘n hoogte van 1.65m

                                                                                                                                            Marnitz Jacobs

TENNIS

Alle tenniswedstryde begin Maandag 7 Oktober.  ALLE tennisspelers moet asb Maandag hulle tennis-rakette en -klere by die skool hê.                                                                                       Ronél Bernardo

J N B VAN COLLER

Wnd SKOOLHOOF

2019-10-04