Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 4 VAN 2020

BOLAND LANDBOU OESFEES 2020

Ons Boland Landbou Oesfees vind vanjaar op 6 en 7 Maart plaas.  Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 42 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 5 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 28 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 09:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:10 vs Brackenfell speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!

Gebruik die volgende skakel om u feesbydrae aanlyn in te vul. KLIEK HIER vir feesbydrae vorm                                        Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 6 MAART

Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir Lizanne Ferreira by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word en sal vanaf 17 Februarie beskikbaar wees.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie.  Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                             Lizanne  Ferreira

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 5 Maart 2020 om 18:00 tot 8 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe by die tennisklubhuis beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Johan Moolman - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.Ons aanvaar slegs besprekings per e-pos.  Geen leerders mag die Donderdag- en Vrydagaand daar oorslaap nie.                                                                                                Johan Moolman

LEWENDE HAWE

Ons is op soek na lewende hawe vir die vleistafel - slegs lam, skaap of bees.  Ons sal graag wil hê dat die diere voor/op 27 Februarie by die skool afgelaai moet word.  Kontak my by 083 321 9568 of mnr Hein Jordaan by                    074 952 3137 sodat ons die nodige reëlings kan tref.  Ons het regtig u hulp in die verband nodig.

                                                                                                                                      Johan van der Merwe

GROENTETAFEL

Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig.  U kan gerus met hom in verbinding tree (082 255 6327 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).  Renier Grobbelaar help met die vrugte en die vervoer daarvan (082 801 4010 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 11-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by sdpThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak.                            Schoeman du Preez

BRUNCH:  SATERDAG – 7 MAART 2020

TYD

08:30 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R70.00

Kaartjies is beskikbaar by die Finanskantoor vanaf Vrydag 14 Februarie, asook die oggend by die deur.  Ons wil u egter aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar is.  Indien kaartjies per EFT aangekoop word, stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. – verw:  Naam en van/brunch.

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                        Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

LOSGOEDVERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te skenk.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                             Marilize Jordaan

GEBAK- EN ALLERLEI TAFEL

Tydens die Boland Landbou Oesfees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Dankie by voorbaat.                                                                                                              Marilize Jordaan

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART TYDENS BOLAND LANDBOU OESFEES

Vrydag 6 Maart 2020            -           14:00 – 15:30 Boland Landbou Oesfees

Saterdag 7 Maart 2020          -           09:00 – 10:30 Boland Landbou Oesfees

Rugbyklere nou reeds beskikbaar.                                                                                         Pierre Schoeman

SPORTUITSLAE

TENNIS

Ruben Joubert het die naweek van 1 en 2 Februarie aan die WP Mini 1 deelgeneem  Hy het uitstekend gevaar, die nommer 1 gekeurde uitgeskakel, maar ongelukkig in die finaal verloor.  Ruben en sy dubbelsmaat het ook die dubbels van die toernooi gewen.  Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.

Verder is Ruben ook opgeneem in die Boland-tennisspan.  Boland Landbou is baie trots op sy tennisster!

INTERSKOLE-TENNIS : VRYDAG 31 JANUARIE 2020

o.19A

Oakdale

3 – 3 (verloor met I stel)

Ruben Joubert en Hannnes de Villiers wen hul enkels en dubbels

o.19B

Oakdale

0 – 5

o.15A

Oakdale

0 – 6

o.15B

Oakdale

0 – 6

 

TENNIS : MAANDAG 3 FEBRUARIE 2020

o.19B

Hoërskool Hugenote

4 – 2 wen

Jan-Dirk Coetzee, Christoff Fourie en Estian Boshoff wen hulle wedstryde

 

1 – 5 verloor

Estian Boshoff het sy wedstryd 8 – 6 gewen

o.15B

HJS o.15B

5 – 1 wen

Stefan Conradie, Anrich Lume en JD van Deventer wen hul enkels en almal wen die dubbelswedstryde

TENNIS : DINSDAG 4 FEBRUARIE 2020

o.19A

Paarl Gim

6 – 0 wen

Ruben Joubert 8 – 1

Hannes de Villiers 8 – 3

Lian Slabber 8 – 3

Freddie Pyper 8 – 3

 

Ruben/Hannes 8 – 1

Freddie/Lian 8 - 6

                                                                                                                                                 Marlette van Wyk

KRIEKET

Die volledige uitslae is aangeheg.

KRIEKETUITSLAE:  :  - 31 JANUARIE - 6 FEBRUARIE 2020

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.19A

Noordheuwel

20 Beurte

6 Februarie

92/7

94/3

Wian Smit 42

Danie Spamer 30

Noordheuwel

wen met 7

paaltjies

o.19A

Helpmekaar

20 Beurte

6 Februarie

Wedstryd afgestel agv reën.

o.14A

Hottentots Holland

20 Beurte

5 Februarie

25/0

24/10

Su-Agen Kuiler 6/3

Boland wen met 10 paaltjies

o.19B

Stellenbosch HUB

20 Beurte

5 Februarie

63/2

62/10

Naude Prinsloo 3/13

Jaco Wiehan 26

Boland wen met 6 paaltjies

o.15B

Stellenbosch HUB

20 Beurte

6 Februarie

63/10

64/2

 

SH wen met 8 paaltjies

o.19A

Oakdale

50 Beurte

31 Januarie

193/10

117/10

Nicholas Swart 61

Rudnicht Moses 3/14

Boland wen met 76 lopies

o.15A

Oakdale

45 Beurte

31 Januarie

186/9

167/10

Stefan Conradie 70

Ryno Brink 3/16

Boland wen met 19 lopies

o.14A

Oakdale

30 Beurte

31 Januarie

87/7

86/10

Jordan Solomons 3/11

Evan Coetzee 26

Boland wen met 3 paaltjies

o.19B

Oakdale

30 Beurte

31 Januarie

211/10

165/10

Andries Baard 53

JH Snyman 4/35

Boland wen met 46 lopies

o.19C

Oakdale

20 Beurte

31 Januarie

123/3

121/4

Daniel de Kock 2/16

Schalk v Schalkwyk 50

Boeta Moolman 48

Boland wen met 8 paaltjies

o.15B

Oakdale

20 Beurte

31 Januarie

123/4

121/8

Anrich Lume 3/22 & 56

Boland wen met 6 paaltjies

                                                                                                                                                   Handró le Roux

ATLETIEK

Ons het die afgelope naweek aan ons jaarlikse interskole massa byeenkoms teen Oakdale deelgeneem.  Daar was  uitstekende prestasies.

Beste o.14-baanatleet was Dwayne Minnies, 100 m met 11.60 - interskolerekord.  Dwayne het ook die 200 m interskolerekord verbeter met ‘n tyd van 24.10.

Beste o.15-baanatleet Dewald De Villiers met sy 100 mH in ‘n tyd van 14.40.

Beste o.17-baanatleet Emile Geyser 400 m met ‘n tyd van 50,30 en ook nuwe interskolerekord.   Emile het ook die 100 m interskolerekord verbeter na 11.06 en die 200 m rekord verbeter na 22.10.

Beste mans o.19-veldatleet Marco De Witt met hamergooi in ‘n afstand van 51,77 m.

Dale Martin het ook die seuns o.15 100 m interskolerekord verbeter met ‘n tyd van 11,5.  Dale het ook die 200 m interskolerekord verbeter met ‘n tyd van 23,5.

OUDERDOM

BOLAND

OAKDALE

o.14

102

183

o.15

193

179

o.17

149

224

o.19

122

250

TOTAAL

566

836

Boland wen 20 goue medaljes, 26 silwer en 30 brons.

Ons wens al die seuns wat aan die Boland Sentraalbyeenkoms op 7 en 8 Februarie gaan deelneem, sterkte toe asook ons Top 10-atlete wat op 12 Februarie aan Pretoria se Tuks Top 10 gaan deelneem.  Maak ons trots!

S J HARTMAN

SKOOLHOOF