Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 5 VAN 2020

Die MAX Mondskerms is weer beskikbaar teen 'n goedkoper tarief. Ouers wat belangstel om vir hulle seuns hierdie mondskerms te bestel, moet dit aanlyn doen by https://teams.maxmouthguards.co.za. Gebruik die afslag koepon kode: bahs.

MAX besoek ons skool op Dinsdag 18  en Dinsdag 25 Februarie vanaf 18:00 - 19:00. Die afdrukke word in die sitkamer by die koshuis gedoen.

Maak asb seker van hoe die proses werk hieronder.

KING PRICE LANDBOU OESFEES 2020

Ons Boland Landbou Oesfees vind vanjaar op 6 en 7 Maart plaas.  Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 42 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 5 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 28 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 09:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:10 vs Brackenfell speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!

Gebruik die volgende skakel om u feesbydrae aanlyn in te vul. KLIEK HIER vir feesbydrae vorm                                         Manie Smit

MEJ BOLAND – VRYDAG 6 MAART

Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir Lizanne Ferreira by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word en sal vanaf 17 Februarie beskikbaar wees.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie.  Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.                                             Lizanne  Ferreira

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 5 Maart 2020 om 18:00 tot 8 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe by die tennisklubhuis beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Johan Moolman - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.Ons aanvaar slegs besprekings per e-pos.  Geen leerders mag die Donderdag- en Vrydagaand daar oorslaap nie.                                                                                                Johan Moolman

LEWENDE HAWE

Ons is op soek na lewende hawe vir die vleistafel - slegs lam, skaap of bees.  Ons sal graag wil hê dat die diere voor/op 27 Februarie by die skool afgelaai moet word.  Kontak my by 083 321 9568 of mnr Hein Jordaan by                    074 952 3137 sodat ons die nodige reëlings kan tref.  Ons het regtig u hulp in die verband nodig.

                                                                                                                                      Johan van der Merwe

GROENTETAFEL

Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig.  U kan gerus met hom in verbinding tree (082 255 6327 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).  Renier Grobbelaar help met die vrugte en die vervoer daarvan (082 801 4010 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 11-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by sdpThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak.                            Schoeman du Preez

BRUNCH:  SATERDAG – 7 MAART 2020

TYD

08:30 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R70.00

Kaartjies is beskikbaar by die Finanskantoor vanaf Vrydag 14 Februarie, asook die oggend by die deur.  Ons wil u egter aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar is.  Indien kaartjies per EFT aangekoop word, stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. – verw:  Naam en van/brunch.

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                        Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

LOSGOEDVERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te skenk.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                             Marilize Jordaan

GEBAK- EN ALLERLEI TAFEL

Tydens die Boland Landbou Oesfees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Dankie by voorbaat.                                                                                                              Marilize Jordaan

 

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART TYDENS BOLAND LANDBOU OESFEES

Vrydag 6 Maart 2020            -           14:00 – 15:30 Boland Landbou Oesfees

Saterdag 7 Maart 2020          -           09:00 – 10:30 Boland Landbou Oesfees

Rugbyklere nou reeds beskikbaar.                                                                                         Pierre Schoeman

SPORTUITSLAE

ATLETIEK

Die Top 10 het Woensdag 12 Februarie aan die “Fit Gen Tuks Top 10-Atletiek” byeenkoms in Pretoria deelgeneem waar daar 128 skole en meer as 1600 atlete deelgeneem het.  Boland Landbou kom 4de in die seunsafdeling, Affies seuns was 1ste, Menloparkseuns 2de en King Edward 3de.  Die resultate was uitstekend en ons is baie trots op hierdie manne.

NAAM

OUDERDOM

ITEM

TYD/AFSTAND

PLEK

Dwayne Minnies

o.14

 

100 m

200 m

11,34

22,76

 

1

1 (Byeenkoms- en skoolrekord)

Dewald De Villiers

o.15

o.15

300 mH

100 mH

40,87

13,71

3

4

Dale Martin

o.15

 

200 m

400 m

23,2

53,27

5

5

Connie Nieuwoudt

o.16

Hamergooi

46.36 m

1

Andries Truter

o.16

Hamergooi

44,69 m

3

Freddie Dreyer

o.16

 

110 mH

400 mH

14,59

58,18

3

5

Adriano Prag

o.16

 

200 m

400 m

22,7

52,1

6

4

Emile Geyser

o.17

 

100 m

400 m

10.9

49.6

3

3

Schalk van Schalkwyk

o.17

Gewigstoot

15,71 m

5

Marco De Witt

o.19

Hamergooi

52,36 m

1

Luhan Steyn

o.19

Diskus

42,32 m

11

Aldo Rautenbach

o.19

Myl

4,40;21

12

TENNIS

TENNIS : MAANDAG 10 FEBRUARIE 2020

o.15A

HJS

2 – 4 verloor

Marcus Naudé wen enkels.

DW Venter en Neil Boshoff wen dubbels.

o.15B

Hugenote

6 – 0 wen

                                                                                                                                                 Marlette van Wyk

 

S J HARTMAN

SKOOLHOOF