Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 6 VAN 2020

Die MAX Mondskerms is weer beskikbaar teen 'n goedkoper tarief. Ouers wat belangstel om vir hulle seuns hierdie mondskerms te bestel, moet dit aanlyn doen by teams.maxmouthguards.co.za. Gebruik die afslagkoeponkode bahs.

MAX besoek ons skool op Dinsdag 25 Februarie vanaf 18:00 - 19:00. Die afdrukke word in die sitkamer by die koshuis gedoen.

Maak asb seker van hoe die proses werk hieronder.

 

KING PRICE BOLAND LANDBOU OESFEES 2020

Ons Boland Landbou Oesfees vind vanjaar op 6 en 7 Maart plaas.  Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.

Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 42 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel.  U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël.  Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word.  Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees.  Kom kuier gerus saam.  Ons gaan 5 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent.  Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun.  Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 28 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 09:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:10 vs Brackenfell speel.

Algemene reëlings

Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan.  Almal moet teenwoordig wees!! 

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!

Gebruik die volgende skakel om u feesbydrae aanlyn in te vul.                                                                              Elke kind/gesin moet ‘n vorm voltooi al is dit ‘n nulopgawe.
https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=dLijXBHAXUqza9haHCU65XQmX-ibKdJBjFBGvLEN61FUQ084UUJQRENLS1BHMkpZUjFVMUw2UlIwQS4u                                         Manie Smit

BANKBESONDERHEDE                                                                                                                                     Boland Landbouskool. ABSA - 632 005, Tjekrekening - 400 390 304.  Stuur bewys van betalings aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MEJ BOLAND – VRYDAG 6 MAART

Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir Lizanne Ferreira by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.  Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word en is reeds beskikbaar.  Indien kaartjies per EFT aangekoop word, stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. – verw:  Naam en van/Mej Boland.  Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie.  Koste beloop R70 per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by.

                                                                                                                                            Lizanne Ferreira

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK

Kampeerplekke is vanaf 5 Maart 2020 om 18:00 tot 8 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos  R200/nag.  Daar is slegs toilet- en stortgeriewe by die tennisklubhuis beskikbaar.  Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie.  Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir mense wat aan die skool verbonde is.  Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp.  Vir bespreking en verdere inligting, kontak Johan Moolman - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.Ons aanvaar slegs besprekings per e-pos.  Geen leerders mag die Donderdag- en Vrydagaand daar oorslaap nie.                                                                                                Johan Moolman

LEWENDE HAWE

Ons is op soek na lewende hawe vir die vleistafel - slegs lam, skaap of bees.  Ons sal graag wil hê dat die diere voor/op 27 Februarie by die skool afgelaai moet word.  Kontak my by 083 321 9568 of mnr Hein Jordaan by                    074 952 3137 sodat ons die nodige reëlings kan tref.  Ons het regtig u hulp in die verband nodig.

                                                                                                                                      Johan van der Merwe

GROENTETAFEL

Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig.  U kan gerus met hom in verbinding tree (082 255 6327 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).  Renier Grobbelaar help met die vrugte en die vervoer daarvan (082 801 4010 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 11-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by sdpThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak.                            Schoeman du Preez

BRUNCH:  SATERDAG – 7 MAART 2020

TYD

08:30 – 11:30

PLEK

BOLAND SENTRUM

KAARTJIES

R70.00

Kaartjies is beskikbaar by die Finanskantoor, asook die oggend by die deur.  Ons wil u egter aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar is.  Indien kaartjies per EFT aangekoop word, stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. – verw:  Naam en van/brunch.

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir ʼn ander funksie.                                                                                                        Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

LOSGOEDVERKOPING

Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te skenk.  Ons het 'n winskoop-tafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop.  Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan.  Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik weer baie handig vind.

                                                                                                                                             Marilize Jordaan

GEBAK- EN ALLERLEI TAFEL

Tydens die Boland Landbou Oesfees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word.  Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk.  Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik is sonder skenkings nie.  Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word.  Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word.  Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Dankie by voorbaat.                                                           Marilize Jordaan

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART TYDENS BOLAND LANDBOU OESFEES

Vrydag 6 Maart 2020            -           14:00 – 15:30 Boland Landbou Oesfees

Saterdag 7 Maart 2020          -           09:00 – 10:30 Boland Landbou Oesfees

Rugbyklere nou reeds beskikbaar.                                                                                         Pierre Schoeman

 

SPORTUITSLAE

TENNIS

Die afgelope naweek het Boland Landbou aan die 10de Groot 5-Tennistoernooi in Nelspruit deelgeneem.  Boland Landbou het algeheel vierde geëindig, twee posisies beter as verlede jaar.  Die uitslae was as volg:

TENNIS : MAANDAG 17 FEBRUARIE 2020

SPAN

OPPONENT

UITSLAG

PRESTASIE

o.19A

Affies B

5 -4

Ruben Joubert, Hannes de Villiers,Lian Slabber en Jan-Dirk Coetzee wen hul enkels.

Ruben en Hannes wen ook hulle dubbels.

o.19A

HTS Middelburg

1 - 8

Slegs Lian Slabber wen sy enkels.

o.19A

Hoërskool Monument

8 – 1

Hannes de Villiers, Lian Slabber, Jan-Dirk Coetzee, Freddie Pyper , en James Coetzee wen hul enkels. 

Ruben en Hannes, Liam en Freddie, Jan-Dirk en Christoff Fourie wen hulle dubbels.

o.19A

Nelspruit

1 - 8

Lian en Freddie wen hulle dubbels

Die toernooi is gewen deur Affies A, HTS Middelburg was 2de en Nelslpruit 3de.  ‘n Uitstaande kenmerk van ons span was weereens hul veggees wat hul deurentyd openbaar het.                                     Johan van der Merwe

TENNIS : MAANDAG 17 FEBRUARIE 2020

SPAN

OPPONENT

UITSLAG

o.15A

HJS

6 – 0 wen

o.15B

Gim

5 – 1 wen

o.19C

HJS

1 – 5 verloor

                                                                                                                                                 Marlette van Wyk

KRIEKET

Die volledige uitslae is aangeheg.

KRIEKETUITSLAE:  :  - 14 FEBRUARIE - 20 FEBRUARIE 2020

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.19A

Paarl Gim

40 Beurte

20 Februarie

191/10

174/10

Wian Smit 68

Gustav Laubscher 3/37

Boland wen met 17 lopies

o.15A

Paarl Gim

20 Beurte

20 Februarie

122/9

173/6

Dewald de Villiers 46

Paarl Gim wen met 51 lopies

o.14A

Paarl Gim

40 Beurte

18 Februarie

111/10

105/10

Jeanro Minnaar 17*

Jordan Solomons 3/13

Boland wen met 6 lopies

o.19B

Paarl Gim

20 Beurte

20 Februarie

117/8

117/5

Jaco Wiehahn 27

Stefan de Klerk 1/15

Boland wen met hoeveelheid grenshoue

o.19C

Paarl Gim

20 Beurte

20 Februarie

42/10

143/3

Almar Jacobs 12

Paarl Gim wen met 101 lopies

o.15B

Paarl Gim

20 Beurte

18 Februarie

75/7

179/6

Gerrit Brynard 3/29

Paarl Gim wen met 105 lopies

o.14B

Paarl Gim

20 Beurte

18 Februarie

89/7

93/6

Lohann Louw 2/6

Ethan Downing 29

Paarl Gim wen met 4 lopies

                                                                                                                                                   Handró le Roux

 

S J HARTMAN

SKOOLHOOF