Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 7 VAN 2020

BETALING VAN SKOOL- EN LOSIESGELDE
Ons herinner u daaraan dat einde Februarie die tyd is wat ons ten minste een maand se skoolfonds en losiesgeld moes ontvang. Moet asseblief nie hiermee agterstallig raak nie. Die van u wat nog wil kwalifiseer vir R1 000 korting, moet asseblief ook u betaling vir die hele jaar nou doen. Ons maak staat op u vriendelike same-werking.

MAART-EKSAMEN
Aangeheg is die Maart-eksamerooster met die skryftye. Sterkte met die voorbereiding!

KING PRICE BOLAND LANDBOU OESFEES 2020
Ons Boland Landbou Oesfees vind volgende naweek plaas. Soos u weet, is die doel van die fees om fondse te in en om as Bolandfamilie saam te verkeer.
Die naweek begin Vrydagmiddag 14:30 met 42 laerskoolrugbyspanne wat op ons velde wedstryde speel. U ondersteuning vir hierdie wedstryde sal waardeer word.

Terwyl die laerskoolwedstryde aan die gang is, word verskeie aktiwiteite vir ons seuns op die terrein gereël. Daar sal ook vleis- en groenteverkope in die tent wees.

Vrydagaand is ons seuns by Mej Boland in die skoolsaal en ons ouers, asook enige ander belangstellendes, by ‘n gesellige braai wat op die terrein tussen die OOV-kiosk en Boland Sentrum gehou word. Braaipakke word te koop aangebied en kroegfasiliteite sal beskikbaar wees. Kom kuier gerus saam. Ons gaan 5 artikels tydens die braai opveil.

Saterdagoggend het ons weer vleis- en groenteverkope in die tent. Dit is baie gewild en ons wil u aanmoedig om die tafels te ondersteun. Daar word ook ‘n laat-ontbyt in die Boland Sentrum gehou.

Daar sal 28 hoërskoolrugbywedstryde vanaf 09:30 plaasvind met ons o.19A-span wat die hoofwedstryd om 14:10 vs Brackenfell speel.

Algemene reëlings
Daar word van u seun verwag om Vrydagaand in die koshuis te bly en eers Saterdag na afloop van die rugby huis toe te gaan. Almal moet teenwoordig wees!!

Ons het elke seun, ouer en personeellid se entoesiasme en opoffering nodig om van hierdie fees ‘n sukses te maak – ons glo dit is moontlik!!

Gebruik die volgende skakel om u feesbydrae aanlyn in te vul.

Elke kind/gesin moet ‘n vorm voltooi al is dit ‘n nulopgawe.
https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=dLijXBHAXUqza9haHCU65XQmXibKdJBjFBGvLEN61FUQ084UUJQRENLS1BHMkpZUjFVMUw2UlIwQS4u Manie Smit

BANKBESONDERHEDE
Boland Landbouskool. ABSA - 632 005, Tjekrekening - 400 390 304. Stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MEJ BOLAND – VRYDAG 6 MAART
Enige iemand wat asseblief betrokke wil raak d.m.v. donasies of skenkings, kontak asseblief vir Lizanne Ferreira by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

As gevolg van die kapasiteit van die saal is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.
Dit moet vooraf by Lucia by die finanskantoor gekoop word en is reeds beskikbaar.

EFT aangekoop word, stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. – verw: Naam en van/Mej Boland. Geen kaartjies word die aand by die deure verkoop nie en ongelukkig kan ons nie u plekke vooraf reserveer nie. Koste beloop R70per persoon en Bolandseuns woon die geleentheid gratis by. Lizanne Ferreira

LOSGOEDVERKOPING
Ons vra weer vir ouers om tweedehandse bruikbare goedere vir ons te skenk. Ons het 'n winskooptafel waar ons ou goed wat steeds in bruikbare kondisie is, gaan verkoop. Almal het 'n "ekstra" van een of ander item wat net in die pad staan. Bring dit gerus vir ons, iemand anders kan dit moontlik
weer baie handig vind.
Marilize Jordaan

KAMPERING TYDENS FEESNAWEEK
Kampeerplekke is vanaf Donderdag 5 Maart 2020 om 18:00 tot Sondag 8 Maart om 10:00 beskikbaar op die E-rugbyveld en kos R200/nag. Daar is slegs toilet- en stortgeriewe by die tennisklubhuis beskikbaar. Let wel daar word nie elektrisiteit voorsien nie. Die kampeerplekke is slegs beskikbaar vir
mense wat aan die skool verbonde is. Slegs oudskoliere, wat ouers van die skool is, kan daar kom kamp. Vir bespreking en verdere inligting, kontak Johan Moolman - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Ons aanvaar slegs besprekings per e-pos. Geen leerders mag die Donderdag- en Vrydagaand daar
oorslaap nie. J
ohan Moolman

GROENTETAFEL
Baie dankie aan Pieter Theron en sy span wat aangebied het om die organisasie van die tafel te behartig. U kan gerus met hom in verbinding tree (082 255 6327 / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Ons benodig asseblief die hulp van die gr 11-ouers vir Vrydag en Saterdag om die tafel te beman.

Vir enige addisionele reëlings of vrae, is u welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ons sien daarna uit om saam met u ‘n groot sukses van die tafel te maak. Schoeman du Preez

BRUNCH: SATERDAG – 7 MAART 2020

TYD 08:30 – 11:30
PLEK BOLAND SENTRUM
KAARTJIES R70.00

Kaartjies is beskikbaar by die Finanskantoor, asook die oggend by die deur. Ons wil u egter aanmoedig om betyds ontbytkaartjies te koop aangesien daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar is. Indien kaartjies per EFT aangekoop word, stuur bewys van betaling aan Lucia Dreyer by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. – verw: Naam en van/brunch.

Ouers wat items wil skenk vir die ontbyt by die oesfees kan dit voor of op Vrydag 6 Maart by die koshuis se kombuis aflewer. Sê asb vir die personeel dit is vir die oesfees se ontbyt. Ons waardeer enige skenkings.

Geen ontbyt sal na 11:30 bedien word nie, vanweë die feit dat die lokaal gereed gemaak moet word vir
ʼn ander funksie
. Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

GEBAK- EN ALLERLEI TAFEL
Tydens die Oesfees sal daar 'n Allerleitafel Saterdagoggend wees waar enige gebak, ingemaakte produkte, snuisterye, ens. verkoop word. Ons kon nog altyd staatmaak op ons ouers vir die heerlikste eetgoed en mooi handwerk. Enige bydrae sal baie waardeer word, aangesien hierdie tafel nie moontlik
is sonder skenkings nie. Nie-bederfbare produkte kan in die week voor die fees na die skool gestuur word. Bederfbare produkte moet verkieslik die Saterdagoggend by die tafel afgegee word. Vir enige verdere navrae kan u 'n e-pos stuur na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dankie by voorbaat.
Marilize Jordaan

KLEREWINKEL : TYE VIR MAART TYDENS BOLAND LANDBOU OESFEES

Vrydag 6 Maart 2020
Saterdag 7 Maart 2020
-
-
14:00 – 15:30
09:00 – 10:30

Rugbyklere nou reeds beskikbaar. Pierre Schoeman

SPORTUITSLAE
KRIEKET
Die volledige uitslae is aangeheg.

KRIEKETUITSLAE: : 21 FEBRUARIE - 26 FEBRUARIE 2020

SPAN OPPONENT PRESTASIE
HLB
PRESTASIE
OPPONENT
INDIVIDUELE
PRESTASIE
FINALE
UITSLAG
o19A HS Swartland
20 Beurte
25 Februarie
146/3 132/6 Niel Brink 51
Jurian v Santen 3/20
Boland wen
met 14 lopies
o19A HS Strand
20 Beurte
26 Februarie
131/4 122/6 Wian Smit 75 Boland wen
met 9 lopies
o15A HS Strand
20 Beurte
26 Februarie
193/6 23/10 Stefan Conradie 60
Marius du Plessis 4/5
Boland wen
met 170
lopies

Handró le Roux

SJ HARTMAN

SKOOLHOOF

2020-02-28