Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 3 VAN 2018

EKSAMENKONSESSIES (EKSTRA TYD, VOORLESERS, ens): GRAAD 8 - 12

Die WKOD het ‘n baie strenger keuringsproses in plek gestel vir die toestaan van akkommodasies vanaf 2016.  Indien u seun in die verlede gekwalifiseer het vir ‘n konsessie, beteken dit nie dat hy dit weer in 2018 sal kry nie. Alle aansoeke moet dus hernu word en deur die skool en WKOD goedgekeur word.  Die sluitingsdatum vir aansoeke om eksamenkonsessies, soos bv. ekstra tyd, voorlesers, amanuensis, ens. vir graad 8 tot 12 moet by die skool ingehandig word voor/op 23 Februarie 2018.

Let asb. daarop dat die skool slegs hierdie konsessies kan toestaan tydens amptelike eksamens, d.w.s. tydens die Junie- of Novembereksamens.

Prosedure vir aansoek om ʼn konsessie

Om aansoek te doen om toegewings, moet 'n uitvoerige professionele verslag van 'n mediese dokter, paramedikus of sielkundige, asook ander ondersteunende bewyse (toetsuitslae, eksamenuitslae, ens.) die toepaslike aansoekvorm vergesel.

Aansoekvorms is by my beskikbaar.  Kontak my gerus indien u enige verdere navrae het –

e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..                                                                             Cobus van Coller

VAKVERANDERINGE

Volgens die regulasies van die onderwysdepartement mag graad 10 - 11-leerlinge ‘n maksimum van twee vakke verander in hul huidige jaar.  Die sluitingsdatum vir graad 11 is 31 Maart en vir graad 10 is dit 30 Junie 2018.

                                                                                                                                      Cobus van Coller

CAPE GOLD INTER HIGH ATHLETICS

Op Vrydag 16 Februarie neem ons top 36 atlete deel aan die eerste Wes Kaap ‘Cape Gold’ Atletiekbyeenkoms.  Hierdie byeenkoms is gebaseer op dieselfde formaat as die Varsity Cup Atletiekreeks.  Die volgende skole neem hieraan deel:  Boland Landbou, HJS Paarl, Paarl Gimnasium, HTS Drostdy, Stellenberg, Bellville, La Rochelle en Hoër Meisieskool Paarl.  As deel van HJS se 150 jarige feesvieringe, is hulle vanjaar die gasheerskool en word die byeenkoms gehou in die Paarl by Dal Josaphat Stadion.  Die byeenkoms begin om 14:00 en die laaste item begin om 20:40.

                                                                                                                                                Oloff Bergh

BOLAND LANDBOU ONDERSTEUNERSBOND (BLOB)

  1. BLOB se Algemene Jaarvergadering vind plaas op 1 Maart 2018 om 18:30 in die BLOB Klubhuis. Ons nooi alle oudstudente, nuwe ouers en ondersteuners om hierdie vergadering by te woon.  Na afloop van die vergadering sal daar iets te ete wees.
  1. Tydens die skool se kermis in Maart sal daar Boland Landbou Ondersteunersklere in BLOB se Klubhuis te koop wees.
  1. Indien daar ouers is wat belangstel om aan te sluit by BLOB, kan hul vir Lizette Molnar kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.             Lizette Molnar

OUERSKAPSGESPREKKE

Wie wil ek as ouer vir my kind wees? Wat is die belangrikste bydrae wat ek as ouer tot my kind se lewe kan maak?  Hierdie is onder andere van die vrae wat ons wil bespreek. Dit is ‘n geleentheid vir ouers om in ‘n oop gesprek saam te gesels oor verskillende aspekte van ouerskap.  Ons sal gesels oor byvoorbeeld: My tiener en sy selfoon; Verandering; Tienerliefde; Groepsdruk; Liggaamskwessies. Tydens die gesprek sal daar iets te drinke wees en teen die tyd wat die skool uitkom, sal die gesprek klaar wees.

Jy is welkom!

Datums: 

  • 16 Februarie 12:30-13:30 (Tennis Klubhuis)
  • 23 Februarie 12:00-13:00 (Tennis Klubhuis)
  • 2 Maart 12:30-13:30 (Tennis Klubhuis)
  • 9 Maart 12:30-13:30 (Tennis Klubhuis)

Kontak my gerus vir enige navrae

Toit Wessels (084 240 2916) of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.                                          Toit Wessels

OLD MUTUAL INSURE AGRI FEESPAKKETTE

Die OM Agrifees is ons enigste fondsinsameling van die jaar en daarom verwag ons van elke leerling om groot moeite te doen om soveel as moontlik kaartjies te verkoop.  Ons maak staat op elkeen se samewerking.

1. Uitdeel

1.1  Elke leerling het geteken vir die boekie(s) wat hy ontvang het.  Hy is dus verantwoordelik vir die inbetaling van R300 per boekie.  Die gr 8’s het hulle boekies op die 1ste skooldag ontvang.

1.2  Geen leerling mag sy boekie oordra aan ʼn ander leerling nie.

1.3  Indien ʼn leerling sy boekie verloor, is hy verantwoordelik vir die volle bedrag van R400.

2. Invordering

2.1  Die finanskantoor het versoek dat soveel as moontlik inbetalings elektronies in die skool se bankrekeing gedoen word: ABSA Rekeningnr 400 390 304 Verwysing: naam/lootjies.  Ons weet dit is nie altyd moontlik nie, daarom kan kontant by die klasonderwysers inbetaal word.  Dit sal baie waardeer word en baie dankie daarvoor.

2.2  Alle inbetalings moet voor 09:00 op Donderdag 8 Maart gedoen word.  Dit is ‘n week voor die OM Agrifees, wat op 16 en 17 Maart plaasvind.

2.3  Daar word van elke leerling verwag om sy hele boekie te verkoop - R300 vir die skool en R100 vir homself.                                                                                                      Marlette van Wyk

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Blou overall baadjie (kort moue)

36

R25

Skoolhemp

Nr 38+

R15

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Grys Skoolsokkies

Klein

R15

Skooltrui

36, 92, 97, 102, 112, 117, 122

R50

“Pullover”

122

R45

Sweetpakbaadjie

M, L

R50

Sweetpakbroek

2XL

R50

Swart sport/oefenhemp

XS, M, 3XL

R30

Swart sport/oefenbroekie

S,XL,2XL

R30

Swart Varsity Cupbroekie

30

R60

Rugbysokkies

Groot

R30

Skoolskoene

Nr 12

R60

Reinet Naudé

072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

SPORT

VERSLAG VAN INTERSKOLE ATLETIEK

Op Saterdag 3 Februarie het 135 atlete teen Oakdale deelgeneem.  Alhoewel ons die atletiek Interskole verloor het, het 32 seuns hulle persoonlike beste prestasie bereik in hulle onderskeie items. 

Van hulle was:  Yorique Agullhas S o.17 110mH, met ‘n tyd van 15.70 sek,

        Jaunu Olivier S o.17 Hamergooi, met ‘n afstand van 56,52m,

        JP du Plessis S o.15 Hamergooi, met ‘n afstand van 44,97m en

        Franco Nolan S o.14 Gewigstoot, met ‘n afstand van 12.77m.

VERSLAG VAN PMW ATLETIEK

Op Dinsdag 6 Februarie het ons deelgeneem aan die jaarlikse PMW-atletiekbyeenkoms by die Dal Josaphat Stadion teen Hugenote, Swartland en Worcester Gimnasium.  Ons het hierdie byeenkoms gewen.  Worcester Gim was tweede,  Hugenote derde en Swartland in die vierde plek.  

Ons uitblinkers op die dag was:  Aldo Rautenbach - S o.17 800m, met ‘n tyd van 1.59 sek,

             Sebastian de Klerk - S o.19 200m, met ‘n tyd van 22,80 sek,

             Andries du Toit - S o.14 400m, met ‘n tyd van 60,15 sek,

             Stefan du Preez - S o.14 Hoogspring, met ‘n hoogte van 1.67m,

             Dieter Mohr - S o.15 Diskus, met ‘n afstand van 48,40m en Gewigstoot, met ‘n afstand van 14,19m.

JP du Plessis het die byeenkomsrekord vir S o.15 Hamergooi verbeter met ‘n afstand van 48,47m en Franco Nolan het die S o.14 Gewigstoot rekord verbeter met ‘n afstand van 12,79m.

Ons seuns het baie karakter gewys in die o.19 4x400m item  Ons is nou die rekordhouers in hierdie item met ‘n tyd van 3 min 35 sek.  Die span het bestaan uit:  Walmar Schutte, Jason Roux, Hanro-Daniël van der Merwe en Sebastian de Klerk.  

Ons Top 10 atlete neem hierdie naweek aan die HS Sentraal Top 20 atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deel.  Die spanlede is:  Sebastian de Klerk, Yorique Agullhas, Marco de Witt, Boeta Moolman, Aldo Rautenbach, Stefan Nortje, Rudi Willemse, Keithan Oliphant, Dieter Mohr en Franco Nolan.  Baie sterkte aan mnr Marnitz Jacobs en sy span.            Oloff Bergh

TENNIS

Interskole uitslae

o.19A verloor 2 – 4

o.19B wen 5 – 1

o.15A verloor 2 – 4

o.15B verloor 6 – 0

Toernooie

Ons bied vanjaar vir die 11de keer die Boland Landbou o.15 toernooi aan.  Daar neem 10 skole deel:  Paarl Gim, HJS, Paul Roos, Oakdale, Marlow, Charlie Hofmeyr, Parel Vallei, Hugenote, Menlopark en Boland Landbou.

Ons o.19A-span is by die Groot 5 Toernooi wat deur Hoërskool Nelspruit aangebied word.  Hulle het verlede jaar naelskraps in die finaal teen HTS Middelburg verloor en ons hoop hulle kan vanjaar die beker huis toe bring.

Ons wens alle spelers ‘n suksesvolle tennisnaweek toe.                                              Irma Greyling

KRIEKET

Die volledige uitslae is aangeheg.

KRIEKETUITSLAE:  30 JANUARIE 2018  -  8 FEBRUARIE

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.15B

Labori

20 beurte

30 Jan 2018

124/5

61/2

Marcus Lotz 52

Boland wen met 63 lopies

o.19A

Oakdale

40 beurte

2 Feb 2018

119/10

75/10

Wian Smit 28

Charl Cronjé 4/21

Boland wen met 44 lopies

o.19B

Oakdale

30 beurte

2 Feb 2018

102/5

99/10

Danté Casius 26*

Boland wen met 5 paaltjies

o.19C

Oakdale

20 beurte

2 Feb 2018

76/5

75/10

 

Boland wen met 5 paaltjies

o.15A

Oakdale

45 beurte

2 Feb 2018

77/5

75/10

Jaco Engelbrecht 38*

James Barnard 2/4

Boland wen met 5 paaltjies

o.15B

Oakdale

20 beurte

2 Feb 2018

37/10

38/1

 

Boloand verloor met 9 paaltjies

o.14A

Oakdale

30 beurte

2 Feb 2018

92/10

168/10

 

Boland verloor met 76 lopies

o.19B

Paarl Gim

20 beurte

7 Feb 2018

143/8

164/2

Danté Casius 46

Boland verloor met 21 lopies

o.19C

Paarl Gim

20 beurte

8 Feb 2018

111/10

223/2

Jimmy Faber 54*

Boland verloor met 112 lopies

o.15B

Paarl Gim

20 beurte

8 Feb 2018

31/3

30/10

Nardus Schoeman 5/7

Boland wen met 7 paaltjies

o.14A

Paarl Gim

20 beurte

7 Feb 2018

46/10

158/0

 

Boland verloor met 112 lopies

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-02-09


BYLAE 1

Die Eksteen-familie, met oudskoliere, pa en seun, Bartho en Pieter Willem aan die spits, bied skoliere die geleentheid om deel te word van ‘n unieke wynakademie vir skoliere.  Ons doel is om ‘n liefde vir die terroir, die basiese vaardighede van wynmaak en die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan oor te dra aan die volgende generasie ten einde ‘n loopbaankeuse te maak.

 

Besoek gerus ons website www.wijnskool-academy.co.za.

 

U seun stel belang om deel te wees.

Die jaargeld is R4500 en is betaalbaar met registrasie.

Die seuns word as volg ingedeel. 10 per witwyngroep, 10 per rooiwyngroep en 10 per vonkelwyngroep. “First come, first serve”.  Hulle kan na ‘n jaar wissel indien hulle sou wou voortgaan.

 

Die jaarprogram sluit in:

‘n Volle parsdag

- Deelname aan alle wynmaakaktiwiteite

- Lesings

- Uitstappies

- Eksamen

- Prysuitdeling

 

Alle kinders, sowel as ouers, word deel van ‘n WhatsApp-groep.  Alle aktiwiteite word hierop gesirkuleer.  Die ouers sal kan aflei hoe aktief hul kinders wel is.  Ons sal wel van vanjaar af ‘n bywoningsregister hou.

 

Laat weet asseblief so spoedig moontlik, aangesien die hitte die rypwording vinnig aanhelp.  Ons pars Vrydag vonkelwyn.

 

 

 

Groete

Bartho Eksteen