Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 14 VAN 2018

TELEFONE

KOSHUISVERGADERING

Op Vrydag 25 Mei 2018 word ‘n koshuisvergadering in die skoolsaal gehou.  Dit begin 13:00 en sal klaar wees as die skool uitkom.  Indien u enige voorstelle of probleme het, kan u dit daar kom stel.  Indien u dit nie kan bywoon nie hoef u nie verskoning te maak nie.  Ek sal na die tyd ‘n notule van die vergadering uitstuur.                                                                                                       Johan Moolman

ETES IN DIE KOSHUIS

Na gesprekke met die seuns gaan ons vir die volgende week ’n proefneming doen deur die middag- en aandetes om te ruil.  Ons sal na ’n week weer die stelsel evalueer en die nodige aanpassings maak.  Indien u enige vrae of voorstelle het kan u dit gerus aan my rig by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.Johan Moolman

BETALING VAN GELDE

Baie dankie aan almal wat hul skool- en losiesgelde stiptelik betaal.  Moet asseblief nie hiermee agter raak nie.  Mei is betaaltyd vir die van u wat die termynopsie gekies het.

Ons maak staat op u vriendelike samewerking.                                                                   Lucia Dreyer

GR 11-OUERS  EN -LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal.  Gebruik asseblief u seun se naam as verwysing.                                                                                    René Bester Felder

OVERBERG AGRI BOLAND LANDBOU WYNVEILING 2018

Ons hou ‘n fondsinsamelingsgeleentheid by

Boland Landbouskool op Donderdag 14 Junie 2018.

Die Hoofborg van hierdie geleentheid sal vir die tweedejaar agtereenvolgens Overberg Agri wees.  Ons is dankbaar vir hulle ondersteuning!

Ouers wat belangstel om wyne te skenk vir hierdie veiling of om die funksie by te woon, kan vir Oloff Bergh kontak by 084 620 3981.

KOSTE

R2 700 per tafel (9 x R300)           20 tafels beskikbaar

TYD

18:30

PLEK

Boland Landbouskool – Boland Sentrum

DRAG

Semi-formeel

ALGEMEEN

Seremoniemeester/Gasspreker  :  Marco Botha

Veiling van wyne en sportitems

Driegang maaltyd

By voorbaat dankie vir u ondersteuning.

RUGBY

BOLAND LANDBOU vs FRAMESBY

12 MEI 2018

SPAN

TELLING

SPELER VAN DIE WEDSTRYD

o.14C

                   14 – 5

Dian Rautenbach

o.14B

                   12 – 0 

Janko Groenewald

o.14A

                   20 – 18

Jaco Engelbrecht

o.15C

                   29 – 0 

JP du Plessis

o.15B

                   19 – 15 

Henro Snyman

o.15A

                     5 – 3 

Ryno Swart

o.16B

                   26 – 31

Jasper Visser

o.16A

                   14 – 17

Trevino Swartz

o.19D

                   36 – 7

Jimmy Faber

o.19C

                   36 – 0

Hugo Cilliers

o.19B

                   17 – 19

Franna du Toit

o.19A

                   20 – 34

Darren Hendricks

BISHOPS vs BOLAND LANDBOU

SATERDAG 19 MEI 2018

Team

Field

Time

1st XV

Piley Rees

12:00

2nd XV

Piley Rees

10:40

3rd XV

Piley Rees

09:30

4th XV

Avenue

10:50

5th XV

Avenue

09:40

6th XV

Avenue

08:30

U16A

Sahara

09:40

U16B

Sahara

08:30

U16C

Sahara

10:50

U15A

Range

10:30

U15B

Range

08:30

U15C

Range

09:30

U15D

Piley Rees

08:30

U14A

Cemetery

10:30

U14B

Cemetery

08:30

U14C

Cemetery

09:30

  • For players’ security, please ensure that all bags are removed from changing rooms and leave valuables with coaches and /or parents.
  • Refreshments for parents & supporters will be served in the Heatlie Pavilion after the 1st XV match.

Tuck-shops are available at Woodlands and also at the Piley Rees for players and supporters.

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-05-18