Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 30 VAN 2018

MATRIEKAFSKEID

Namens die gr 11-leerders, Mev Bester Felder en Mnr Schoeman, sê ons weereens dankie aan Reinet Naudé, Yvette du Plessis, Marcelle Brink, Anneke Pansegrouw en alle ander ouers wat gehelp het met die organisasie en voorbereiding van die saal.  Die saal was prentjiemooi en die matrieks het dit terdeë geniet.

                                                                                                                                        René Bester-Felder

PRYSUITDELING 2018

Die onderstaande leerders het toekennings gekry vir hulle klasposisies in die onderskeie grade:

 

GRAAD 12

GRAAD 11

GRAAD 10

GRAAD 9

GRAAD 8

1

Frederik Olivier

Pieter Malan

Aristo Krüger

James Barnard

Hannes van Wyk

2

Albert van Zyl

Wilru Burger

Ralph Botha

Danie Spamer

Thomas Dreyer

3

Phillip Falck

Danté Casius

Tiaan Mollentze

Jurian van Santen

Connie Nieuwoudt

4

Louis-Dirk Human

Anrico Bester

Christiaan van der Merwe

Hannes de Villiers

Sebastiaan Swart

5

Dian Kenny

Eugene Snyders

Rynhardt du Plessis

Marcus Lotz

Albertus Joubert

Dux-leerder                                                              :           Frederik Olivier

Spesiale toekennings

Lojale diens aan skool                                              :           Marietjie Basson

Onbaatsugtige diens aan skool                                 :           Naziem Dalvey

Erekleure is toegeken aan

Frederik Olivier                                                         :           Akademie Gr 12

Albert van Zyl                                                                       Akademie Gr 12

Phillip Falck                                                              :           Akademie Gr 12

Aristo Krüger                                                            :           Akademie Gr 10

James Barnard                                                         :           Akademie Gr 9

JW Snyman                                                              :           Prestige Beurs Toekenninng van Universiteit

                                                                                           Stellenbosch

Darren Hendricks                                                      :           Sport - Rugby

Jaunu Olivier                                                            :           Sport - Atletiek

JP du Plessis                                                                                 - Atletiek

Louis-Dirk Human                                                     :           Leierskap

Schalk Bezuidenhout                                                :           Leierskap

Sport

Junior sportprestasie van die jaar                               :           JP du Plessis

Senior sportprestasie van die jaar                              :           Darren Hendricks

Veelsydige sportman                                                :           Gavin Mills en George-Louis Beukes

Hoofleiers 2019

Hoofleiers                                                                :           Wilru Burger

Onder-hoofseun                                                       :           Eugene Snyders                       Marilize Jordaan

OLD MUTUAL INSURE AGRI FEES

Ons is besig met die beplanning van 2019 se fees wat op 2 Maart volgende jaar plaasvind.  ‘n Groot deel van ons fondsinsameling se sukses word bepaal deur die lootjie-kaartjies wat die seuns verkoop.  Ons is op soek na pryse en vra vriendelik dat u bv ‘n naweek se verblyf of ‘n jagpakket sal skenk indien dit vir u moontlik is.  Sal u asseblief voor/op 26 Oktober vir ons laat weet by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Ons maak staat op u vriendelike samewerking.                                                                                                                                                Irma Greyling

GRAAD 9-OUERAAND:  DONDERDAG 25 OKTOBER 2018

Daar is ‘n klein verandering in die tyd vir die oueraand. Toit Wessels gaan 18:30 - 18:55 die aand met die ouers wat wil, gesels oor ‘n paar aspekte van ouerskap.  Onderwerpe sal die volgende insluit:  Wat verwag ‘n 15- of 16-jarige seun van sy ouers?  Watter maniere is daar om te “connect” met jou seun op dié stadium van sy lewe?  Wat kan jy as ouer doen in terme van dissipline en grense binne julle verhouding?

Geen ouer is verplig om die gesprek met Toit  by te woon nie.  Indien daar ouers is wat slegs die vakkeuse-inligtings-deel van die aand wil bywoon, is hul welkom om eers 18:55 by ons aan te sluit.  Teen 19:00 begin die inligtingsaand rakende vakkeuses vir gr 10.  Almal is welkom.                                      Marilize Jordaan, Toit Wessels

BEGROTING 2019

Op ‘n spesiale vergadering van die Beheerliggaam op Maandag 15 Oktober 2018, is die skoolbegroting, soos deur die finansiële komitee voorgelê, goedgekeur.  Dit is ter insae by die finanskantoor.  Hierdie begroting sal slegs van krag wees indien die ouers op Vrydag 2 November om 13:00 in die skoolsaal dit ook goedkeur.  Ons doen asseblief ‘n beroep op ons ouers om hierdie belangrike vergadering by te woon.                             Irma Greyling

GELD

2018

2019

%-VERHOGING

Skoolfonds

R25 050

R27 555

10%

Losiesgeld

R29 640

R32 160

8,5%

TOTAAL

R54 690

R59 715

9,25%

LEERDERS WAT SKOOL AAN EINDE VAN 2018 VERLAAT

Indien u seun die skool aan die einde van die jaar verlaat, moet u ons asseblief per e-pos laat weet sodat ons die getalle vir volgende jaar kan finaliseer.  Indien u seun weggaan, maak hy weer plek vir ‘n ander seun wat bitter graag in Boland Landbou wil wees.  Ons wil graag seker maak dat ons beplanning vir 2019 reg is.  E-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

NOVEMBEREKSAMEN

Neem asseblief kennis dat ons leerlinge hul laaste vak op Vrydag 23 November skryf en daardie dag om 12:00 sal verdaag.

SPORT

BOLAND LANDBOU TENNISFEES 2018

Ons dertiende Boland Landbou Tennisfees was ‘n reuse sukses met 12 spanne van regoor Suid-Afrika wat deelgeneem het.  Almal was weer beïndruk met die manier waarop ons dinge hier doen en ons uitstekende fassiliteite.  Die finale uitslag van die toernooi was as volg.

1

Paul Roos

7

Paarl Gim

2

HJS

8

Boland Landbou

3

Oakdale

9

Marlow

4

Durbanville

10

Wynberg

5

Midstream

11

Stellenbosch

6

HTS Middelburg

12

Pearson

                                                                                                                                                 Irma Greyling

TENNIS : MAANDAG 15 OKTOBER 2018

o.19C

Hugenote o.19C

5 – 1 wen

o.15B

HJS

1 – 5 verloor

o.15C

HJS

2 – 4 verloor

                                                                                                                   Ronél Bernardo/Marlette van Wyk

KRIEKET.

SPAN

OPPONENT

PRESTASIE HLB

PRESTASIE OPPONENT

INDIVIDUELE PRESTASIE

FINALE UITSLAG

o.19A

Somerset College

50 Beurte

13 Oktober

85/10

185/9

Danté Casius 4/45

Jurian van Santen 27*

Boland verloor met 100 lopies

o.15A

Somerset College

50 Beurte

13 Oktober

46/10

50/4

Gustav Laubscher

Boland verloor met 6 paaltjies

o.19B

Somerset College

20 Beurte

11 Oktober

101/8

100/5

Gerrit Kleynhans 3/24

Anrico Bester 16

Boland wen met 2 paaltjies

o.14A

Somerset College

20 Beurte

11 Oktober

119/7

121/5

Janco Groenewald 32

Boland verloor met 2 lopies

o.19B

HJS

20 Beurte

18 Oktober

70/6

71/2

 

Boland verloor met 8 lopies

o.14A

HJS

20 Beurte

17 Oktober

116/6

115/2

Jaco Engelbrecht 53*

Boland wen met 4 paaltjies

o.14B

Paarl Gim

20 Beurte

16 Oktober

71/10

103/5

Jandré Genis 24

Boland verloor met 32 lopies

o.19C

Paarl Gim

20 Beurte

17 Oktober

62/10

149/4

Boeta Moolman 51

Boland verloor met 87 lopies

o.19C

HJS

20 Beurte

18 Oktober

87/10

102/5

Stefan de Klerk 25

Boland verloor met 15 lopies

o.14B

HJS

20 Beurte

17 Oktober

96/8

43/10

Jandré Genis 34

Boland wen met 53 lopies

o.15B

HJS

20 Beurte

18 Oktober

62/10

149/4

 

Boland verloor met 87 lopies

o.15B

Paarl Gim

20 Beurte

16 Oktober

86/10

87/5

Nardus Schoeman 18

Marcus Lotz 3/8

Boland verloor met 5 paaltjies

                                                                                                                                                   Handró le Roux

ATLETIEK

Ons top 45 atlete het die afgelope naweek aan die Helderbosch Atletiekbyeenkoms deelgeneem en die byeenkoms gewen.  Ons neem saam met Rhenish Girls High deel in hierdie byeenkoms teen Hoërskool Strand en Stellenbosch Hoër.

Uitstaande prestasies tydens hierdie byeenkoms was:

*Franco Nolan wen die Gewigstoot seuns o.14 met ‘n afstand van 13,57m en word aangewys as die beste o.14-veldatleet van die dag.

*Emile Geyser wen die seuns o.15 400m met ‘n tyd van 51:70 en verbeter die rekord in die 200m met ‘n tyd van 23;1.  Hy verbeter ook die 100m rekord in ‘n tyd van 11;04 en word aangewys as o.15-baanatleet van die dag.

*Schalk van Schalkwyk kom 2de in die seuns o.15 Diskus met ‘n afstand van 43,40m en wen die Gewigstoot seuns o.15 met ‘n afstand van 15,37m wat ook ‘n nuwe byeenkomsrekord is.  Hy word ook aangewys as die beste o.15-veldatleet van die dag.

*Jaunu Olivier behaal ‘n eerste plek in die Hamergooi seuns o.17 met ‘n afstand van 57,37m asook ‘n eerste plek in Gewigstoot seuns o.17 met ‘n afstand van 15.05m.  Hy word ook aangewys as die o.17-veldatleet van die dag.

*Tarique Pietersen wen die 100m in’n tyd van 11;00sek en word aangewys as die seuns o.17-baanatleet van die dag.

*Stefan Nortje behaal ‘n 2de plek in Gewigstoot seuns o.17 met ‘n afstand van 14,9m wat ook ‘n nuwe byeenkoms-rekord is.

*Canan Moodie behaal ‘n eerste plek in die seuns o.17-Driesprong met ‘n afstand van 12,85m.

*Dieter Mohr wen die seuns o.15 Diskus met ‘n rekordafstand van 47,78m.

*Marco de Witt behaal ‘n 2de plek in Hamergooi seuns 0.17 met ‘n afstand van 54,21m.

*Rudi Willemse behaal ‘n 2de plek in die 400m seuns o.15 met ‘n tyd 55;10 en verbeter ook die rekord in die 100mH met ‘n tyd van 13:96.

*Freddie Dreyer wen die 100mH met ‘n tyd van 15:42 vir ‘n nuwe byeenkomsrekord.

*Jaques Mostert stel ‘n nuwe rekord op in Spiesgooi seuns o.17 met ‘n afstand van 52,32m

*JC Nothnagel stel ‘n nuwe rekord op in die Spiesgooi seuns 0.14 met ’n afstand van 49,80m

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2018-10-19