Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 24 VAN 2018

TAALBOND

Baie geluk aan die volgende leerders wat die SA Taalbond geslaag het:

Phillip Falck

Louis-Dirk Human

Dian Kenny

Pieter Malan

Frederik Olivier                                                                                                    René Bester Felder

PRYSUITDELING - BEKERS

Sal al die leerlinge wat verlede jaar by die prysuitdeling bekers ontvang het, dit asseblief na die uitnaweek terugbring skool toe.  Maak asseblief seker dat dit duidelik gemerk is om verwarring te voorkom, bv. plak 'n papiertjie met jou naam en waarvoor jy die beker ontvang het, binne-in.  Ons sal dit waardeer as dit skoon terugkom.  Julle kan dit Maandag gedurende registerperiode by ontvangs ingee.                                                                        Ronél Bernardo

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2018.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                        Johan van der Merwe

ENKELFOTO’S

Leerders het bestelkoeverte ontvang.  Sit die geld in ‘n koevert en plaas dit in die houer in die finanskantoor.  Moet asseblief nie die geld in die skoolrekening inbetaal nie.

                                                                                                                                     Marilize Jordaan

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolbaadjie

46

R250

Skooltrui

XL, 92, 102, 112, 117, 122

R40

Skoolhemp

                    Splinternuut

Verskeie groottes

43

46

Gratis

R50

R50

Swart sport/oefenbroekie

XL, 2XL

R30

Swart Oefenhemp

XS

R30

Swart Varsity Cupbroek

34

R40

Sweetpakbroek

2XL

R50

Skoolskoene

Nr 12

R50

Grys Langbroek

Verskeie groottes

R45

Grys Kortbroek

Verskeie groottes

R40

Wit oefenhemp

XS, M

R25

Kontak my by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 072 844 1104                                        Reinet Naudé

 

CHRIS FOURIE

2018-08-31