Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 1 VAN 2017

WELKOM

Wat ʼn voorreg om die jaar te kan begin met ʼn klomp uitgeruste, gesonde en lewenslustige seuns!  Ek vertrou dat almal die vakansie geniet het en oorgehaal is vir die uitdagings wat hierdie jaar op ons wag.  Ons saamstaan en een-wees gaan ons onkeerbaar maak! 

 ʼn Spesiale welkom aan al die nuwe seuns en hul ouers wat by die Bolandfamilie aangesluit het.  Ons vertrou dat dit ʼn verrykende verbintenis sal wees.  Skakel asb so gou as moontlik in by alle aktiwiteite om sodoende deel te word.  Met ʼn leerlingtal van ­­355 het ons elkeen se volle deelname en samewerking nodig om op alle terreine met die grotes te kan kompeteer!

Ons graad agts is reeds goed ingeburger en sal na Maandagaand se klokseremonie volwaardige Bolanders wees.

Dankie aan ons seuns en ouers wat gesorg het dat hulle voorkoms die eerste dag reg is.  Dit is 'n bewys van dissipline en selfdissipline en gaan eendag in die wêreld van werk 'n positiewe verskil maak!  Dit is en bly vir ons as personeel sleg om met seuns te roei oor voorkoms en netheid - na my mening 'n beginsel wat by die huis vasgelê moet word.  Ek verstaan egter dat alle ouers nie dieselfde oordeel en standaard hieroor het nie en daarom moet ons as personeel die standaard stel en toepas, wat geen maklike taak is nie!  Ek vra egter alle ouers se begrip en samewerking wanneer ons julle kind vra om sy hare reg te maak sodat dit in ooreenstemming is met ons reëls.  Ons reëls het nie verander nie, beslis nie strenger geraak nie, en almal het voor die tyd geweet wat die haarreëls is.  Daarom kan dit van almal verwag word om daarby in te val. Ons maak ook aanpassings om by huidige style aan te pas, soos die huidige "English Cut", maar met sekere beperkings.  Die kontras/verhouding tussen die kante en bo-op mag nie te groot wees nie en daar mag ook nie 'n lyn in geskeer word nie.  Boland Landbou kon nog altyd trots wees op ons seuns se voorkoms en dissipline, en ons (ouers, personeel en seuns) moet saamwerk om dit so te hou.  Vir seker is daar ander skole met ander haarreëls; ons seuns het gekies om hier te wees, en moet dus by die "hier" se reëls inval.  By voorbaat baie dankie vir almal se begrip en samewerking.  Ouers is welkom om 'n afspraak te maak en met my te kom praat indien hulle 'n probleem hiermee sou hê.

PERSONEEL

Ons personeel is voltallig en oorgehaal vir die taak wat op ons wag.  ʼn Spesiale welkom aan Danie Nel wat tydelik vir ses maande in die plek van Carl Snyman sal waarneem. 

Welkom ook aan Toit Wessels wat aan die NG Kerk Agter Paarl verbonde is.  Indien enige van die seuns met hom ‘n gesprek wil voer, kan hulle hom net kontak.

Handro le Roux, reeds vanaf verlede jaar by ons in die sportkantoor, is op 'n permanente basis aangestel as sportorganiseerder en Marnitz Jacobs, 'n oudskolier, is aangestel as ons hoof-atletiekafrigter.  Sy vrou, Jonelle, 'n gekwalifiseerde biokinetikus, het dan ook nou 'n spreekkamer by ons gimnasium vir professionele behandeling.  Neem net kennis dat enige behandeling by haar vir ouers se rekening is en ook by 'n mediese fonds geëis sou kon word, aangesien sy by die Mediese Raad geregistreer is.  Dieselfde reëling geld ook vir behandeling by ons fisioterapeut, Elmarie van Coller, wat ook 'n spreekkamer op ons terrein het.

Ons weet dat hulle waarde gaan toevoeg tot ons skool en wens hul alle sterkte daarmee toe.  

MATRIEKUITSLAE 2016

Baie geluk aan die matrieks van 2016 wat almal geslaag het; 85,5% kry toelating tot ‘n B-graad.

7 leerders behaal ‘n gemiddeld van 80% of meer vir hul 6 vakke (LO uitgesluit):

Jean-Jacques Janse v Rensburg 86.7% met 7 gemiddelde A’s
Andre Roux 85.2% met 7 gemiddelde A’s
Pieter van der Merwe 84.2% met 6 gemiddelde A’s
Marco Joubert 83.3% met 6 gemiddelde A’s
Heinrich de Waal 81.7% met 4 gemiddelde A’s
Lian van Wyk 81.2% met 5 gemiddelde A’s
Ruben Nel 80% met 5 gemiddelde A’s

Baie sterkte aan ons huidige matriekklas.  Ons sien uit daarna om te sien waartoe julle in 2017 in staat is!

ʼn Lys van ons top tien presteerders van Desember 2016 en hul uitslae word aangeheg.

 

GRAAD 12

GRAAD 11

GRAAD 10

GRAAD 9

GRAAD 8

1

Jean-Jacques

J v Rensburg

Roux Walters

Frederik Olivier

Eugene Snyders

84.06%

Ralph Botha   88.07%

2

André Roux

FJ de Kock

Albert van Zyl

Danté Casius 83.82%

Aristo Krüger   87.3%

3

Pieter van der Merwe

Christiaan Orffer

Phillip Falck

Wilru Burger 81.28%

Tiaan Mollentze

81.49%

4

Marco Joubert

Adriaan Basson

Dian Kenny

Pieter Malan

80.52%

Rynhardt du Plessis 81.36%

5

Heinrich de Waal

Francois du Toit

Freddie Nel

 

Lian Carpenter

77.76%

Johandre Jones 79.83%

6

Lian van Wyk

Danté Parsons

Louis-Dirk Human

Anrico Bester

75.53%

Marco de Witt 79.51%

7

Ruben Nel

Luhan van Wyk

 

Franco Jones

Pierre van Santen

74.24%

Frederick Pyper

78.31%

8

Matthys Basson

 

Franco Venter

Wehan Malan

Reinardt Spies

74.16%

Arno Haasbroek

77.49%

9

Martin Voigt

Carel Nel

 

Michiel Visser

 

Hugo Smit 73.66%

CJ Snyman 77.28%

10

JP Spies

Calvin Lourens

JW Snyman

Jannie de Villiers

73%

Regardt Visser 76.52%

Baie geluk aan elkeen van ons presteerders.  Moedig u seun aan om hard te werk om ook sy volle akademiese potensiaal te bereik!                                                                     Cobus van Coller

KRUIWARESIES

Die verwelkoming van die graad 8-leerders word afgesluit met ʼn kruiwaresies Maandag

16 Januarie om 17:00 rondom die krale op die plaas. Ouers is baie welkom om die geleentheid by te woon.                                                                                                         Ronél Bernardo                 

NUWE LEERLINGE INHULDIGING

Die nuwe leerlinge (alle grade) word op Maandag 16 Januarie om 18:30 as Bolanders ingehuldig tydens ʼn klokseremonie by die ou klok op die plaas.  Alle nuwe leerlinge moet dit bywoon.  Die ouers word versoek om, indien moontlik, die seremonie by te woon.  Na afloop van die klokseremonie het ons ʼn braai waar alle nuwe ouers saam met hul kinders in die vierkant langs die skoolsaal kom braai.  Die graad 8-ouers moet asseblief ook voorsiening maak vir hul seun se “oom”.  Die geleentheid word geskep sodat die graad 8-ouers hul seun se oom beter kan leer ken en ook om met die onderwysers te gesels.  Die ouers wat nie die geleentheid kan bywoon nie, hoef nie bekommerd te wees nie, die koshuis voorsien vir die leerlinge en hul ooms.

Let asseblief daarop dat volgens onderwyswetgewing geen alkoholiese verversings in die teenwoordigheid van die leerders geniet mag word nie.  Dankie vir u begrip.             Ben Greyling

AKADEMIESE GALA-AAND - 24 JANUARIE 2017

Die jaarlikse akademiese gala-aand, waartydens die top 5 presteerders in elke graad vereer word, vind om 19:00 in die Boland Sentrum plaas.  Die betrokke leerders en ouers is alreeds uitgenooi.  

Marlette van Wyk

OPEDAG 30 JANUARIE 2017

Ons jaarlikse opedag vind op bogenoemde datum vanaf 17:00 plaas.  Ons nooi almal wat belangstel om ons skool in 2018 by te woon, uit na hierdie geleentheid.  Ons versoek ons ouers en leerlinge om hierdie geleentheid aan enige potensiële leerlinge bekend te stel. 

                                                                                                             Johan van der Merwe

OORTREK VAN HANDBOEKE EN SKRYFBOEKE

Die sperdatum vir bogenoemde is Maandag 23 Januarie (na die uitnaweek).  Ons vra asseblief almal se samewerking sodat alle boeke oorgetrek sal wees.  Handboeke moet met plastiek oorgetrek word.  Oefeningboeke moet volgens voorskrifte van elke spesifieke onderwyser wees.  Baie dankie.                                                                                                     Malcolm Harris

FINANSIES

Stuur asb alle e-posse i.v.m finansies, inbetalings van enige aard, asook enige navrae i.v.m finansies, aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Sodoende word dit verseker dat dit by die regte persoon kom en reg hanteer word.

Let ook op na:       

  • Verwysing: verander op u betaling na waarvoor die geld inbetaal word.
  • Skoolfonds & Losies:  Jou kind se toelatingsnommer
  • Enige iets anders:  Jou kind se NAAM en VAN asook DUIDELIKE VERW waarvoor die gelde is.

Ons vra asseblief vir u samewerking in hierdie verband.

ABSA BANK

632 005

 

KOSHUISREKENING

400 140 952

Slegs losies- en wasgoedgelde.

SKOOLFONDSREKENING

400 390 304

Skoolfonds

Alle ander gelde

EKSTRA KLASSE

Ons skool bied nie ekstra klasse teen betaling aan nie en geen onderwyser van ons skool gee ekstra klasse teen betaling aan ons skool se kinders nie.  Enige iemand anders is egter welkom om ekstra klasse by die skool te kom gee vir ons seuns, maar dit word nie deur ons skool onderskryf of gereël nie.  Ons sal inligting aangaande persone wat ekstra klasse gee, deurgee, maar die reëlings word direk tussen die ouer en die persoon getref.  Ons stel 'n lokaal gratis tot beskikking van persone wat ekstra klasse aanbied.  Neem asb kennis dat die skool se buitemuurse program voorkeur geniet en dat elke seun steeds 'n minimum van twee georganiseerde, gekontroleerde sportoefeninge moet bywoon.  

WISKUNDE MIDDAGKLASSE

Ronel Viljoen bied weer hierdie jaar ekstra Wiskundeklasse vir graad 8 tot 12 by die skool aan. Kontak haar gerus by 084 580 9968 of E-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer inligting.

A-TEAM TUTORING

Wiskunde en Fisiese Wetenskappe klasse vir graad 8 – 12

Benodig u hulp met Wiskunde of Fisiese Wetenskappe?  Groeplesse - maksimum van 5 studente per groep. Klasse word Dinsdae by Boland Landbouskool aangebied.  Die eerste les sal op

24 Januarie wees.  Ons wil graag kinders help om hul potensiaal te bereik. 

Kontakbesonderhede: 

Telefoonnommer: 082 733 0623; E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.; www.ateamtut.simplesite.com

KLEREWINKEL

Die klerewinkel is elke Dinsdag oop vanaf 17:00 tot 17:30 tensy anders versoek.

17 Maart M&F Agrifees 16:00 tot 17:00

18 Maart M&F Agrifees 08:30 tot 11:00 

Die klerewinkel sal ook gedurende die jaar met elke tuis rugbywedstryd vanaf 08:30 tot 11:00 oop wees.

TUISNAWEKE EN REëLINGS

Eerste Kwartaal

Tweede Kwartaal

Derde Kwartaal

Vierde Kwartaal

20 – 22 Januarie

26 April – 1 Mei

18 - 20 Augustus

27 - 29 Oktober

24 – 26 Februarie

26 - 28 Mei

1 - 3 September

10 - 12 November

Ons eerste uitnaweek van 2017 is volgende naweek.  Die koshuis sluit om 17:00 Vrydagmiddag en sal weer om 15:00 Sondag oop wees.  Die skool sluit uitnaweke om 13:00 en gewone Vrydae sluit die skool om 13:30.                                                                                             Ben Greyling

KOMMUNIKASIE

Ons kommunikasie met u as ouers is vir ons baie belangrik.  Dit is dus belangrik dat u epos-adres

by ons korrek is.  Verder plaas ons alle nuus en inligting op die Communicator of Facebook. Die

skool se webblad is ook ‘n bron van inligting – www.bolandlandbou.co.za.

Indien u nie toegang het nie, kontak my asseblief – This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

TWEEDEHANDSE SKOOLKLERE

Voorraad tans beskikbaar:

Wit skoolhemp (verskeie groottes)         R10

Wit sporthemp (XS, S, M, 3XL)              R15 – R50

Sportbroekie (XL)                                 R20

Das                                                    R85

Skooltrui (verskeie groottes)                  R40 - R70

Pullover (verskeie groottes)                   R30

Rugbytrui (M)                                      R120

Skoolbaadjie met wapen                       R300

Sweetpakbaadjie (2XL)                         R50

Grys kortbroek (verskeie groottes)         R30

Grys langbroek (verskeie groottes)         R40

Kontak Reinet by 072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

M&F OESFEESPAKKETTE (OU “JAGPAKKETTE”)

Die M&F Agrifees is ons enigste fondsinsameling van die jaar en daarom verwag ons van elke leerling om groot moeite te doen om soveel as moontlik kaartjies te verkoop.   Ons maak staat op elkeen se samewerking.

  1. UITDEEL

1.1     Elke leerling het geteken vir die boekie(s) wat hy ontvang het.   Hy is dus verantwoordelik vir die inbetaling van R300 per boekie. 

1.2     Geen leerling mag sy boekie oordra aan ʼn ander leerling nie.

  1. INVORDERING

2.1     Die finanskantoor het versoek dat soveel as moontlik inbetalings elektronies in die skool se bankrekeing gedoen word: ABSA Rekeningnr 400 390 304 Verwysing: naam/lootjies.  Ons weet dit is nie altyd moontlik nie, daarom kan kontant by die klasonderwysers inbetaal word.  Dit sal baie waardeer word en baie dankie daarvoor.

2.2     Alle inbetalings moet voor 09:00 op Donderdag 9 Maart gedoen word.  Dit is ‘n week voor die M&F Agrifees, wat op 17 en 18 Maart plaasvind.

2.3     Daar word van elke leerling verwag om sy hele boekie te verkoop - R300 vir die skool en R100 vir homself.                                                                                  Malcolm Harris

SPORT

ATLETIEK

Ons kleure-atletiek vind volgende Vrydag, 20 Januarie, hier plaas.  Die seuns word vanaf vanjaar in drie spanne, naamlik swart, geel en maroen ingedeel.  Ons glo dat dit die kompetisie onder die manne sal aanmoedig.  U word aangemoedig om hulle te kom ondersteun indien dit enigsins vir u moontlik is. 

Enige ouers wat bereid is om as beamptes op te tree, kontak my asseblief per sms wat aandui by watter item u graag sal wil werk. Ben Greyling 082 410 1848.                                   Ben Greyling

KRIEKET

UITSLAE: 6 – 9 JANUARIE 2017

TENNISWEDSTRYDE 2017      

 CJ FOURIE

SKOOLHOOF

2017-01-13

Beste ouer                                                         Januarie 2017

Wiskunde Middagklasse – Ronel Viljoen

Ek deel graag die volgende inligting ivm die middagklasse wat ek by die skool aanbied!

Voorlopige klastye vir die eerste kwartaal :

 

Maandag

Woensdag

14:15 – 15:00

Graad 12

Graad 11

15:00 – 15:40

Graad 10

Graad 9

15:40 – 16:20

Graad 9

Graad 8

16:20 – 17:00

Graad 8

Graad 10

Kwartaalfooi:

Die fooi word kwartaalliks bereken op grond van die aantal onderrigweke.

Die fooi sluit in:

  • ‘n Vraestelboek
  • ‘n Hardebandboek om in te werk

Kontak my gerus vir meer inligting.

Eksamenklasse:

Eksamenklasse word gedurende die Junie- en Novembereksamens aangebied indien die rooster dit toelaat.

Kontakbesonderhede:

Sel:  084 580 9968                                      E-pos:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kontak my gerus indien u belangstel!

Vriendelike groete.

Ronel Viljoen