Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 29 VAN 2017

KLEREDRAG EN DAGROOSTER

Die skool heropen Maandag 9 Oktober 2017 om 07:30.  Dag 1 se rooster word gevolg.

Somersdrag word vanaf Maandag 9 Oktober gedra.  Die seuns moet wintersdrag skool toe bring ter wille van die prysuitdeling.  Alle seuns se voorkoms moet volgens ons reëls wees.  Ons maak staat op elkeen se samewerking.

LENTESKOOL

Die lenteskool vir Graad 12's vind vanaf 9 tot 12 Oktober plaas.  Dit is verpligtend vir alle graad 12's.  Reël asseblief afsprake, ens. daarvolgens.  Die rooster is reeds uitgedeel.                  Marlette van Wyk

MATRIEKS – LAASTE DAG

 

VRYDAG 13 OKTOBER 2016

Saalbyeenkoms

Tyd

09:00 - Ouers en matriekleerders

Matriek Laat-ontbyt

Tyd

10:00 - Na afloop van die saalbyeenkoms

Plek

Boland Sentrum

Drag

Netjies Informeel

Matriekafskeid

Tyd

17:45 begin matrieks arriveer

Plek

Kronenburg

 

Matriekouers - Steakbraai

Plek

Boland Sentrum

Tyd

Na afloop van die matrieks se aankoms by Kronenburg

Drag

Informeel

Koste

R140 per persoon

Bespreking

Reinet Naudé by 072 844 1104

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2017.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                                                                                   Johan van der Merwe

BEGROTING 2018

Ons is tans besig om die begroting vir 2018 te finaliseer en wil u herinner aan die Ouer-vergadering wat op Vrydag 27 Oktober om 12:30 in die skoolsaal gehou sal word.  Ons maak staat op u teenwoordigheid.                                                                                                                      Irma Greyling

GRAAD 9 OUERAAND:  WOENSDAG 25 OKTOBER 2017

Ons herinner alle graad 9’s en hul ouers aan die oueraand op 25 Oktober om 18:30.  Tydens die geleentheid sal u meer duidelikheid kry oor die vakkeuses van graad 10.        Marilize Jordaan

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

ITEM

GROOTTE

PRYS

Skoolbaadjie

48

38 (sonder knope)

36

R150

R100

R50

Langbroek

15-16, 32, 34, 36, 38, 40, 42, 44

R45

Kortbroek

30, 32, 34, 38, 42, 48

R40

Skoolhemp

34, 36, 40

R10

Wit sporthemp

M

R15

Wit krieketbroek

O/15A (M)

R50

Rugbytrui

XS

R50

“Pullover”

46, 48

R30

Skooltrui

40 (?), 46, 50, 52, 54

R30

Reinet Naudé

072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

SPORT

KRIEKET

Baie sterkte aan ons eerste krieketspan wat gedurende die Oktober-vakansie gaan deelneem aan die Hoërskool Punt Krieketfees op Mosselbaai.  Ons speel 4 wedstryde:  Langenhoven Gimnasium, Glenwood House, Worcester Gimnasium en Bloemfontein Sentraal.  Die span keer op Dinsdag 3 Oktober terug.  Hulle word vergesel deur mnr Prieur du Plessis (Sel 073 577 8156)

Baie sterkte aan ons O/15A-krieketspan wat van 4 – 7 Oktober aan Outeniqua se T20-toernooi gaan deelneem.  Hulle speel teen Framesby, Outeniqua, Glenwood House, Curro Durbanville en SWD HUB.  Die span vertrek Woensdag 4 Oktober en kom Saterdag 7 Oktober terug.  Mnr Handro le Roux (Sel 076 621 5100) vergesel hulle.                      Oloff Bergh

ATLETIEK

Op Saterdag 30 September neem twaalf van ons atlete aan Hoërskool Punt in Mosselbaai se Top 10- Atletiekbyeenkom deel.  Hulle word vergesel deur mnre Johan Palm (Sel 082 829 5524) en Marnitz Jacobs (Sel 074 283 0881).  Ons wens hulle alle sterkte toe.                                            Ben Greyling

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2017-09-29

 

VIERDE KWARTAAL  :  2017

Saterdag 30 September                        :           Atletiek:  Mosselbaai Punt Top 10

Maandag 9 Oktober                              :           Skole begin

Dinsdag 10 Oktober                              :           Lenteskool gr 12

Woensdag 11 Oktober                          :           Lenteskool gr 12  4n Gr 9 Sistemiese Toetse

Donderdag 12 Oktober                         :           Lenteskool gr 12   en Jeugskou Agri Expo Livestock

Vrydag   13 Oktober                              :           Boland Landbou Tennisfees en Jeugskou Agri Expo Livestock en

                                                                           Matrieks:  Laaste dag

                                                                           Matriekdinee

                                                                           Matriekafskeid

Saterdag 14 Oktober                            :           Boland Landbou Tennisfees

Krieket O/19 A en O/15 A:  Somerset College (Weg)

Jeugskou Agri Expo Livestock

Woensdag 18 Oktober                          :           Prysuitdeling

Vrydag 20 Oktober                                :           Atletiek:  Bredasdorp Top 10

Saterdag 21 Oktober                            :           Krieket HJS (Weg)

Sondag 22 Oktober                               :           NG Kerk Agter-Paarl Voorstelling

Dinsdag 24 Oktober                              :           Atletiek:  Driehoekige Byeenkoms Dal Josaphat

Woensdag 25 Oktober                          :           Gr 9 Vakkeuse aand

                                                                           NSS Eksamen begin

Vrydag   27 Oktober                              :           Begroting:  Ouers Goedkeuring

                                                                           Tuisnaweek

Woensdag 8 November                        :           Eksamen Gr 8 – 11 begin

Vrydag 10 November                            :           Tuisnaweek

Woensdag 15 November                      :           Borgefunksie

Saterdag 18 November                        :           Krieket BLOB

Vrydag 24 November                            :           Eksamen eindig

Woensdag 6 Desember                        :           Skole sluit:  Leerders

Vrydag 8 Desember                           :           Skole sluit:  Personeel