Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 27 VAN 2017

LEIERS 2017/2018

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) en Matriekraad vir die 2017/2018-termyn.  Ons is baie trots op hulle en sien uit om hul ontwikkeling as leiers dop te hou. 

VRL

Gr 9

Gr 10

Gr 11        

Gr 12

Gian Sevenster

Ralph Botha

Wilru Burger

Schalk Bezuidenhout

Ryno Swart

Marco de Witt

Eugene Snyders

Louis-Dirk Human

Jurian van Santen

Johandré Jones

J G Vlok

Frederik Olivier

MATRIEKRAAD  2018

Bertus Baard

Louis-Dirk Human

George-Louis Beukes

Frederik Olivier

Schalk Bezuidenhout

J W Snyman

Sebastian de Klerk

Hanro-Daniël van der Merwe

Phillip Falck

Stephan Viljoen

                                                                                                                                        Ronel Bernardo

SENIOR KOSHUISPREFEKTE 2018

Bertus Baard

Dian Kenny

Raad Basson

Erik Lambrecht

George-Louis Beukes

Arno Loots

Schalk Bezuidenhout

Frederik Olivier

Sebastian de Klerk

Dean Reichert

Jimmy Faber

JW Snyman

Phillip Falck

Albert van Zyl

Jake Goosen

Stephan Viljoen

Louis-Dirk Human

 

JUNIOR KOSHUISPREFEKTE 2018

Yorique Agullhas

Hugo Smit

Wilru Burger

Eugene Snyders

Jaunu Olivier

JG Vlok

                                                                                                                                              Ben Greyling

LENTESKOOL

Die lenteskool vir Graad 12's vind vanaf 9 tot 12 Oktober plaas.  Dit is verpligtend vir alle graad 12's.  Reël asseblief afsprake, ens. daarvolgens.  Die rooster is reeds uitgedeel.    

      Marlette van Wyk

ENKELFOTO’S

Leerders het bestelkoeverte ontvang.  Sit die geld in ‘n koevert en plaas dit in die houer in die finanskantoor.  Moet asseblief nie die geld in die skool-rekening inbetaal nie.

GROEPFOTO’S

Alle groepfoto’s word op een koevert bestel.  Merk die groep duidelik en skryf die naam op die koevert.  Sit asseblief die regte bedrag in die koevert.                                         Marilize Jordaan

JAARBLAD

Die jaarblad dien elke jaar as ʼn vertoonvenster vir Boland Landbouskool en stel al ons aktiwiteite op ʼn besondere manier voor.

Ons gee ouers die geleentheid om ʼn bladsy in die boek te borg.  Ons soek ouers wat bereid is om ʼn bladsy teen R500/bladsy te koop.  Dit beteken dat ons die naam van die ouers en die leerder aan die onderkant van die bladsy aanbring as erkenning van u bydrae.

Dit sal soos volg daar uitsien:

Piet en Annie Alberts: Jannie Alberts 11A

Albei of een van die ouers se name kan aangebring word.

Indien u belangstel, kan u die bladsy bespreek deur te e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Sandra te kontak by 021-869 8143.  Die geld kan in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word met u naam en jaarblad as die verwysing.  Sluitingsdatum is 16 Oktober 2017.  Ons hoop u sal die inisiatief ondersteun.                                                  Johan van der Merwe

STREEK-OUERBESOEKE

INLIGTINGSAAND / OUERBESOEKE

Olifantsrivier

Vredendal

Do

21 Sept

19:00

Idma Kapel

Altus Baard 082 804 5714

Hantam

Calvinia

Vr

22 Sept

19:00

Deon en Adene Vlok se plaas

Adene Vlok 082 440 2164

Ons besoek aan Vredendal word uitgestel na Donderdag 21 September agv ander belangrike verpligtinge op Vredendal Woensdagaand.  Die plek, tyd en kontakpersoon bly dieselfde.

Die besoek aan Oranjerivierstreek word uitgestel na volgende jaar.

Die besoeke is vir die ouers, oud-skoliere en belangstellendes van daardie streke.  Indien daar enige voornemende ouers en seuns is wat die funksie wil bywoon, is hulle ook baie welkom.  Ons moet net die getalle ‘n dag of twee voor die tyd hê.  Indien u nie een van die kontakpersone kan kry nie, kan u die sekretaresse by die skool skakel by 021 869 8143.  Al die funksies is informeel en ons kuier saam vanaf 19:00.

Al die funksies word deur die skoolhoof en ander personeellede asook lede van die beheerliggaam en BLOB bygewoon.                                                                             Ben Greyling

UITNODIGINGS – GR 12-OUERS

Ons nooi julle graag om ‘n heerlike kuier-aand by Boland te kom geniet terwyl die seuns Matriekafskeid hou.  As ouers het julle mekaar vyf jaar gelede in die eetsaal vir die eerste keer ontmoet toe jul seun gr 8 by Boland Landbouskool begin het.  Kom sluit die wonderlike vyf jaar af as vriende met heerlike musiek en 'n ete.  Familie en vriende is ook baie welkom.

Datum

Vrydag, 13 Oktober

Plek

Boland-Sentrum

Koste

R140 pp

Bring asb julle eie drinkgoed en glase.

Indien geld in die skool se rekening (ABSA 400 390 304) betaal word, gebruik u van en gr 12 ouer-ete as die verwysing.  Kontak Reinet Naudé by 072 844 1104 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.  Kom geniet die aand!

UITSLAE  :  SEWES

O.15 BLITZBOERE

 

Albert Myburgh

Wen

31 - 7

 

Framesby

Wen

14 - 0

 

Tygerberg

Wen

45 – 5

 

Monument

Wen

36 - 5

 

Douglas

Wen

56 - 0

Kwarteindrondte

Drostdy

Wen

19 - 14

Semi-finaal

Monument

Verloor

5 - 36

 

 

 

 

O.17 BLITZBOERE

 

Hugenote

Wen

40 – 0

 

Albert Myburgh

Wen

45 – 19

 

Douglas

Wen

59 – 0

 

Parel Vallei

Wen

60 - 0

 

Paul Roos

Verloor

14 – 20

Kwarteindrondte

Grey College

Wen

21 – 14

Semi-finaal

Paul Roos

Verloor

14 - 19

 

C J FOURIE

SKOOLHOOF

2017-09-15